Dink voor jy weggooi: Slim wenke vir herwinning. Inligting verskaf deur RecyclePaperZA, verwerk deur Martie Swanepoel. Hooffoto: istock/PORNCHAI SODA
“Met net ’n klein bietjie moeite kan Suid-Afrikaners hul rommel beter herwin,” sê Anele Sololo, bestuurder van die Suid-Afrikaanse herwinningsassosiasie, RecyclePaperZA.
“Jy gooi waarskynlik baie papierprodukte weg wat jy nie eens weet herwinbaar is nie,” sê sy.
Volgens ’n verslag wat vrygestel is deur Statistiek Suid-Afrika in 2018, het 90% van ’n beraamde 59 miljoen ton rommel in 2011 op rommelterreine beland terwyl net 10% herwin is.
Lees ook: Maak jou kind “groen” groot
Sorteer is die eerste stap
’n Verskeidenheid huishoudelike papierprodukte wat in die kombuis, kantoor en badkamer gebruik word, is herwinbaar.
Die volgende stap is om dit by ’n versamelpunt te besorg.
In die geval van papier word dit in verskillende katergorieë verdeel – wit papier, tydskrifte, karton en verpakking vir vloeistowwe. Die papier word na ’n papiermeule geneem om in verskillende produkte te verwerk.
Lees ook: Herwin tuis – dis makliker as wat jy dink!
Ken jou herwinningsprodukte!
Dit sal jou verstom om te weet wat is alles herwinbaar
Badkamer:
- Kartonrolle van toiletpapier
- Papierverpakking van tandepasta, skoonheidsprodukte, medikasie en snesies
Lees ook: 9 maklike maniere om plastiekvry te lewe
Kantoor:
- Papier-koppies (geen polistireen)
- Tydskrifte en joernale
- Sagteband boeke (dit wat jy nie aan ’n biblioteek kan skenk nie)
Die voordeur:
- Pos – as jy nog ontvang, insluitend koeverte, advertensiebiljette, poskaarte
- Tydskrifte
- Koerante
- Kartonbokse van aanlyn-inkopies
Lees ook: 10 stappe nader aan ’n zero waste leefstyl
Kombuis:
- Bokse van ontbytpap, koekies, tee, pasta, suiker, hondebeskuitjies
- Melk of sap-kartonne
- Pizza-bokse en ander skoon wegneem-ete bokse
- Eier-kartonne en wegneem koffiekoppies
- Papiersakke
- Kartonrolle van papierhanddoeke
RecyclePaperZA stel voor jy plaas klein asblikke vir papierherwinning regdeur jou huis.
Meer inligting by www.recyclepaper.co.za