kategorieë: Ontspanning

Die wêreld se beste koffiewinkel in Kaapstad

Ons deel ons 5 gunstelingkoffiewinkels in Suid-Afrika!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

1 Truth Coffee, Kaapstad

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die koffiewinkel is “steampunk inspired” (soos beskryf deur The Telegraph), en die dekor slaan jou asem weg wanneer jy daar instap. Maar, koffieslawe klop nie net aan die deur as gevolg van die dekor nie. Al die koffie word met die hand gerooster, nogal in ’n antieksjiek gietysterdrom.
36 Buitenkantstraat, Kaapstad
www.truthcoffee.com

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

2 The Whippet, Linden

The Whippet is deur die omgewing en mense van Linden geïnspireer en beslis ’n gunsteling onder inwoners (en ander Johannesburgers). Die koffie, kos, dekor en veral die atmosfeer is aanloklik en hul cappuccino is hemels.
34 7de straat, Linden, Randburg
www.thewhippetcoffee.com

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

3 Bean There Coffee Company in Milpark

Bean There Coffee (44 Stanley) is onlangs aangewys as een van die top 10 “kantore” in Johannesburg. Dit is die ideale plek om op jou skootrekenaar te sit en werk terwyl jy aan van die lekkerste koffie in die stad teug.
44 Stanley, Johannesburg
www.beanthere.co.za

4 Meraki, Stellenbosch

Meraki is ’n klein koffiewinkeltjie in die hartjie van Stellenbosch. Hul passie lê daarin om besoekers met “liefde + passie” te bedien. Ons hou daarvan om tussen die eikebome te sit en ontspan.
42 Ryneveld Straat, Stellenbosch, Weskaap
www.facebook.com


5 Bootlegger Coffee Co. Kaapstad

Die eienaars van Bootlegger Coffee Co. in Kaapstad is baie passievol oor goeie koffie en hulle bedien slegs kos wat van die beste, plaaslike bestanddele gemaak word. Die koffiewinkel maak soggens reeds om 6:30 oop, ideaal vir wanneer jy wil ontspan na jou oggendfietsry- of drafsessie!
39-41 Regent Straat, Kaapstad
www.bootlegger.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

6 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.