kategorieë: Reis

The Moorings in Knysna: iets vir elkeen

Sononder is die lieflikste tyd van die dag om Knysna van die Kaap se kant af binne te ry. Jy verkyk jou aan die jetties se rustig-rimpelende weerkaatsings in die waters van die meer. ’n Paar meeue draai lui in die lug. Drie sit soos lewende standbeeldjies op ’n ry op die jettiepale. Vir amateurfotograwe op vakansie is dit ’n droom van ’n fotokans.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die fotokanse en visuele plesiere van ons mooiste meredorp eindig net nie: van die oorkant af weerspieël huise in die meer se stil waters. Hadedas wat krassend huis toe vlieg, ets pragtig teen die liggoue hemelruim. Die lang skaduwees en die helder kleure van die dorp se fietsryers, drawwers en stappers wat oorskakel na ’n laer rat na die dag se harde werk kontrasteer pragtig met die geilgroen van die woud en lower om die meer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

En dit is net met die inry in Knysna. Thesen Eiland, die Koppe en lieflike plekkies soos Belvedere kerkie wag nog. Hoekom is party mense so gelukkig dat hulle in Knysna kan woon? Die res van ons kan – dankie tog – hier kom vakansie hou. As jy dit nie jaar op jaar kan doen nie is een keer in jou lewe ’n móét.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Waar om te bly
Hmmm … wat van The Moorings?

Van buite af lyk die mure intimiderend. Maar wat ’n heerlike vierster verrassing wag aan die binnekant. Régtig luuks, want The Moorings is ’n volledige vierster hotelvakansie-oord. Jy kan jou maar reg maak vir knusse spierwit japonne en pantoffeltjies in die kas, ’n ekstragroot bed met ’n halfdosyn kussings en ’n gul duvet waaronder jy jou stres van die jaar gaan vergeet. En vir al die ander luuksetjies en goeie diens van vierster verblyf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

In ons eenheid is daar ’n bad in die hoofslaapkamer reg langs die bed. Hmmm … kerslig, sjampanje en musiek wat jou hartsnare roer.

Lekker vakansieplek vir kinders
As ek die ma is wat met kinders op vakansie gaan, is dít waar ek wil vakansie hou want die jongklomp gaan besig wees. Ons eenheid loop uit op reuse grasperke met digte skadubome waar kinders van sonop tot sononder kan baljaar, bal skop en speel op die klimrame en ander parkspeelgoed terwyl jy in vrede lees, sonbaai en kuier.

Daar is ’n swembad met ’n diep en ’n vlak poel waar van klein tot groot veilig kan swem. Die rits lêstoele en sambrele nooi jou om luilekker uit te strek. Dalk met ’n boek in die hand. Of ’n lang koeler in ’n elegante glas … bedien van die restaurant/kroeg net langsaan die swembad.

Hou iemand van roei? Die gronde het hul eie wateringang na die meer vir roeibootjies en kano’s. The Moorings is regoor Thesen Eiland – naby genoeg dat julle kan oorroei vir inkopies, roomyse, tee, middagete, skemerkelkies en mense kyk. Jy kan ry ook maar om winkels toe te roei, is soveel meer eksoties.

Die beste van als? Skoonmaak is ingesluit en etes is beskikbaar. Jy hoef nie ’n vinger te lig nie. Jou eenheid word gediens en die hotelrestaurant bied ’n ontbytbuffet, ligte etes, gourmet toebroodjies, slaaie, pastas, pizzas en eersteklas aandetes met van salm tot carpaccio en steak. En rus, vrede en al die soorte lekkertes wat vakansie vir jou uitspel.

Wat jy moet weet
Ligging
The Moorings is net drie kilometer van die N2 maar ’n wêreld ver in terme van stilte en natuurskoon. Dit is binne maklike bereik van die George Lughawe.
Wanneer om te kom
Ons was in die hartjie van die winter daar. Dan brand die kaggels hoog en knus in die goed toegeruste leeshoek en in die kroeg en eetplek. Perfek vir akkommodasie tydens die jaarlikse Knysnafees in die wintervakansie, maar dit is ’n ewe heerlike somervakansieplek met lieflike koeltes en hope buitevermaak.
Akkommodasie
Buiten die lieflike een- en tweeslaapkamer eenhede in die hotel is daar ook volledig toegeruste selfsorgvakansiewoonstelle (julle kan steeds by die hotel eet, of kos bestel) met ’n eie braaiplek te huur as jy selfsorg verkies.
Bring saam
Swemgoed, jou kamera, gholfstokke, jou fiets en ’n kano of boot as jy lus is vir roei. En stapskoene, want daar is lieflike stapplekke om die mere – en jy sal ure lank in die winkeltjies wil rondloop, wat net lekkerder in gemaklike skoene is.
Ekstra dienste
Buiten die gewone dienste kenmerkend van topklas hotelle is ’n kinderoppasdiens, internet en konferensiegeriewe beskikbaar.



15 dinge om by The Moorings te doen
1. Besoek The Heads. Die uitkykpunt aan die bokant is lieflik vir foto’s. Wag tot die seiljagte uitkom – someraande en oor die naweke. Of gaan eet by East Head Café Restaurant aan die onderkant.
2. Met meer as 120 eetplekke is Knysna ’n uiteet-mekka met iets vir almal van gesinne tot koskenners. Doen beslis die Featherbed sjampanje-en-oester bootrit. Dit is iets besonders.
3. In die somer: swem, swem, swem. Jy kan in sekere areas in die meer swem maar dit is ook ’n bootgebied. Ry see toe en swem waar daar lewensredders aan diens is, soos by Brenton en Buffelsbaai.
4. As jy lief is vir lees, skaf Dalene Matthee se Moerbeibos aan en gaan verken Simola. Dié gholfbaan is aangelê waar hierdie boek rondom die vestiging van die Italianers om ’n sywurmbedryf in ons land op die been te bring, afspeel. Of stof ’n slag Fiela se Kind af (die boek of DVD) en gaan kyk waar Fiela, Benjamin en Nina geleef het.
5. Moenie net die seiljagte afneem nie – gaan seil sélf. Of bespreek een van Knysna se beroemde huisbote vir ’n dag en verken die meer op eie stoom.
6. Besoek die ou Millwood myn. Dalk vang die glinstering van ’n oorgesiene klontjie goud jou oog.
7. Knysna is bekend vir sy wonderlike snuffel- en kunswinkeltjies. Sit tyd daarvoor opsy.
8. As jy op ’n Saterdag daar is, besoek die Sedgefieldmark. Die verskeidenheid en gehalte van die kos en handwerk is uitstekend. Maar staan vroeg op. Die mark begin om 7.30 in die somer en 8.00 in die winter en sluit stiptelik om 12.00. Na twaalf smeek jy verniet om selfs net een broodjie te koop. Jy is ook gewaarborg om ’n bejaarde hippie of twee raak te loop.
9. Besoek een van die twee dosyn gholfbane van die omgewing soos Pezula en Sparrebosch, om net twee te noem.
10. Ry met die treintjie in die Featherbed Natuurreservaat. Vra die hotel om vir julle te bespreek.
11. Besoek die Belvedere-kerkie. Onthou jou kamera en kyk of jy die besonderse loodglasvensters kan vasvang.
12. As jy nog altyd gedroom het van kastele, is Knoetsie se kasteelstrandhuise onverwags en betowerend.
13. Birds of Eden is fassinerend. Dit is die grootste voëlpark ter wêreld waar voëls vry rondvlieg.
14. ’n Besoek aan ten minste een van Knysna se beroemde houtmeubelfabrieke en houtwerkers is ’n moet.
15. En dan is Knysna bekend vir veral twee feeste: die jaarlikse Oesterfees in die winterskoolvakansie met sy marathon, fietsrenne en die opwindende besoek van die SA Vloot; en die jaarlikse Klassieke Motorfees in Mei. As jy dit nie in Mei kan maak nie, ry gerus na Sedgefield en loop deur die garage met sy 50 stuks antieke motors. Dit is op die hoofpad – jy sal dit maklik raaksien.

Kontak
The Moorings Premier Hotel Knysna is een van die twaalf luukse hotelle van die Premiergroep: webwerf www.premierhotels.co.za en kontaknommer 044 302 7000.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Binnelanders-nuweling, Deoudoné van der Merwe

Jy kan dalk dink Deoudoné van der Merwe se TV-loopbaan het laas jaar met ’n…

21 hours Gelede

Verruklike winterpizza

Verruklike winterpizza met gekaramelliseerde uitjies, crème fraîche, orego en tiemie. Resep deur Vickie de Beer

22 hours Gelede

Nuutste beperkte hoeveelheid wyn-etiket van KWV se The Mentors

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en verskaf. The Mentors Limited Edition Tempranillo 2021 is…

22 hours Gelede

Ivan en Donnalee stel nuwe kykNET-reeks bekend

Die aarde het ’n jaar nodig om een keer om die son te beweeg. In…

2 days Gelede

Oogsiektes onder die vergrootglas: Wat jy moet weet

Deur Christa Swanepoel Oogsorg begin reeds van geboorte af. Pas ná geboorte moet ’n pediater…

2 days Gelede

Die beste eierbroodjie

Die beste eierbroodjie Lees ook: Spek-en-eier-pasta

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.