kategorieë: Leef gesondGesondheid

Die verskil tussen UVA en UVB-strale en hoe om sonskade te vermy

Die verskil tussen UVA en UVB-strale en hoe om sonskade te vermy deur Salomé Delport

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die verskil tussen UVA en UVB-strale

Die twee hoofkomponente van sonlig wat ons vel affekteer, is UVA en UVB.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Namate navorsing uitbrei, besef ons al meer dat die twee baie verskillend met jou vel werk en dat veral UVA die een agter jou oudagplooie is. So verskil hulle, verduidelik die Wêreldgesondheidsorganisasie wat mense wêreldwyd van sonskade bewus wil maak:

  • Waar UVB-lig hoofsaaklik jou velpigment aktiveer en jou laat verbruin, vernietig UVA hoofsaaklik die elastien en kollageen in jou vel. Elastien hou jou vel soepel en ferm. As jy op jou vel druk, spring dit terug juis omdat jou elastien soos ’n rekkie skietgee en terugtrek. Daarsonder sak ons vel in plooie en sakkies uit.
  • Waar UVB-lig hoofsaaklik in ons boonste vellae werk, dring UVA-lig tot in ons dieper vellae in waar dit skade aan selfs ons velselle se DNS doen.
  • Waar UVB binne tien minute jou vel begin verbruin, werk UVA baie stadiger. Dit neem jare voor jy UVA-skade sien.
  • Waar UVB se effek op jou vel omkeerbaar is, is UVA-skade permanent. Jou sonbruin verdwyn ná ’n paar weke maar die skade aan jou elastien is permanent. Dit bou inderdaad op, en so verdiep klein plooitjies mettertyd tot jou vel soos die straatkaart van ’n antieke stad lyk.
  • Waar UVB-vlakke net in die somer hoog is, is UVA-vlakke heeljaar hoog. Daarom moet jy jou vel heeljaar – nie net in die somer nie – teen sonskade beskerm.
  • Waar UVB-lig tussen 10:00 en 16:00 hoog is, is UVA-lig altyd teenwoordig. Trouens 95% van ons sonlig is UVA-lig.
  • Waar UVB-lig vir alle praktiese doeleindes deur glas en water geblokkeer word, dring sowat 60% van UVA-lig deur glas, water én wolke. Jy is dus altyd buite en dikwels binne aan UVA blootgestel.

Lees ook: Sonnige somerwenke

Waar kry jý jou sonskade?

Mense wat buite werk, is op ’n manier veiliger as ons binnewerkers, omdat hulle wéét hulle moet vir sonskerm, bedekkende klere en koelte sorg. Somer én winter. En die res van ons? Ons is te dikwels onbewus van ons risiko’s.

Mense wat net soveel voorsorg as buitewerkers moet tref, is:

  • Dié wat baie vir hul werk per pad reis, soos verteenwoordigers en vragvoertuigbestuurders.
  • Kantoorwerkers wat teen buitevensters sit, veral aan die sonkant, of as baie lig in die vertrek inkaats van byvoorbeeld die see af.
  • Mense wat soms langafstand per motor, 4×4 of bus toer en heeltyd aan die sonkant sit.
  • Langs die sportveld, nie terwyl jy deelneem nie, maar terwyl jy sit en rugby kyk of die kinders ondersteun.
  • In die winter. UVA is heeljaar hoog.

Lees ook: Wees sonslim met sonskerm

Oplossings vir deur glas sonskade kry

Aangesien UVA- en UVB-lig deur glas kan beweeg, moet jy jou skade beperk. Die beste opsies is: Die voorste glasmaatskappye vervaardig almal glas wat tot 99% van UV-lig uitskakel. Laat jul ruite vervang. Kry UV-bestande film, wat ook wyd beskikbaar is en veral op motorruite geplak word.

Lees ook: Leer jou kinders ’n sonskerm-roetine aan

Die verskil tussen UVA en UVB-strale en hoe om sonskade te vermy

Nog bronne van UVA-skade

  • In die water
    As jy swem, selfs in ’n duikpak.
  • In die winter
    Onthou, UVA doen sy skade somer én winter omdat dit teen ’n konstante vlak teenwoordig is, selfs al is dit koud of bewolk.
  • Met wintersport
    Ons winters is matig en daarom ry ons fiets, stap, en doen ons graag dwarsdeur die winter ons sport. Omdat die son flou lyk en voel, dink ons hy kan nie brand nie. UVA-lig is misleidend koel – koeler as UVB-lig – maar dit dring dieper in en doen meer skade.
  • Ons sportklere beskerm ons nie: fietsryhoede, skrumpette en pette bied jou geen sonbeskerming nie; niemand dink eens aan sonbeskerming vir hokkie- en netbalspelers nie.
  • Deur nie op te top nie
    Nog ’n diepgewortelde gelofie is dat sonskerm soos die ysterpak van ’n ridder is: ná 500 jaar beskerm dit steeds. In werklikheid kan géén sonskerm UV-strale langer as twee uur van jou vel af weghou nie. Daardie tweede aanwending ná twee uur in die son is net so belang-rik soos die eerste een. Wat van die derde aanwending? Jy behoort nie so lank in die son te wees nie!
  • Deur vals gerustheid
    Jy het mos nou sonskerm aan én jy top op; dus kan jy ure in die son bly. In werklikheid bou UVA-skade oor jare op. Elke bietjie tel, nie net vandag se brand nie.

Lees ook: Vakansieskoonheid SOS

Die verskil tussen UVA en UVB-strale en hoe om sonskade te vermy

Nog goeie vrae om te vra

Gee jou medikasie jou plooie?

Talle medikasies, onder meer sekere antibiotika en hart- en akneemedisyne, word deur UVA en UVB geaktiveer op maniere wat uiteindelik velskade veroorsaak. Vra jou apteker of jou medikasie jou sonsensitief maak.

Help, ek dop af!

Jou vel verloor meer vog waar jy afdop. Keer dit deur kort-kort ’n goeie vel- of letselolie aan te wend.

Het jou sonskerm ’n SPF50+?

Werk dit UVA en UVB teë? Goeie sonskerm het ’n SPF50+ en beskerm teen UVA en UVB

Die verskil tussen UVA en UVB-strale en hoe om sonskade te vermy

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

7 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

7 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

7 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.