kategorieë: Gesondheid

Die son en jou oë

Moenie die son blindelings aanpak nie. Wees slim oor bestraling

Tydens die warm somermaande sal jy waarskynlik meer tyd in die son spandeer, hetsy jy bestuur, aan buitemuurse sportaktiwiteite deelneem of sommer net ’n mooi dag in die buitelug geniet. Terselfdertyd word jou oë aan verskeie gesondheidsrisiko’s blootgestel insluitend direkte sonlig, UV (ultraviolet) en sigbare hoë-energie bestraling. Dit is uiters belangrik om tydens die jaar se sonnigste seisoen behoorlik vir jou oë te sorg en om bewus te wees van die gevare wat jou visie kan beïnvloed.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Mellins i-Style (www.mellins.co.za), een van die toonaangewende oogkundige groepe in Suid-Afrika, het die volgende wenke vir gesonde visie en oogsorg:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Wat is bestraling?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die son straal allerhande elektromagnetiese strale uit wat meestal sigbare hoë-energie-, UV- en infrarooi-strale insluit. Alhoewel baie min sonlig UV-bestraling insluit, is UV-bestraling steeds die hoofoorsaak van die son se beskadigende uitwerking op jou oë. UV-bestraling is ’n oormate energie wat deur ’n leë ruimte beweeg. Sodra die energie jou liggaam bereik, kan dit lei tot ’n wanbalans in die molekules se chemiese samestelling wat belangrike selle kan beskadig en misvorming kan veroorsaak. UV-bestraling beweeg saam met sonlig en kan deur die ooglede se dun vellae dring wanneer die oë toe, of gedeeltelik toe is. Die deurskynende lens en kornea filtreer UV-bestraling en keer dat die strale jou oë bereik, maar bied minder weerstand sodra die strale jou oë meer gereeld tref. Dit kan tot die volgende oogprobleme lei:

Katarakte. Katarakte is die algemeenste vorm van behandelbare blindheid ter wêreld. Dit is ook die hoofoorsaak van wasigheid in die oë wat dit moeilik maak om te sien.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Kanker van die ooglid. Die Velkankervereniging van die VSA het onlangs vasgestel dat vyf tot tien present van alle kankertipes uit kanker van die ooglid ontstaan. Hierdie kankertipe kom gewoonlik in die laer deel van die ooglid voor wat die meeste aan die son blootgestel word. Die kanker kan verder na die oog versprei en omringende gesigspiere beïnvloed wat na misvormdheid kan lei.

Intra-okulêre-melanoom. Dit is die mees algemene oogkanker wat tot verskeie simptome kan lei en die oorsaak is van donker spikkels op die iris, wasige visie of verandering van die pupil se vorm.

Makulêre-degenerasie. Hierdie oogtoestand, ook bekend as ouderdomverwante makulêre-degenerasie, is een van die hoofoorsake van verswakte visie. Makulêre-degenerasie is ‘n siekte wat die makula, ‘n klein spikkel naby die middelste deel van die retina wat noodsaaklik is vir sentrale visie, aantas. Die siekte is die gevolg van langtermyn skade aan die makula. Een van die oorsake is oormatige blootstelling aan sigbare hoë-energiebestraling (‘bloulig’) van die son. Hierdie strale is anders as UV-bestraling omdat hulle sigbaar is en gewoonlik vir mense met lae vlakke van vitamien C en antioksidante aantas.

Beskadigende groeisels op die oog (Apterygial). Groeisels op die oogblindvlies (die beskermende membraan wat oor die buitenste oppervlak van die oog span) kom gewoonlik eers op ‘n latere stadium van ‘n mens se lewe voor. Die groeisels kan visie negatief beïnvloed en moet met chirurgie verwyder word.

Keratitis (sonbrand van die kornea). Dit word deur oormatige blootstelling aan die son of elektriese sonverbruiningstoerusting veroorsaak. Maak seker dat jy ‘n gepolariseerde of beskermende sonbril dra wanneer jy baie tyd in die son spandeer, gaan sonbaai of tydens jou sonverbruiningsafspraak by die salon.

Foto-keratitis. Sodra jou oë aan ‘n oormate UV-bestraling binne ‘n kort tydperk blootgestel word kan dit pynlike inflammasie in die kornea veroorsaak. Foto-keratitis, ook bekend as ‘sneeublindheid’, kan lei tot onmiddelike visieverswakking vir 24 tot 48 uur.

Is gepolariseerde lense die beste wapen vir bestraling?

Volgens Andre Horn, assistent besturende direkteur van Mellins i-Style, kan donker lense skel sonlig verminder. Nogtans kan skerp lig steeds jou visie belemmer en donker lense bied nie genoeg weerstand teen bestraling nie.

“Gepolariseerde lense bied die beste beskerming omdat dit jou oë teen 100% UV-strale beskerm en ander beskadigende strale absorbeer”, verduidelik Horn.

Polarisasie ontstaan wanneer sonlig in verskeie rigtings ‘vibreer’ en ‘n oppervlak tref wat dan baie lig in een rigting stuur. Die lig wat weerkaats word kan jou tydelik verblind. Lig kan ook van verskeie oppervlakke soos water, seesand en aankomende motors se voorruite weerkaats word.

Gepolariseerde lense verhoed dat weerkaatsing jou oë aantas en laat kleure meer uitstaan om beter visie te verseker – veral in uitsonderlike helder ligtoestande. “Gepolariseerde lense verhoed dat jou oë heeltyd aan nuwe, veranderende ligomstandighede gewoond moet raak en uitgeput word”, sê Horn.

Maak seker jy dra ‘n goeie gepolariseerde sonbril wat 100% UV-strale en meeste sigbare hoë-energiebestraling kan absorbeer. Dit kan ook ‘n goeie idee wees om jou sonbril in skaduwee in die buitelug te dra. Alhoewel skaduwees die negatiewe invloed van bestraling kan verminder, bied dit nie 100% beskerming vir jou oë nie.

Vir meer wenke en raad oor gesonde visie, besoek www.mellins.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

7 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

7 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.