kategorieë: Sukses en geld

Dóén dit net

Bewaring begin by jóú

Jeunesse Park het vroeg in haar loopbaan besef bewaring en eko-opvoeding moet op grondvlak gedoen word. En dat jy bereid moet wees om jou hande vol grond te kry om die boodskap oor te dra. Sy is die stigter van Food and Trees for Africa (FTFA), ’n organisasie wat Suid-Afrika groener wil maak deur bome aan te plant, mense bewus wil maak van klimaatsverandering en hulle leer hoe om selfs in ’n klein tuintjie kos vir oorlewing te verbou.
“Danksy uitgebreide reise in my jeug het ek van die mooiste plekke op ons planeet besoek – net om te sien hoe alles voor my oë agteruitgaan. Dit het my geweldig ontstig.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Destyds met oudpresident Nelson Mandela se vrylating het Jeunesse en haar drie jong kinders hulle in Australië bevind. Sy het besluit om op te hou kla, aan die werk te spring en ’n verskil te maak. Sy het haar tasse gepak en sak en pak teruggekom Suid-Afrika toe. Niemand was werklik gereed om aardverwarming te takel nie en sy het haar agtergrond in bemarking en kommunikasie gebruik om noodsaaklike geld daarvoor te kry.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Toe was twee van my kinders onder ses en ek het hulle gewoonlik agterin die motor gelaai en met bome in die kattebak townships toe gery om hulle daar te gaan plant en mense in te lig. Ons is altyd verwelkom en ek het gou besef dat jy bome kan gebruik om alle omgewingskwessies te pak – van biodiversiteit, besoedeling en herwinning tot klimaatsverandering.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Ek het soms agterna skuldig gevoel dat ek nie altyd soveel tyd aan my kinders kon afstaan nie, maar hulle het nogtans in drie fenomenale, onafhanklike en bewaringsbewuste volwassenes ontwikkel. Hulle het altyd gespot dat ek so graag ligte afgeskakel het dat hulle soms nog in die badkamer was, dan skakel ek al die ligte af!”

Al Gore het haar as die eerste “African Climate Leader” opgelei en sy is nou die direkteur van die African Climate Reality Project vir Al Gore.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Mense sê ek is ’n inspirasie, maar ek is nie seker hoe nie. Ek doen net wat ek dink almal behoort te doen, want deur gemeenskappe te help om gesond en welvarend te wees verseker ons die planeet se oorlewing. Hopelik kan ek deur my voorbeeld lei.”

Vir meer inligting kyk by www.climatereality.co.za

Klein begin

Al het Maggie Steyn se besigheid ’n nederige begin gehad, is die boervrou nou ook ’n suksesvolle sakevrou.

“Moenie voel jou onderneming is te klein om suksesvol te wees nie,” sê Maggie wie se passie vir beskuitbak tot ’n groot en winsgewende onderneming gelei het.

Sy het haar besigheid in 2000 in haar plaaskombuis met ’n gewone stoof en twee bakpanne begin. Nou staan daar ’n volwaardige fabriek op hul plaas Soutfontein tussen Malmesbury en Moorreesburg. En sy verskaf beskuit aan groot kettingwinkels soos Pick n Pay en Spar en verskeie ander winkels in die Wes-Kaap.

Haar liefde vir beskuitbak het sy saam met moedersmelk ingekry. Albei haar oumas en haar ma was kranige beskuitbakkers en klein Maggie het altyd bygestaan wanneer hulle knie.

“Ek het baie by hulle geleer. En by my pa weer het ek geleer jy moet bereid wees om hard te werk vir jou geld. Ek het hom as skoolkind in sy restaurant Kelkiewyn gehelp.”

Maggie het eers in die versekeringsbedryf gewerk, maar toe sy met ’n boer trou, het sy begin om konfyt te kook en beskuit en koekies te bak.

“Dit was swaar tye en ek wou graag iets doen om werk te skep. Ek het aanvanklik ’n stalletjie op markte en wynfeeste in die omgewing gekry om my mark te toets. Dis ook die plek waar ander mense jou produk leer ken en hoe jy jou bemarking doen.

“Mense moenie voel hulle het baie geld nodig om ’n onderneming te begin nie. Dit help natuurlik as jy ’n groot lening kan kry en dadelik groot kan dink. Tog kan ’n fout jou duur te staan kom as jy nog onervare is. As jy klein begin, is die kans skraal dat jy groot verliese ly.

“Vir my gaan my onderneming nie net oor geld nie. Ewe belangrik is dat dit my op ’n persoonlike vlak sterk gemaak het en selfvertroue gegee het en dat ek werk kan verskaf aan vyf ander vroue wat nou dieselfde voordele smaak. As ek dit kon doen, kan almal dit doen!”

Vir meer inligting: maggiesespens@yahoo.com of bel 084 811 4534.

Beleggings is meer as net geld

Kim Potgieter van Chartered Wealth Solutions is passievol oor die waarde wat mense aan geld heg.

“Dis vir my belangrik dat mense spaar nie as iets negatiefs sien nie, maar eerder as iets wat hulle keuses bied. Jy moet weet waarvoor die geld gebruik gaan word. Sodra jy weet waarvoor jy spaar, is dit makliker om van jongs af geld weg te sit. Maar geld moet nooit jou baas wees nie.”

Met grade in kliniese en bedryfsielkunde, sowel as kwalifikasies in finansiële beplanning, verstaan sy die wisselwerking tussen geld en die waarde wat dit tot jou lewe kan voeg.

Dis haar droom om aftrede te herdefinieer en die manier te verander waarop Suid-Afrikaners aftree.

“Aftrede behoort die tyd te wees waar mense hul onver-vulde drome kan uitleef. Dit moet as ’n nuwe hoofstuk gesien word en nie as die laaste hoofstuk in jou lewe nie.”

Haar pa is op 59 in ’n motorkaping vermoor en haar ma is op 62 aan kanker oorlede. Omdat haar ouers nie die geleentheid gehad het om die planne wat hulle vir hul aftrede gemaak het uit te voer nie, was sy nog meer gemotiveerd om ander te help om dit te vermag. En dit het haar gedryf om ’n boek, Retire-MEANT: Get more meaning from your money, te skryf.
Sy glo ook mense moenie ná hul aftrede ophou werk nie.

“Ek vra altyd vir mense in ons eerste konsultasie wat hulle sal doen as hulle ’n groot klomp geld wen. As jy dadelik uit jou werk wil bedank, beteken dit jy is in die verkeerde werk en behoort in elk geval daadwerklik iets anders te soek.”

Sy help kliënte om vas te stel wat werklik vir hulle belangrik is. “As ek weet wat hulle geskiedenis met geld is en wat hul drome vir die toekoms is, kan ek hulle baie beter raad gee.

“Ek kom uit ’n huis waar my pa my ma met geld geboelie en beheer het. Ek wou seker maak ek beland nooit in dieselfde posisie nie.”

Vir meer inligting kyk by www.retiresuccessfully.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

7 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.