kategorieë: Leef gesondDieet

Dieet-uitdaging: Week 1

Ons daag drie vroue uit om drie verskillende diëte te toets. Volg hulle weeklikse dagboekinskrywings saam met ons.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dieet: Slender Wonder deur Body Renewal

www.bodyrenewal.co.za

Persoon: Adriana Grundlingh

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Meer oor Slender Wonder:
• Mediese dieet, oorsien deur ’n dokter
• Glo vetsug word veroorsaak deur lae leptienvlakke
• Tydens die eerste besoek word die inhoud van liggaamsvet asook sentimeters gemeet
• Motiveringsgesprek en oorsig deur dokter, eetprogram en boekie wat alles verduidelik
• Opvolgbesoek, inweeg, meet en motiveringsessie elke tweede week
• Spuit jouself daagliks in met HCG (’n hormoon wat natuurlik in jou liggaam voorkom as jy swanger is)
• Neem daaglikse aanvullings
• Vervang een maaltyd met ’n lae GI gesondheidskommel
• Lae GI-dieet met beperkte kilojoules
• Daaglikse aanvullings (in die vorm van pille)
• Ses week program met twee weke wash out (geen inspuitings en meer kilojoules) voor jy weer kan begin
• Moet elke tweede week nuwe HCG en inspuitings koop

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Adriana se dagboek: Week 1

Ek was super opgewonde toe Suzanne,rooi rose se skoonheidsredakteur, my die geleentheid bied om Slender Wonder te doen! Ek het al so baie daarvan gehoor en dit ook op Maatband (kykNET) gesien.

Die naweek het ek regtig alles waarvan ek moontlik hou, geëet – al daai verkeerde kossies! So ek was reg vir aksie.

Dinsdag het ek my eerste afspraak by Body Renewal in Willowbridge gehad. Die senuwees het geknaag. Ek weet nou nog nie hoekom nie, dalk omdat ek so lanklaas op ’n skaal geklim het en die afwagting om te sien wat “Mnr Skaal” sê, het my onder gekry. Die meisies wat daar werk is almal so vriendelik en behulpsaam! Hulle het my mooi verduidelik hoe alles gaan werk en toe was dit tyd vir die weeg en meet (“Aarde sluk my in”)! Ek was vir ’n paar minute geskok, maar besef toe net daar – dis nou iets van die verlede, die nuwe EK gaan anders lyk en voel, maak nie saak wat “Mnr Skaal” nou sê nie.

Die program begin met normaal eet (vir my verkeerd) vir dag 1 en 2. Glo dit of nie, maar ek kon nie dink aan iets wat ek nog wou eet nie en vir die eerste keer in my lewe was ek te mismoedig om iets te eet! Ek het nogtans die aand ’n sjokolade croissant met n groot glimlag geëet.

Donderdag (dag 3) was my “detoks”-dag waar ek net 900g vrugte kon eet. Dit klink dalk baie maar glo my dit is nie! Ek was vir alles behalwe vrugte lus, en ek het die middag ’n hoofpyn begin kry wat nie wou weggaan nie. Teen die aand was ek te bang om die yskas oop te maak, te bang ek sien of ruik iets lekker. Vroeg in die bed…om te vergeet. (My man het dit eintlik aanbeveel – hy kon seker maar sien my draadjie is baaaie kort!)

Vrydag is my eerste dag op die eetplan. Ek het steeds ’n effense hoofpyn maar ek het sommer meer moed vir die dag want ek weet die spyskaart sluit nie net lemoene en appels in nie! ’n Provita’tjie het nog nooit so lekker gesmaak nie! Ek wil die naweek seker maak my tekkies is afgestof, sodat ek Maandag kan begin oefen.

Opsomming van my gevoel oor week 1 (al het week 1 eers REGTIG Donderdag begin):
* Ek is baie sleg met pille drink, so die baie pille is nogal ’n aanpassing, en hulle is groot! Die inspuiting is baie maklik – selfs   ek wat bang is vir naalde het dit tjoef-tjaf baas geraak.
* ’n Mens voel maar ’n bietjie lam en jy het vir die eerste paar dae ’n hoofpyn.
* MAAR … ek is reg vir week 2!

Dieet: Healthy Weight-program by The Sport Science Centre in Kaapstad

www.ssisa.com

Persoon: Daniela Nothnagel

Meer oor Healthy Weight:
• 8 week-program
• Fokus op oefening, ’n gesonde eetprogram, psigologiese konsultasies en opvoeding om ’n gesonde gewig te bereik.
• Emosionele staat (soos angs, depressie en woede) word tydens die eerste besoek vasgepen en weer tydens jou laaste besoek.
• Fiksheidsvlakke, gewig en sentimeters word ook tydens die eerste besoek geneem.
• Drie groep uurlange oefensessies per week, aangebied deur ’n biokinetikus
• Persoonlike eetprogram deur ’n dieetkundige uitgewerk
• Verloor gewig en verbeter jou fiksheidsvlakke

Daniela se dagboek: Week 1

Die woord “dieet” maak my senuweeagtig. Vir my het dit ’n aaklige woord geraak, wat my dadelik honger en oorweldig laat voel. So dit help dat hierdie nie ’n dieet is nie, maar eerder ’n eetplan. ’n Eetplan wat enige normale persoon daagliks behoort te eet, so eenvoudig soos dit. Beteken dit dan dat ek tot nou toe “abnormaal” was met my eetgewoontes? Ja! Vir my is kos alles of niks, ek was tot nou toe óf op ’n baie streng dieet, óf ek het my vergryp aan my gunsteling kos, want “Maandag sal ek met my dieet begin.” Ek het nog nooit ’n goue middeweg gehad wat kos betref nie, en met hierdie eetprogram sal ek hopelik een aanleer.

My eetplan is ontwerp om my vet- en suikerinhoud te verminder, sonder dat ek oorweldigende hongerpyne kry en steeds genoeg energie het om te oefen. Ek eet ontbyt, ’n peuselhappie, middagete, peuselhappie, aandete en weer ’n peuselhappie. Ek is egter vreesbevange oor die oefenprogram waarmee ek nog moet begin. Ek haat dit om te gim, ek haat tekkies, ek haat sweethanddoekies! Hierdie gedagtes sal moet verander en ek sal die gim en oefening in ’n gelukkige plek moet verander. Ek hoop my 8 weke plan sal my hiermee kan help, om my te leer om reg te eet en hoe om te oefen (en om langer as 8 minute in die tou by McDonald’s te staan, tel nie meer as oefening nie!)

Dieet: Sureslim

www.sure-slim.co.za

Persoon: Sandri Hough

Meer oor SureSlim:
• Eerste 30 minute konsultasie is gratis
• Gaan vir ’n bloedtoets wat bloedsuiker, cholesterol, ens. toets
• Eetplan uitgewerk op grond van resultate van bloedtoetse. Duur 1 tot 3 weke
• Terwyl jy wag vir jou eetplan, moet jy probeer om slegte eetgewoontes te verander
• Sureslim-konsultant help jou om persoonlike doelwitte op te stel
• Besoek konsultant elke week vir motivering, meet- en weegsessies
• Wanneer eetprogram gereed is, verduidelik die konsultant dit vir jou, daarna is weeklikse besoeke (weeg, meet en motivering), deel van die program
• Drie gebalanseerde maaltye per dag, lae karbohidrate en GI
• Geen versnaperinge tussen maaltye

Sandri se dagboek: Week 1

Vandag is die dag. DIE dag! Langer kan ek nie meer uithou met my ongemaklikheid nie. Ek voel ongemaklik in my eie lyf, ek is seker daar is ’n maer meisie binne-in my wat veg om uit te kom.

Eintlik gee ek nie om oor maer wees nie, wat my pla is dat ek ongemaklik voel oor myself. Alhoewel my mentor by SureSlim vir my ’n getal gegee het om te bereik (eeeeeeeeeeeeeeeeek!), gee ek nie regtig om oor wat die skaal sê nie. Ek sal mos weet wanneer ek is waar ek wil wees wat my gewig betref: wanneer ek in ’n klerewinkel kan instap en nie met vier verskillende groottes na die aanpaskamer toe hoef te ploeter nie:

• ’n Nommer 10 – want dis wat ek altyd was, so kom ek loer hoe lyk dit
• ’n Nommer 12 – want dit is wat ek laas jaar nog kon aankry, so kom ek loer hoe vêr het ek van die pad afgewandel…en wie weet, dalk is dit ’n groot snit
• ’n Nommer 14 – want dit is waar ek nou is, die sweet tap sommer van my voorkop af
• ’n Nommer 16 – net om seker te maak dat ek nog nie daar is nie

Kort-kort wonder ek hoe ek vir ander mense lyk, ek is vreeslik selfbewus. Sien mense my as onvermoënd omdat ek oorgewig is? Asof ek nie beheer het oor my persoonlike lewe nie? Kom ek as professioneel voor by my werk?

My SureSlim mentor vertel my dat ek sowaar ’n BMI-klas verby gevat het – en dit is nie ’n goeie ding nie. Met my ouderdom, lengte en beenstruktuur in ag, staan ek offisieel op die eerste trappie van obesiteit. Wat? Hoe is dit moontlik?!

Dit maak my sommer moedeloos. Maar die skok laat ook my adrenalien vinniger pomp. Dit is dit! Die einde van my stryd met vet. Vandag is die dag!

Ek kry nog nie vandag ’n eetplan nie, ek moet eers deur die week vir ’n paar bloedtoetse gaan. Maar ek moet solank alles wat ek eet in my SureSlim-lêer neerskryf. Omdat my eetplan spesifiek vir my bepaal word, moet ’n klomp mediese toetse eers gedoen word om te sien hoe lyk my glukosevlakke en totale cholesterol. Dit laat my nogal gerus voel – hierdie eetplan gaan net vir my bedoel wees.

So stap ek by die kliniek uit met my sakkie aanvullings en ek maak ’n wilsbesluit om hierdie ding deur te sien. Nie net halfpad soos wat ek meeste dinge doen nie, maar voluit.

My kop is vandag reg!

Ek het Woensdag al my bloedtoetse laat doen. Dis glad nie lekker nie, maar ek weet mos hoekom ek dit moet doen. Op pad werk toe koop ek vir my ’n slaaitjie en ek smag na ’n toebroodjie. Ek weet dat ’n toebroodjie nog nie taboe is nie, ek het mos nog nie met my eetplan begin nie, maar ek probeer regtig solank kyk na wat ek eet, aangesien ek dit later in my SureSlim-lêer gaan moet neerskryf. So, ek stap eerder verby. Sjoe, hierdie gaan moeilik wees, maar my kop is reg!

Ek moet daarop fokus om al my vitamines te drink, asook genoeg water – baby steps!

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

7 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

7 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.