kategorieë: Ons menseBekendes

Dít laat dié bekendes hul beursies oopruk

Hulle snuffel in winkels, op straatmarkte, kerkbasaars, skoolverkopings en op enige moontlike en onmoontlike plek vir daardie één spesiale iets. Dalk is dit Lalique-glasbeeldjies of ander kunsskatte, of bottels, skoene, syserpe, munte, resepteboeke of wat ook al … Dié drie bekendes verklap wat daardie één ding is waarby hulle nie kan verbyloop nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Cindy Nell-Roberts

Die voormalige Mej. SA en TV-persoonlikheid van Kaapstad het verskillende versamelings wat hul ontstaan te danke het aan dinge waarvan sy gehou het en wat toe net meer en meer geword het, vertel sy.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Haar sonbrilversameling is die heel belangrikste. Daar is deesdae so baie mooi, oulike, speelse, funky en elegante sonbrille dat sy net nie kan help om in die winkels daarby stil te staan nie. En hoewel sy ’n ambassadeur vir Sunglass Hut SA is en elke seisoen ’n nuwe bril van haar keuse kry, is een bril net nie meer genoeg nie, sê sy.

“Brille word gekrap of raak weg. En dis vir my so lekker om te sien wat nuut en in die mode is, en hoe ’n sonbril my gesig en houding verander, so ek kan nie help om soms te veel te koop nie.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Cindy het veral verlief geraak op sonbrille in haar dae as Mej. SA. Wanneer sy vinnig winkels of gim toe gegaan het, was dit dikwels sonder grimering, maar nooit sonder ’n sonbril nie. Selfs ’n sonbril is vir haar ’n verlengstuk van haar styl en sy het ’n hele klomp sonbrille wat by verskillende uitrustings, soos slenterdrag, formele of sexy klere pas.

“Vir ’n ongeërgde, sexy voorkoms dra ek klassieke Aviator Ray-Bans. Vir ’n klassieke seemansvoorkoms, waarvan ek baie hou, dra ek ’n elegante sonbril, en vir middagete saam met my ma en vriendinne hou ek van Diva. Dit voel amper asof ek ’n ander emosie of persoonlikheid ‘aantrek’ en dis lekker om met verskillende aspekte van my persoonlikheid te speel. Soms wil ek ’n prettige jongmeisie wees, soms ’n liefdevolle mamma en dan weer ’n ernstige sakevrou.”

En soms is dit ook lekker om agter ’n sonbril vir die wêreld weg te kruip, veral as sy ’n moeilike tyd gehad het. Die idee dat jy anoniem kan wees in ’n “woelwarrelwêreld” is ook lekker. En sy wens mense wil daaraan dink dat jy nie altyd koel probeer wees nie, maar dat jy jou dalk teen die aanslae van die wêreld in ’n kokon wil toespin.

“Soms wil ek ’n prettige jongmeisie wees, soms ’n liefdevolle mamma en dan weer ’n ernstige sakevrou”

Cindy het parfuum begin versamel toe sy ’n paar jaar gelede haar eie parfuum wou ontwerp en navorsing gedoen het oor die parfuums waarvan sy hou. Sy moes dus baie aankoop. Maar sy het besluit dat ’n parfuum nie die moeite werd is in ’n kleiner mark soos ons s’n nie. Intussen het sy al die parfuums in die gastebadkamer uitgestal sodat haar vriende daarvan kan gebruik. En danksy dié uitstalling het mense vir haar parfuums begin aandra en selfs eksklusiewe parfuum oorsee gekoop. Die versameling bly aangroei en gee haar baie vreugde.

“Ek het nou ’n goeie neus en kan amper enige parfuum identifiseer, selfs al loop iemand net by my verby. My kosbaarste parfuum is ’n kristalbottel wat Clive in ons eerste jaar saam vir my verjaardag vir my gegee het. Dis nie die duurste parfuum nie, maar vir my baie kosbaar.”

Steve Hofmeyr

Foto: Peter Whitfield

Die sanger en skrywer Steve Hofmeyr het ’n tuisbiblioteek van sowat 2 500 boeke – waarvan hy, raai hy, nog so 2 000 moet lees.

Hy vertel dit was kleintyd al teen sy beginsels dat boeke van kant gemaak word. “Ek het sulke boeke oral opgespoor, huis toe geneem en gelees. Dit kan ’n redelik bekostigbare stokperdjie wees as jy jou neus die groot snuffel begin aanleer.”

Hy het op skool reeds begin om die oorskot handboeke te onderskep. Sy eerste passie op 15 met buite-kurrikulum boeke het met teologie te make gehad.

“En Shakespeare, hoewel moeilik, was vir my ’n openbaring. Op skool het Afrikaanse klasmaats my gereeld gevra om gou ’n stukkie Engels vir hulle vir voordrag voor te berei. My eerste groot leeservarings was Geknelde Land en Brolloks en Bittergal.”

Steve se gunstelingskrywers is N.P. van Wyk Louw, Hennie Aucamp, J.M. Coetzee, Richard North Patterson, Ayn Rand en Philip Roth. Ook Deon Meyer en Ingrid Winterbach.

“My twee gunstelingboeke in 2013 was Etienne van Heerden se Klimtol en Saul Bellow se 1964 klassieke
werk Herzog.”

Steve is ook nuuskierig oor die mens agter die boek. Só het hy Elisabeth Eybers ’n paar jaar voor haar dood in Holland besoek. Hy het haar gevra om die gedig “Uitsig op ’n kade” vir hom te verduidelik en sy het haar vensterluike oopgegooi.

“Voor my, deur die ruit, was die hele gedig opgestel, met die eksters en reiers op die oewer aan die kade. My kuiertjie by Sheila Cussons was ook ’n uur wat ek nie maklik sal vergeet nie. Sy was ’n stout tomboy tot op tagtig.”

Steve vertel dat hy elke oggend 40 minute lank in die bad lê en lees. En ja, baie boeke en selfone het al in die water geval. “My Friedrich Nietzsche het al soos ’n groot, ou Statebybel opgeswel.”

Hy kry ook tyd vir lees wanneer hy reis, iets wat uit die aard van sy werk dikwels gebeur.

Steve skryf al liedjies vandat hy so nege jaar oud is, en “professionele literatuur” vanaf 1997

“Maar ek leer nog heerlik aan dié besonderse dissipline. Skryf is vir my brutaal, en dit kom alles taamlik vinnig. Ek het nie die weelde om maande lank te sit en skryf nie. Dit sal nog kom. Die meeste van my skryfwerk is essays vir sosiale media. Dit hou die brein geolie. Laaste Dans Drienie is ’n liefdesverhaal wat in 1939 begin, ’n oorlog oorleef en eers in 2013 ontplooi, min of meer toe Oscar Pistorius verby luitenant Muller Joubert in Brooklyn-polisiekantoor loop.”

Simon Rademan

Foto: Peter Whitfield

Die modeghoeroe Simon Rademan van Pretoria se liefde vir formele drag het amper natuurlik aanleiding gegee tot sy versameling aandhandsakke.

“Die handsak is wonderlik: die topkledingstuk, die redder van uitrustings, ’n bewegende fokus en ’n veiligheidskluis.”

Sy versameling bestaan uit verskeie voorbeelde van handsakke wat die afgelope 150 jaar op sewe vastelande gedra is. En sommige is baie werd.

“Ek is elke keer verstom dat iets so breekbaar, fyn of intrinsiek soos ’n silwer maliekolder-rygsakkie van meer as ’n eeu gelede, twee oorloë en baie depressiejare oorleef het en foutloos vir die nageslag bewaar is.”

Hy doen baie moeite om ’n handsak te bekom, maar soms val een letterlik in sy skoot.

“As jy iets spesifieks soek, kan dit tydrowend, duur en selfs uitputtend wees. Maar dis altyd in my agterkop waar en hoe ek my versameling nog kan uitbrei, en ek is rustig, want ek het die res van my lewe om dit aan te vul.”

“Die handsak is wonderlik: die topkledingstuk, die redder van uitrustings, ’n bewegende fokus en ’n veiligheidskluis”

Hy is deesdae baie kieskeurig oor watter handsakke hy nog by sy versameling wil voeg, maar die beste tye, sê hy, was en sal altyd die “onvoorspelbaarheid” van ’n werklik besonderse en opwindende sakkie wees. Hy het al handsakke geërf en hy kon al by ’n hele paar boedels sakke gaan uitsoek, maar dis veral lekker om sommer net ’n koppie koffie by die Sungardens-hospies in Pretoria te gaan drink en iets wonderliks te kry wat iemand anders nie meer wil hê nie.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.