kategorieë: Ons menseBekendes

Waar staan hartsake nou? Op my eish! se reünie-episode onthul alles

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Brendan Peyper het uiteindelik een van die 16 dames gekies, maar daar is nog brandende vrae, sommer baie. In ’n spesiale Op my eish!-reünie-episode op 11 April 2024, net op kykNET, kan kykers uitvind wat in die vyf maande sedert die verfilming van die laaste episode gebeur het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Brendan se wingman, Jo Black, sal weer aan die stuur van sake wees en vir die dames die geleentheid gee om te praat oor alles wat hulle nog op die hart het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die top-12 en twee wildcards is almal by die reünie, maar Christine kon ongelukkig nie die geleentheid bywoon nie.

Lees ook: Ontmoet die 16 dames wat Brendan Peyper vir Op my Eish! gekies het

In dié episode sal kykers uitvind hoe dit met Brendan en Janae gaan en watter van die ander dames intussen liefde gevind het. En dan is daar ook vroue wat hulle kant van die storie kom vertel.

In die laaste episode moes Brendan tussen Rachelle, Katja en Janae kies, en die gelukkige een was toe Janae.

“Ek voel ek het deur die Op my eish!-reis aansienlik gegroei en dele van myself ontdek. Dit was nie net ’n reis om liefde te vind nie, maar ook ’n reis waar ek introspeksie gedoen het en my verhouding met die Here versterk het. Dinge het partykeer onseker gevoel en daarom was dit vir my belangrik om te bly glo aan Jesus se plan,” sê Janae.

Brendan sê dat hy nooit dié ervaring sal vergeet nie. “Ek het amazing mense tydens verfilming ontmoet en is opgewonde om te sien wat nog voorlê. My EP (kort-album) Omdat jy mag, word op vandag (5 April 2024) vrygestel, en ek kan nie wag om te hoor wat almal daarvan dink nie.”

Is Brendan gereed om al die dames weer saam in een vertrek te sien? Vind Donderdag 11 April om 20:00 uit – net op kykNET (DStv-kanaal 144).

Lees ook: Bly ingeskakel: Brendan sing vir die Op my eish! dames in ’n spesiale episode – veral vir een van die vroue

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Die beste eierbroodjie

Die beste eierbroodjie Lees ook: Spek-en-eier-pasta

49 mins Gelede

Is jy ’n perfeksionis? Hoe vind jy balans?

Deur Maretha Botes Perfeksionisme is ’n tweesnydende swaard. Aan die een kant motiveer dit jou…

17 hours Gelede

Besoek Stellenzicht se unieke ekowyn-pod vir ’n uitsonderlike wynproe-ervaring

Soos jy aankom, word jy deur welige wingerde en groen heuwels begroet. Die wyn-“pod” self…

20 hours Gelede

Geurige roerbraairys

Hierdie geurige roerbraairys kry die lekkerste dadel-en-sjerrie-hoender by.

22 hours Gelede

Die beste gebruik van herfsblare in jou tuin

Die helder skakerings van oranje, rooi, geel en bruin blare gedurende die herfs is werklik…

24 hours Gelede

Leer jou breipatrone beter verstaan

Ons deel breilesse uit ons argiewe.

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.