Deur dr. Aneldi Grundling
Honde kan, nes hul eienaars, aan aftakelende toestande ly en soms kan depressie vir jare ongediagnoseerd wees en dit kan langdurige skade aanrig. Let op gevaartekens soos dié:
- Geskiedenis kan ’n rol in ’n diagnose speel. Die verlies van ’n ander vierbeenvriend, eienaar, of familielid kan ’n impak op diere se emosionele welstand hê.
- ’n Verandering in eetlus, energievlakke, of enige algemene gedragsveranderings buite die normale.
- Hulle mag verminderde belangstelling in speelgoed of speletjies toon wat hulle voorheen geniet het.
- Herhalende gedragspatrone kan ook oornag kom, soos om in sirkels te stap, of om obsessief aan hulself te lek of krap.
- Troeteldiere wat voorheen mishandel is, of wat aan skeidingsangs ly, kan meer geneig wees om aan depressie te ly.
Jou veearts kan help om met ’n behandelingsplan vorendag te kom. Dit is wel ’n moeilike diagnose omdat daar baie toestande met soortgelyke simptome is.
Die behandeling kan gedragsaanpassingsoefeninge en bykomende stimulerende aktiwiteite en interaksies wees. Gereelde matige oefening, soos ’n stappie om die blok, kan op die duur ’n positiewe uitwerking hê. Gedragsmedikasie het beslis ’n plek en sal soos nodig deur die veearts of gedragspesialis voorgestel word.
Lees ook: Diabetes en Diere
