Dobbelverslawing: hier is raad

Versorg deur Mariette Snyman. Foto Freepik

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

“Die gebruik van middels soos alkohol, dagga, metamfetamien (crystal meth), methcatinone (CAT) en voorskrifmedisyne om lewensdruk te hanteer, is ’n algemene verskynsel in Suid-Afrika. Al meer mense sukkel met spanning en die vinnige pas waarteen ons leef, en vind troos in hierdie middels. In die era van tegnologie is daar egter ’n ander groeiende vorm van afhanklikheid: dobbelverslawing.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Lees ook: Verslaaf op jou oudag?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Só sê Peta-Lyn Foot, programbestuurder van die verslawingseenheid by die Akeso Crescent-kliniek in Randburg. Sy verduidelik dat dobbelverslawing verskeie ooreenkomste met ander verslawings toon.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hoe weet jy wanneer iemand ’n verslawing het?

“’n Verslawing word gedefiniëer as ’n ongesonde verhouding met ’n middel, of as gedrag wat die gemoed en gedagtes verander. Sodra iemand sukkel om  hul daaglikse take sonder die gebruik van die middel te verrig, is dit ’n sterk aanduiding van verslawing.

“Dit is nie nodig dat die persoon die middel elke dag gebruik of daagliks by die gedrag betrokke is nie. Verslawing het te doen met oormaat en met die onvermoë om op te hou met die gedrag of gebruik van die middel.

“Omdat wetgewing rakende dobbelhuise verander het en namate al meer mense toegang tot tegnologie en die Internet verkry, raak meer mense by verskeie vorme van dobbel betrokke. Selfs eenvoudige verskynsels soos die koop van ’n Lotto-kaartjie of die uitneem van ’n lootjie word as dobbel beskou. Die algemeenste vorm van dobbel is aanlyndobbelplatforms en dobbelmasjiene of dobbeltafels by dobbelhuise.

Dis nie nodig dat die persoon die middel elke dag gebruik of daagliks by die gedrag betrokke is nie

“Navorsing wys dat jong of middeljarige mans meer geneig is om ’n dobbelverslawing te ontwikkel as gevolg van hul avontuurlus en beheptheid met sosiale status. Dobbel is ook meer algemeen in laer inkomstegroepe en word dikwels beskou as ’n kitsoplossing vir finansiële probleme, terwyl dobbel in baie gevalle juis die teenoorgestelde veroorsaak en die probleem erger maak.

“Een van die tekens dat dobbel buite beheer raak, is wanneer iemand ’n dringende behoefte het om te dobbel en al groter risiko’s neem om ’n verlies te probeer ‘red’. Hierdie gedrag kan hul lewensomstandighede, gesinslewe, werk en persoonlike versorging negatief beïnvloed.”

Algemene tekens dat dobbel ’n probleem is

  • Die onvermoë om op te hou dobbel, ten spyte van finansiële probleme.
  • Om al groter risiko’s te neem wanneer daar gedobbel word.
  • Rusteloosheid en prikkelbaarheid wanneer ’n persoon probeer ophou.
  • Angstigheid en depressie.
  • Hooploosheid, skuldgevoelens en ’n gevoel van skaamte.
  • Probleme met slaappatrone.
  • Geheimsinnige gedrag en leuens.
  • Aggressie wanneer die persoon gekonfronteer of hul gedrag bevraagteken word.

Mense gebruik dikwels alkohol of dwelms om die onderliggende gevoel van skaamte te onderdruk

“Iemand kan ook ander versteurings ontwikkel as gevolg van die disfunksie wat deur dobbel veroorsaak word. Daar is ’n noue verband tussen dobbelverslawing en dwelm- en alkoholverslawing, omdat albei dieselfde effek het op die brein. Mense gebruik dikwels dwelms en/of alkohol om hulle te help om te ontspan terwyl hulle dobbel, of om die onderliggende gevoel van skaamte te onderdruk. Soms gebruik mense ook dwelms om hulle wakker te hou. Daar is ook ’n wanpersepsie dat dwelms jou meer helderdenkend maak sodat jy beter besluite sal neem. Verder is depressie en angsversteurings meer algemeen by mense met ’n dobbelverslawing.”

Lees ook: Dwelms, ’n ander woord vir hel

Lees ook: 19 oorsake van ’n paniekaanval

Wat kan ek doen as ek vermoed ek of iemand na aan my het ’n dobbelprobleem?

“Dis hoogs onwaarskynlik dat die persoon op hul eie sal kan ophou. Hulle moet hulp kry, omdat die siklus van verslawing moeilik is om te verbreek sonder dat nuwe gedragspatrone aangeleer word.

“Een van die doeltreffendste behandelings is binne-pasiënt-programme, waar die pasiënt ’n tyd lank in die sentrum oorbly. Die meeste sentrums beoog om die individu bewus te maak van die destruktiewe gedrag en help hulle om dit te verander. Binne-pasiëntbehandeling sluit individuele-, groeps- en gesinsterapie in.

Lees ook: Dagboek uit Denmar

“Dit is baie belangrik dat ’n persoon voortdurend ondersteuning kry deur terapie, organisasies soos AA/NA/GA, en deur in ’n omgewing te wees wat die rehabilitasieproses ondersteun.

“Daar is ook buite-pasiëntsentrums beskikbaar vir mense wat nie by ’n binne-pasiëntprogram kan inskakel nie.”

Peta-Lyn beveel aan dat mense wat hulp nodig het hier hulp kry:

Akeso-klinieke – akeso.co.za – of die 24 uur-hulplyn 0861 HELP US (4357 87).

National Responsible Gambling Program – 0800 006 008.

Gamblers Anon – 060 624 7140 OF 071 377 2746.

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

7 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.