kategorieë: WenkeHareSkoonheid

Doen dit so: hoë bolla

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Jou bolla hoef nie so netjies soos ons s’n te wees nie; jy kan ook die deurmekaar weergawe maak deur ’n paar slierte langs jou gesig te laat afhang en ’n paar puntjies by jou bolla te laat uitstaan. Bonus: jou hare hoef nie silwerskoon te wees nie; inteendeel, gewasde hare mag dalk te sag wees vir hierdie bolla.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Met hierdie voorkoms kan jy enige partytjie of sosiale geleentheid aandurf, jy het nie vreeslik baie grimering of haarprodukte nodig nie, en jy kan dit in ’n japtrap doen. Druk dié artikel uit en bêre dit, want as jy eers agterkom hoe maklik dit is, gaan dit jou staatmaker word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Stap 1

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Maak ’n hoë bokstert.


Stap 2
Sit ’n bollaring soos die Denman Ring Bun om jou bokstert.


Stap 3
Bring jou bokstert na vore en steek dit bo-op die bollaring vas.


Stap 4
Steek jou hare rondom die ring teen jou kopvel vas tot jy voor kom.


Wenk:
As jou hare nie lank genoeg is om om die ring te draai nie, deel jou bokstert in drie en steek die verskillende dele na mekaar vas.

Dit het jy nodig

Oh So Pretty-haarknippies

Tresemmé Extra Hold Hairspray

Denman Bun Ring
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

13 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.