kategorieë: Bekendes

Die vere maak die voël

Unieke styl

Marianne Fassler is al baie name genoem: Suid-Afrika se Vivienne Westwood, Alice in Wonderland …

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Sy is ’n legende in die modebedryf en haar eiesoortige styl is nog net so interessant, humoristies en elegant soos toe sy in 1975 haar eerste skeppings by haar ouerhuis vertoon het. Haar kreatiewe werkswinkel, Leopard Frock, dien as kantoor en winkel en is deel van haar huis in Saxonwold, Johannesburg. “Unremarkable” is die grootste modeflater wat jy in haar oë kan begaan. “Dis erger as aantrekflaters,” glo Marianne. “Onthou, dis gewoonlik jou optrede wat jou common maak, nie jou klere nie. Moenie bang wees om nuwe dinge aan te gryp nie.” Sy kyk met deernis terug na foto’s van haar in vreemde skeppings. “Dis so deel van my geskiedenis soos die plooitjies op my gesig.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Unremarkable is Marianne nie. Haar helder rooi dreadlocks (haar eie hare) is versier met silwer haartooisels en haar uitrusting vir die onderhoud het ’n luiperdmotief-insetsel – waarop sy waarskynlik die patentereg het!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Dis belangrik dat jy in voeling met jou eie identiteit is. As jy gemaklik is met wie jy is, het jy onmeetbare selfvertroue. Ek het deur die jare gereeld vroue gekry wat na my kom en sê ek het hulle die guts gegee om hul eie identiteit uit te leef. “Steve Jobs het gesê mense koop nie wat jy maak nie, maar hoekom jy dit maak. Ek glo mode is die manier waarop jy jouself uitleef en dat my kliënte in my design ethic inkoop. Ek is nie elkeen se cup of tea nie en dis vir my irrelevant wat mense met my inspirasie doen. Tog bly dit ’n groot kompliment as ek hulle kon inspireer om hul eie styl te kry. “Ek ontwerp klere wat vroue ’n boost gee as hulle dit aantrek en dis ook die terugvoer wat ek kry. Speel met jou uitrustings om by jou bui te pas. As ek effens af voel en ek moet die aand ’n geleentheid bywoon, sal ek my hare op dra met ’n kleurryke band, helder lipstiffie aansit en nog ’n ekstra paar armbande inryg. Dit kikker my sommer op.”

Humor, styl, kleur en funksionaliteit is vir haar die belangrikste elemente in klere. Sy glo ook nie aan spesiale uitrustings vir spoggeleenthede nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Mense bestee baie geld aan ’n kledingstuk vir ’n eenmalige geleentheid en dan lê dit in die kas en stof opgaar. Belê liewer in iets wat jy keer op keer kan dra, of kry maniere waarop jy geleentheidsdrag kan aanpas om dit elke dag te dra.”

Sy sê sy koop byvoorbeeld goedkoop beenkouse (leggings) wat sy dan by couture-klere dra. Marianne glo as jy minder koop, het jy meer geld om die regte ding van gehalte te koop.

“Ek het min klere in my kas en glo as jy die regte item kry, jy jou minder oor die prys moet bekommer. Dit gril my as mense meer koop as wat hulle dra. En koop goeie skoene – ongemaklike skoene wys die hele aand op jou gesig. “Vroue in die sakewêreld waag deesdae meer met hul voorkoms en pas die besigheidspakkie van tevore aan om ’n eie identiteit te weerspieël.”

Hoe skep jy jou unieke styl? vra ek die meester die kuns af.

“Breek die reëls wat jy in jou kop het. Kleur gaan saam met kleur en prints met prints. Dra lemmetjiegroen by wynrooi en bont by bont. Kyk hoe kleur in die natuur gebruik word: sonder reëls. En ouderdom is geen verskoning nie. Ouer vroue het selfvertroue en hulle gee nie ’n hel om wat ander dink nie. My ma is 91 en sy trek steeds fabulous aan.” (Haar ma is die bekende skilder Hannatjie van der Wat.)

“Onthou, jou klere is jou tweede vel. Sorg dat dit iets kommunikeer.”

My wondermiddel

Zetske van Pletzen (Marcel van Niekerk van 7de Laanfaam) sê oefening hou haar kop en lyf op koers en help haar om goed in haar klere te voel.

“Dis so belangrik om ’n gesonde selfbeeld te hê. Ek sien gereeld vroue in ons bedryf wat goed lyk, maar nogtans negatief oor hul voorkoms voel. Dan maak dit nie saak hoe hard jy aan jou voorkoms werk nie, jy bly ongelukkig. “Ons almal ken daardie dae wanneer jy voor jou kas staan en niks kan kry wat jou mooi laat voel nie. Maar as jy daarop ingestel is om die goeie raak te sien, verander dit jou uitkyk. My positiewe ingesteldheid gee my selfvertroue en is daardie hupstoot wanneer ek die dag ’n bietjie af voel.”

Tog is die werklikheid dat aktrises meer werk kry as hulle verskeie rolle kan speel, en ’n goeie figuur bly ’n pluspunt.

“Ek het nie altyd ’n keuse oor wat ek dra nie en dikwels verg rolle dat ek ’n bikini moet dra. “Oefening beheer my gemoed en gewig. En ai, ek hou báie van eet, so ek móét oefen. Ek is nie elke dag lus vir oefen nie, maar agterna is ek altyd bly omdat ek so goed voel. Die bonus is dat ek in die buitelug oefen en dit laat my sommer nóg beter voel. Dis ook ’n wonderlike manier om spanning te verlig.”

Zetske is tans handelsmerkambassadeur vir Adventure Boot Camp. Sy steur haar nie veel aan modes nie en trek aan soos sy voel met die fokus op gemak.

“Ek sal hier en daar elemente gebruik wat by my styl inpas, maar ek is glad nie ’n groot shopper nie. My man, Altus Theart, is die een wat graag koop en ook vir my goed koop.”

Omdat sy dikwels ontwerpers se klere na geleenthede moes dra en nie altyd style kon kry wat pasreg vir haar is nie, het sy en modeontwerper Leo Validus koppe bymekaargesit en saam ’n klerereeks geskep wat onder die naam “Zetske” verkoop word.

“Ons ontwerp saam aan die klere en soek die materiale ook saam uit. Die reeks is in Mei bekend gestel en doen baie goed.” Die reeks is tans in Johannesburg en Pretoria by boetieks beskikbaar en hulle hoop om dit uit te brei en ook ’n aanlynwinkel te hê.

“Ek glo die belangrikste is dat klere jou vlei. Onthou, jý moet die rok dra, die rok moenie vir jou dra nie! Bepaal jou figuur se sterk en swak punte en trek daarvolgens aan. En probeer ’n slag iets nuuts! ’n Mens beland so maklik in ’n groef.”

Haar wenk vir vroue is dat jy alle negatiewe gedagtes oor jouself moet verban. “Dit sal jou uitkyk verander, al is jy nie op jou ideale gewig nie.”

Selfvertroue deur dekades

“Tydlose elegansie” is die twee woorde wat Jenny le Roux, eienaar en ontwerper van Habits-klereboetiek in Claremont Kaapstad, beskryf.

Hierdie eertydse moderedakteur het 28 jaar gelede haar eie boetiek begin en roem haar op klere wat tussen kettingwinkels en couture val.

“Namate jy ouer word, word dit ’n balanseertoertjie tussen mutton dressed as lamb en die verdoemenis dat jy soos jou ma lyk,” spot Jenny. “Daar kom op ’n dag daardie aaklige oomblik wanneer jy skielik besef jy weet nie meer wat jou styl is nie. Nie alle mense is so gelukkig soos Vivienne Westwood wat outrageous kan lyk maar daarmee wegkom nie. “Die belangrikste wat jy moet onthou, is om nie die mode slaafs na te volg nie. Dis nooit ’n geval van lone size fits all nie. Tweedens is styl dikwels die selfvertroue wat jy uitstraal, eerder as ’n spesifieke voorkoms.”

Gelukkig het Jenny vroeg in haar lewe besef wat ware styl is. “Ek het drie stiefma’s gehad wat almal baie stylvol was. Ná skool het ek ’n jaar lank in Italië gebly – in die flower power-dae van die jare sestig – en besef die Italiaanse vroue het ’n aangebore aanvoeling vir styl. Hulle het minder uitrustings gehad en het eerder meer aan ’n kledingstuk bestee sodat hulle dit jare lank kon gebruik. Dit het haar bygebly en die besef van gehalte gevestig. Sy onthou die keer toe sy jare gelede op ’n lys van bes gekledes was en koerantfotograwe haar klerekas kom afneem het.

“Hulle was baie teleurgesteld met my klein kassie vol klere en het bly vra waar ek my ander klere bêre. “Ek het ’n paar stukke wat ek oor en oor dra, soos die baie goeie swart aandbaadjie wat op ’n manstyl gesny is.” Die baadjie was baie duur, maar saam met ’n swart fluweelbroek is dit haar staatmakers vir die aand. “Ek voel altyd net reg as ek dit aanhet. “Die reël is eenvoudig: As jy in die winkel staan en nie seker is of die klere vir jou werk nie, moenie koop nie. As jy ongemaklik voel daarin, is dit nie vir jou nie. “Ek dra oorwegend wit en swart en voel altyd selfversekerd daarin. Daarmee kan jy nooit verkeerd gaan nie. Tog het ek skielik helder rooi begin dra en hou vreeslik daarvan. My gunstelingkledingstuk as ek goed wil voel, is ’n oorgrootrooi kasjmiertrui. As ek na foto’s kyk waarop ek die trui aanhet, straal ek. Ek hou ook van jeans en is bereid om duur vir goeie jeans te betaal.”

En sy het onwrikbare vertroue in ’n goeie wit hemp vir elke vrou. “Dit doen net iets vir ’n vrou. Ek voel altyd wonderlik as ek ’n mooi wit hemp dra.

“Vandag se jongmense het baie meer waagmoed as dit by aantrek kom. Hulle steur hulle minder aan modeneigings en skep graag hul eie styl. As jy dra wat jou pas, het jy selfvertroue. Kies dele van jou lyf waarvan jy hou en laat jou styl daarop fokus. “Ek sê altyd dat alle vroue mooi skouers het, want die vel word daar glad getrek. Dit het ek by Donna Karan geleer. Benut dit en wys jou skouers. Maak net seker dat jy jou arms bedek as hulle nie jou sterk punt is nie. “My styl het deur die jare nie veel verander nie. Selfs my juwele is steeds dieselfde.”

Tog hou Jenny daarvan om haar bestaande styl met kleiner items te komplementeer wat anders en eksentriek is, soos prettige kostuumjuwele en serpe.

“Klere het ’n groot sielkundige invloed op my en as ek goed voel in ’n uitrusting, het ek selfvertroue en sien ek kans vir enigiets.”

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Is jy ’n perfeksionis? Hoe vind jy balans?

Deur Maretha Botes Perfeksionisme is ’n tweesnydende swaard. Aan die een kant motiveer dit jou…

13 hours Gelede

Besoek Stellenzicht se unieke ekowyn-pod vir ’n uitsonderlike wynproe-ervaring

Soos jy aankom, word jy deur welige wingerde en groen heuwels begroet. Die wyn-“pod” self…

16 hours Gelede

Geurige roerbraairys

Hierdie geurige roerbraairys kry die lekkerste dadel-en-sjerrie-hoender by.

18 hours Gelede

Die beste gebruik van herfsblare in jou tuin

Die helder skakerings van oranje, rooi, geel en bruin blare gedurende die herfs is werklik…

20 hours Gelede

Leer jou breipatrone beter verstaan

Ons deel breilesse uit ons argiewe.

2 days Gelede

Gebruik oogomlyner vir langer wimpers

Nie almal is geseënd met lang wimpers óf weet hoe om vals wimpers aan te…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.