kategorieë: Nuut & NouKos

Die verhaal agter Darling Sweet

Die verhaal agter Darling Sweet. Foto’s verskaf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Darling Sweet is in Julie 2014 op die fraaie Swartlandse dorp Darling gebore. Eienaars Hentie van der Merwe en Frits van Ryneveld het die behoefte aan tradisionele toffies raakgesien, ’n eeue-oue lekkerny wat deur die jare afgeskeep is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hentie, ’n opgeleide sjef, het tot laat saans gewerk om die perfekte outydse toffieresep te kry. Vele ou resepteboeke is deurgewerk totdat hulle op die regte, egte, voortreflike top-resep afgekom het. Hieruit is hul tradisionele toffie gebore: Tannie Evita’s Classic Toffee. Dit is vernoem na Darling se beroemde Evita Bezuidenhout wat die alombekende Evita se Perron in die ou stasiegebou op die dorp geopen het. Pieter-Dirk Uys, stigter van The Darling Trust – ’n organisasie wat fokus op die skep van geleenthede vir die gemeenskap van Darling – het met die voorstel gekom om ’n toffie na die tannie te vernoem. In ruil daarvoor skenk Darling Sweet geld aan die trust en Darling Sweet het ook ’n vrouebemagtigingsprojek – Evita’s Crafters – op die been gebring.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Darling Sweet het begin met drie toffiegeure en bied nou reeds toffies in nege geure en daarby vyf sagte karamels en drie toffiesmere. Hulle verkoop ook rou heuning en ’n Weskus Fleur de Sel.

Die personeel van 25 maak hul produkte met liefde met die hand en die bestanddele is deurgaans net van die beste gehalte. Die maatskappy is trots op sy ‘clean label’-status, wat beteken hulle gebruik eenvoudige, natuurlike bestanddele waar niks sinteties bygevoeg is nie en ook geen preserveermiddels nie.

Aangesien die produkte in klein hoeveelhede gemaak word, is dit ’n betreklik tydsame proses en eweneens is die eet van ’n toffie ’n tydsame proses, dus is hul leuse Vat jou Tyd!

In Augustus 2018 het Darling Sweet sagte karamels in vyf geure bekend gestel. ‘n Ruim keuse van verleidelikheid is dus beskikbaar van tradisioneel harder toffie of sagter karamel.

Hentie – ook ’n kunstenaar – en Frits se liefde vir treffende ontwerp fokus daarop om mooi verpakkings uit te bring. Hulle het in Januarie hul hele reeks toffies in nuwe klere gedos! Die karamelboksies dra ’n Swartlandse landskap en die toffies is verpak met die inspirasie van ’n kommissie-kunswerk wat Peter Mammes vir hul ontwerp het. (Peter is ’n Suid-Afrikaanse kunstenaar wat tans in Brittanje woon.)

Frits en Hentie wil immer ekologies verantwoordelik wees, dus is al hul verpakkings herwinbaar en hul toffiepapiertjies is ten volle bio-afbreekbaar. Hulle glo ons kan die planeet “een toffie op ’n slag” red!

Hul volle reeks is Trots Suid-Afrikaans en boonop kosjer en halaal.

Besoek hul aanlynwinkel op www.darlingsweet.co.za of kry hul produkte in gekeurde winkels.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.