kategorieë: VerhoudingsJou lewe

Wat mans by ons oor seks wil weet

Walt Disney moet die skuld kry vir ons wanindrukke oor seks. Dis hy wat met sy dosyne dolgelukkige Sneeuwitjies en hul prinse by ons daardie fantasie gevestig het van die volmaakte liefdesgeluk. Niks moeite, g’n werk nie, die lekkerste maniere en die regte hoeveelheid, alles wonderlik … vir altyd en ewig.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

In werklikheid sit ons met vrae waaroor ons te skaam is om openlik te wees. Ons sal dalk ons dokter vra, of ’n artikel daaroor lees of op die Internet rondloer, maar met ons maat gesels? Aikôna. Dalk is dit hoog tyd.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Daarom gee ons die keer mans – al is dit net drie – kans om namens al die Adams hul vrae te vra aan: Emma, ’n tuisteskepper met drie kinders en nege jaar se getroude lewe as ondervinding; Lila, ’n kunstenaar wat op 51 en ná dertig jaar se getroude lewe weet waarvan sy praat; Tia, ’n weduwee wat met die perspektief van afstand kan praat en dr. Etienne Kok, Gautengse seksuoloog van die Departement Urologie aan die Universiteit van Pretoria en die Steve Biko Akademiese Hospitaal. Hier’s die vrae – en antwoorde – waarby jy en jou maat waarskynlik iets sou kon byvoeg.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Leon, predikant

Is ek genoeg van ’n man vir jou? Beïndruk my fisieke aanbod jou?

Emma Dit klink vir my asof dit vir mans baie belangriker ís as vir vroue. My liefde is regtig blind as dit by grootte kom.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Tia Ja, jy is. Dis mos hoekom ek met jou getrou het. Ons vroue is gans te suinig met ons komplimentjies. Ons moet ons mans so laat verstaan dat hy dit weet. Jy kan deur jou gesigsuitdrukking beïndruk lyk, of met ’n grappie of ’n troetelnaampie sê “man, jy’s indrukwekkend!”

Lila Ja, ek hou daarvan dat hy manlik optree én lyk. Veral toe ek jonk was, wou ek sy ereksie bewonder en voel hy is entoesiasties. Maar aksie is vir my eintlik die hoogtepunt. As jy dit so aanpak, is jy mans genoeg vir my – groot of nie.

Dr. Etienne Vroue staan nie in ’n verhouding met ’n penis nie maar met ’n mens wat toevallig ’n penis het. Vroue los of skei buffels, nie mans wat nie man genoeg is in die penisgrootte-departement nie. As jy ’n hand en ’n mond het, het jy nie eens ’n penis nodig nie. Dis eintlik net ’n ekstra seksuele orgaan.

Ek weet vroue hou nie van porno nie maar hoe warm is net reg? Dirty Dancing? Die titel Wild Things doen dit al klaar vir my. Kan ek ’n warm fliek saam met jou kyk en hoop daar kom iets van?

Emma Dis nie vir my so prikkelend nie, maar ek het nie eintlik besware nie.

Tia Ja, dis lekker om na kookwaterflieks te kyk, spesifiek saam met iemand. Maar help planne maak dat die kinders daardie aand uitslaap. Ek wil nie verleë voel voor hulle – of gepla word nie.

Lila Ek’s ’n hopelose romantikus! Daar sal beslis iets van kom as dit ’n visueel mooi fliek is – miskien eerder “mooi, romanties en sensueel” as baie eksplisiet en seksueel. Dalk iets soos Captain Corelli’s Mandolin of The Bridges of Madison County.

Dr. Etienne Vroue wil identifiseer met dit wat visueel uitgebeeld word. Daarom is die meeste eksplisiete sekstonele gewoonlik vir hulle minder stimulerend as romantiese beeldmateriaal. Kies jou fliek oordeelkundig, met die klem op iets romanties en met ’n paar bietjie stout oomblikke, eerder as iets konkreets en deurentyd seksueel.

My vrou sê ek moet wag tot sy lus is. Dit voel vir my na ’n wat-was-eerste-die-hoender-of-die-eier debat: Sy gaan nie lus raak tensy ek haar lus maak nie, maar ek mag nie aan haar raak tensy sy lus is nie. Hoe kan ek jou lus maak sonder om aan jou te raak?

Emma Lus word nie bereik met fisieke kontak nie. Humor, komplimente en bedagsaamheid is belangrik in die proses van lus word. As ek geliefd voel, is ek beslis meer geneë.

Tia Tawwe ene dié. Jy moet maar verskillende maniere probeer en my dalk ook vra waarvan sal ek hou – it takes two to tango.

Lila Komplimentjies is vir my die towersleutel. Maar komplimente is nie “ek is lus vir seks en jy is mos my vrou” nie. Komplimente gaan daaroor dat ek vir jou mooi lyk, lekker ruik, snaaks is, jy my kos waardeer, dit lekker is om net naby my te wees, jy graag met my gesels, dat jy gaaf met my is en my help en klein goedjies doen soos om my rug te vryf sonder om seks direk in ruil daarvoor te verwag.

Dr. Etienne Vroue verskil, jy moet uitpluis waar jou vrou inpas. Party het ’n spontane behoefte aan seks, soek toenadering en reageer positief daarop. Party vroue moet behoorlik die hof gemaak word voor hulle lus word vir seks. Nog ’n groep sal instem omdat hulle ’n behoefte aan emosionele nabyheid het, al is hulle nie spesifiek lus nie. In die proses van vaardige stimulasie raak hulle lus en geniet dit.

Mans moet ook nie op die ashoop gaan sit en verwerp voel as hulle maat nie in die bui vir seks is nie. Dit beteken nie dat sy hom nie liefhet of van hom hou nie. Dit beteken net “nie nou nie”.

Reghardt, boer

Moet ek met jou praat tydens seks? Wat wil jy hoor?

Emma Nee, net as dit ’n gesprek is wat natuurlik vloei, nie ’n vooraf uitgedinkte monoloog nie. Dit klink baie pretensieus as jy soos in flieks praat.

Tia H’m … mooi woordjies en kreune en steungeluide, asseblief.

Lila Nee wat, dade maak woorde oorbodig.

Dr. Etienne Seks is nie ’n sportuitsending met bal-vir-bal kommentaar nie. Maar sommige vroue hou van meer verbale seks.

Hoe hou ek jou van my lyf af? Grappie! Hoe kry ek jou om meer gereeld lus te wees?

Emma Libido taan soos wat die eise in vroue se lewe toeneem. Ek sien om na drie kinders, en jy moet dit asseblief in ag neem. Maar as jy bedagsaam en liefdevol is, sal ek soveel as wat ek kan.

Tia Hoe meer jy my help, hoe meer seks kry jy daaruit! Moegheid is die hoofrede hoekom vroue minder meedoen.

Lila Vroue het baie om saans te doen. Dis kos maak, die volgende dag se skoolklere regkry, alles regsit sodat elkeen se planne vir die volgende dag vlot, help met huiswerk, seker maak dit gaan goed met die oupas en oumas en kinders wat reeds uit die huis is. Ek’s uitgeput teen slaaptyd. As jy handjie bysit, is daar meer tyd oor vir sommer net ontspan, wat my meer toeganklik maak – gewaarborg!

Dr. Etienne Ek kan maar net “amen” sê. Pasop dat jy as man nie seks gebruik om spanning te ontlaai nie. Wys haar dat jy haar liefhet en nie hoofsaaklik as jou bedmaat sien nie. Goeie seks begin met “goeiemôre”.

Waar sit daardie G-kol? Beleef jy hom elke keer? Is seks lekkerder as ek hom aangeraak het? Kan seks lekker wees vir jou as ek hom nie kry nie? Wat dink jy van avontuurliker tegnieke?

Emma Watter kol? Nog nooit met hom kennis gemaak nie! Natuurlik is die G-kol onnodig. Ook nie allerlei posisies nie – hoewel ek dit sal waag as ek energie daarvoor het en nie my rug verstuit nie.

Tia Iewers, ek weet nie. Ja, meestal. Ja, beslis! Ja, ook. Hmm, dit hang af van wat … en waar.

Lila Ek dink die G-kol word oorskat. Daar is beslis baie ander “kolle” wat net soveel plesier gee.

Dr. Etienne As jy seks wil maak, het jy kolle, plekke, tegnieke en posisies nodig. As jy liefde wil maak, het jy net twee mense nodig. Die belangrikste, sensitiefste en kompleksste seksorgaan is die brein; die grootste is die vel en ’n vrou se mees erogene sone is haar hart of emosie. Fokus daarop, eerder as op die G-kol.

Ernst, besit ’n selfoonwinkelgroep

Hoe baie pla my maag jou tydens seks?

Emma Hoe baie pla myne jou? Ek dink vroue is baie meer emosioneel as fisiek ingestel. Solank die verpakking aangenaam versorg is, is die vorm daarvan nie so belangrik nie.

Tia As hy groot is, pla dit beslis. Maar die vrou s’n moet ook nie pla nie.

Lila Glad nie. Ek is ook nie meer wat ek dertig jaar gelede was nie en is eintlik verlig dat ek nie al een is wat tekens van die jare dra nie.

Dr. Etienne Jou groot maag pla haar nie soseer tydens seks nie maar dit maak haar bekommerd oor jou gesondheid. Oorgewig, gebrek aan oefening en stres kan deel wees van die metaboliese sindroom en ’n testosteroontekort. Dit laat ’n man al jonk-jonk sukkel met ereksies en maak jou ’n kandidaat vir ’n hartaanval. Werk aan jou maag nie vir seks nie maar om al die ander redes … met seks as jou bonus.

Ek kan deesdae seks in die week uitsny. Maar as ek nie wil nie, dink my vrou ek dink sy is vet of ek gee nie om nie. Al waaroor dit gaan, is dat ek moeg is. Of dalk is ek net nie meer so “aktief” soos tevore nie? Gaan jy minder van my dink as ek seksueel afgaan?

Emma Ek is nog nie heeltemal daar nie, maar dit pla my al klaar glad nie om seks vir die naweke te “spaar” nie. Wees net eerlik oor die saak.

Tia Ek wonder hier: gaan dit oor verlei of “verlui?” Mans is selde te moeg. Seks gee hulle dan energie. Moet jou vrou dalk aan ander planne dink om jou te verlei? Daar is mos medisyne beskikbaar vir as jy “te lui” is?

Lila Dit word ’n frustrasie as seksuele behoeftes verskil. Toe ek en my vriendinne jonk was, het ons gekla omdat ons mans so baie keer wou. Maar ek weet van ’n hele paar huwelike waarin die bordjies omgeruil het, en die vroue kla oor te min soos hulle ouer word. Wat ek eintlik mis, is die emosionele aspek van seks. Ek voel insecure as jy my nie darem soms begeer nie. Maar vir my is verbale koestering kosbaar. So, as jy my verseker van jou liefde, gaan dit soveel soos seks tel.

Dr. Etienne Pasop vir telling hou. Die hoeveelheid is nie so belangrik as die hoe nie. Onthou, daar is geen ouderdomsbeperking op vry nie. Vry lekker gedurende die week sonder dat dit noodwendig in seks eindig en kom dan oor die naweek bymekaar uit.

Was dit lekker vir jou? Ná al die jare weet ek nog nie of jy dit regtig geniet nie. Sy sê ek moet uit haar liggaamstaal aflei hoe sy dit ervaar.

Emma Ek is seker dat as jy regtig luister en op haar ingestel is, sal dit vir jou duidelik wees.

Tia Vroue moenie te skaam wees om hul mans te prys nie. Vertel hom hoe lekker dit was. En jy kan ook mos sien of ek dit geniet, soos as ek papnat gesweet is.

Lila Die intensiteit van my orgasme of genot behoort vir jou ’n aanduiding te wees. Dis nie nodig dat ek terugvoer gee nie. As dit vir my lekker was, wil ek ná die tyd styf teen jou lê en vasgehou word – dis liggaamstaal vir “dit was great”.

Dr. Etienne Seks is nie ’n toets waarvoor jou maat jou punte gee nie. Fokus op genotvolle saamwees. Moenie probeer raai waarvan jou maat hou nie. Wees bewus van mekaar en, as julle nie praters is nie, rig en wys mekaar met ’n vinger, hand of gebaar na die plekke of dinge wat lekker is of dit lekker maak.

Lees ook: Seksvoorligting: wat sê ’n kenner?

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

7 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

7 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.