kategorieë: WenkeMode

Die vleiendste denimromp vir jou figuur

Deur: Susra Matthee.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Weet jy watter styl romp die beste by jou pas? Terwyl die rompe almal mooi lyk, raai ons jou aan om ’n snit te dra wat jou beste eienskappe vlei en beklemtoon. Byvoorbeeld, skep kurwes met A-lyn-rompe of ’n uurglasfiguur met ’n noupassende snit.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

As jy lank is

’n Lang lyf laat jou toe om ’n midiromp saam met sandale of ander plat skoene te dra. Voeg ’n T-hemp en skouersak by vir die perfekte naweekstyl. As jy kort is kan jy ’n verslankende silhoeët skep deur hoë hakke te dra.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

As jy fyn gebou is

Indien jy klein en fyn gebou is, kan jy wegkom met ’n miniromp. Gebruik die rompie om jou klein raamwek volume te gee. Dra ’n vintage-geïnspireerde denimromp met ’n kleeftoppie om jou hele lyf af te wys. Maak seker jou romp sit nie reg in die middel van jou bene nie; laat die onderste gedeelte van jou knieë uitsteek om jou bene langer te laat vertoon.

Kurwes

’n Noupassende romp wat net onder jou knieë sit is meer vleiend om kurwes te beklemtoon as ’n korter snit. Dit pas perfek en omvou jou lyf sodat dit jou natuurlike kurwes vlei. Spog met jou uurglasfiguur deur ’n rekbare, noupassende denimromp saam met ’n ingesteekte knopieshemp te dra. Jy kan enige kleur hemp saam met denim dra, maar denim-op-denim is nou hoogmode. Boonop is dit ’n maklike voorkoms vir die kantoor of ’n ete-aspraak.

As jy atleties of reghoekig gebou is

Skep die illusie van kurwes deur ’n A-lyn knopiesromp wat ook jou bene langer laat lyk. Dra dit in die somer met inglipskoene en ’n ingesteekte T-hemp en in die winter met kouse en enkelstewels. Vir ’n minimalistiese styl hou by die klassieke denim-mini met ’n wit knopieshemp.

Lees ook: ’n Lenteregruk vir jou lewe

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.