Ons verkies om net een of twee naels met die tegniek te verf. Koop die naellak van jou keuse en volg Charmaine Kay van Orly SA se aanwysings:
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Verf eers jou naels wit. Ons het Orly-naellak in Pure Porcelain (R160 vir 18 ml) gebruik. Verf slegs die een of twee naels waarop jy die marmer wil doen in wit (Orly Epix Flexible Colour in Overexposed, R230 vir 18 ml).
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Verf nou met ’n kwassie fyn swart strepies (Orly onstant Artist in Jet Black, R126 vir 9 ml) op die wit naels sodra dit droog is.
Doop ’n klein kunskwassie in suiwer alkohol en druk liggies op die strepies sodat die verf vloei. Moenie bekommerd wees as die tekstuur van jou naels effens oneweredig lyk nie – sodra jy ’n bolagie oorverf, lyk dit weer glad.
Vir ekstra glans, plak naelband in roosgoud (of enige ander metaalkleur) op die boonste deel van jou nael.
Orly SA is beskikbaar by indiGlow.co.za of bel 021 945 2566
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…
Hierdie webwerf gebruik koekies.