kategorieë: Reis

Doen dít in 2016

“Set jetting” of “Location vacations” gee die filmster in jou die kans om dit wat jy nog net op die skerm gesien het, te beleef.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Trafalgar het ’n spesiale “set jetting”-reis na Skotland en Ierland:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Game of Thrones

Besoek Londonderry in die noorde van Ierland, die Dark Hedges waar bome ’n natuurlike tonnel skep vir die spel van lig en skadu, County Down oftewel Winterfell, die Whispering Wood en ander verrassings. Trek kostuums uit die reeks aan, besoek die stel, staan presies waar Jon Snow, Robb en Bran Stark gestaan het en skiet lewende pyle af.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

James Bond

Besoek die Eileen Donan-kasteel in die Skotse hooglande waar “The World is not Enough” met Pierce Brosnan verfilm is, en die Valley of the Weeping by Glencoe waar tonele uit “Skyfall” geskiet is.

Outlander

Wanneer jy Cairngorms Nasionale Park, Laggan en Culloden in die hooglande besoek, sal jy verstaan hoekom die natuurskoon in die reeks so aangrypend is.

Ander

Die agtergrond vir films soos Chariots of Fire, My Left Foot, Trainspotting, Braveheart, The Commitments, Michael Collins en The Dark Knight Rises is ook ingesluit.

Meer inligting oor Trafalgar se Celtic Filmscapes begeleide toer – 11 dae teen R36 950 per persoon wat deel, by www.trafalgar.com of (011) 280 8400. Gaste geniet outentieke verblyf, byvoorbeeld in die Laggan Gaskmore Hotel in Skotland en die Raddison Blu St Helens in Dublin. Vyf aandetes (onder meer ’n Be My Guest afskeidsete in Dublin in die huis van die skrywer James Joyce) en alle vervoer is ingesluit. As jou tydsberekening reg is, kan jy ook kaartjies kry na die Edinburgh Tattoo (5 – 27 Augustus).

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.