kategorieë: Ontspanning

Vaselinetjie binnekort ’n fliek

Die vervaardiging van ’n rolprent gebaseer op Anoeschka von Meck se bekroonde jeugboek Vaselinetjie (Tafelberg) begin eersdaags. Boonop sal ’n tweede toneelstuk van die boek binnekort op die planke wees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Karen Meiring, M-Net se direkteur van Afrikaanse Kanale, het dié aankondiging onlangs by die bekendstelling van die Nasionale Toneelspelkompetisie 2015 in Kaapstad gemaak. Die fliek se regie sal deur Corné van Rooyen behartig word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Boonop is altesaam 12 leerders wat aan die 2014-toneelkompetisie deelgeneem het, gekies om saam met vier professionele akteurs in die tweede verhoogproduksie van Vaselinetjie op te tree. Shirley Ellis behartig die regie. Die stuk debuteer volgende jaar by die Stellenbosch Woordfees en sal daarna ook by Kunstekaap opgevoer word. kykNET, RSG en die Woordfees ondersteun hierdie projek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Vaselinetjie, uitgegee in 2004, het ook in 2009 in Engels as My name is Vaselintjie verskyn en is tans voorgeskryf in Wes-Kaapse skole. Die boek is onder meer met die Rapport/Jan Rabie-prys, die M-Netprys en die ATKV-prys bekroon.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write('
'); }

– Anoeschka von Meck –

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

7 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

7 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.