kategorieë: Gesondheid

Maak so om te gloei van gesondheid tydens swangerskap!

Heelparty ander van ons gloei ook, maar helaas, weens die groen kleur om jou kiewe – met komplimente van oggendnaarheid wat min of meer die hele dag kan duur.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

“Eet vir twee” is vir seker nie op jou spyskaart nie. Jeske Wellman, dieetkundige van Bryanston, beklemtoon hoe belangrik dit is om die regte voedingstowwe in te kry om optimale ontwikkeling van jou kosbare bondeltjie te verseker. Vir vroue wat sukkel met naarheid, is dit nóg belangriker omdat ’n mens later ongebalanseerd en te min eet. En dan is swangerskap boonop bekend vir sy vreemde kosdrange …

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Lees ook: Swanger bo 40

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Doen dit

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Drink foliensuur (sintetiese vorm) of folaat (die natuurlike vorm).
Dis die wateroplosbare vit. B9 en kan 70% van abnormaliteite, soos spina bifida (oop ruggraat) en anensefalie (oop skedel) van die sentrale senustelsel voorkom. Spina bifida (’n ruggraat wat nie volledig sluit nie en ’n gedeelte van die rugmurg oop gelaat het) is een van die algemeenste van hierdie defekte. Dit gee gewoonlik aanleiding tot minstens ’n graad van verlamming in die bene.

Omdat ontwikkeling van die neurale buise (later die sentrale senustelsel) in die eerste 15 – 28 dae plaasvind, is dit meestal vóór vroue weet hulle is swanger. Jeske raai aan dat jy genoeg folaat inkry voor jy daaraan dink om swanger te raak. ’n Swanger vrou het 600 mg folaat per dag nodig wat in sy natuurlike vorm ’n halwe kilogram donkergroen blaargroentes per dag beteken! Swanger vroue wat ongekontroleerde diabetes het, of baie oorgewig is, het ook ’n groter risiko vir abnormaliteite van die neurale buise.

Omega 3 is belangrik omdat die meeste mense nie genoeg deur hul dieet inneem nie.
Kalsium en yster is ook belangrik, maar moenie enkelaanvullings neem sonder ’n dokter se voorskrifte nie. ’n Goeie aanvulling vir swanger vroue is genoeg om goeie gesondheid te verseker.

Moenie te veel vette uitsny nie.
Vetoplosbare vitamiene (vit. A, D, E en K) is belangrik en daarom moet jy sorg dat elke maaltyd ’n bietjie vet insluit. Gesonde vette is olywe, olyfolie, avokado en die meeste neute.

Eet genoeg vars vrugte en groente om ekstra vitamiene en minerale te kry, asook die broodnodige vesel wat hardlywigheid voorkom.

Vit. D is ons sonvitamien – sit elke dag so 20 minute in die son (nie tussen 11 en 3 nie en geen son op die gesig nie!)

Was alle vrugte en groente deeglik en skil waar moontlik as jy dit vars gaan eet. Listeria is ’n bakterie wat in water en bemesting kan voorkom, maklik op vars produkte beland en in die yskas oorleef. Dit kom ook maklik voor in gerookte vleis. Verhit dus Weense worsies voor jy dit eet.

Oppas hiervoor

Ligloop vir enige rou kosse, waarsku Jeske. Vergeet van soesji, biltong, carpaccio, sasjimi of rou eiers wat in goeie roomys, sjokolademousse en tiramisu voorkom. Salmonella kan maklik op eiers, vars vleis en vis beland en daarom is dit belangrik dat jy dit goed gaar eet. Vermy selfs liggaar-biefstuk.

• Maak seker dat sagte kase soos brie en camembert en bloukaas soos roquefort en gorgonzola van gepasteuriseerde melk gemaak is, want andersins kan dit ook die bakterie listeria bevat.

Kruietee kan soms ’n probleem wees wanneer jy groot hoeveelhede drink. Daar is nie genoeg navorsing of riglyne nie en daarom is dit beter om nie oorboord te gaan nie. Onthou, groen tee bevat kafeïen net soos gewone tee. Beperk koffie tot twee en gewone tee tot drie koppies per dag. Rooibos is veilig in enige hoeveelheid.

Vermy buffetetes indien die kos al ’n paar uur lank uitgestal is, of oorblyfsels van restaurant-etes wat jy eers heelwat later in die yskas kan sit. Gee dit liewer vir Woefie.

Lees ook: Swangerskap, stres en jou werk

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

4 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

4 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

4 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

4 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.