kategorieë: Ons menseBekendes

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Armand Aucamp oor die suksesresep van die reeks, Plan B

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Maak gerus Plan B jou “Plan A” vir moet-kyk-vermaak hierdie naweek. Hierdie Deon Meyer-verhaal, wat deur Ocean’s Eleven en The Italian Job geïnspireer is, neem kykers op ’n avontuur vol aksie en spanning, maar bied ook ’n gesonde dosis humor en hart.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die bekroonde Tertius Kapp het die draaiboek geskryf, terwyl Jozua Malherbe die regie behartig het. Dit speel af teen die glansryke agtergrond van Kaapstad en Stellenbosch en die reeks spog met ’n sterrolverdeling, wat onder andere Arnold Vosloo (wat al 33 jaar in Hollywood werk), Amalia Uys, Tim Theron, Rolanda Marais, Dorette Potgieter en André Jacobs insluit.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die aksiebelaaide dramareeks word as ’n caper beskryf – ’n genre waar misdaad betrokke is, maar met ’n ligter aanslag en ’n storie vol avontuur, kwinkslae en sjarmante skurke.

Armand Aucamp neem die voortou as die sexy, slinkse Joshua Lansky wat Ragel Bergh (Amalia Uys) uit haar erfporsie bedrieg. Alles lyk vir haar verlore, maar dan kruis haar paaie met dié van Ivan Malan (Tim Theron) en sy vennoot, Paul Schmidt (Arnold Vosloo) via ’n kunswaardeerder (Dorette Potgieter), en hulle span saam om iets te kry wat al drie se probleme sal oplos: die Vlammemeisie, ’n skildery deur die meesterskilder Vermeer ter waarde van €30 miljoen. Hulle gaan wel dalk ’n bendebaas moet beroof om dit te kry …

Alliansies word gevorm, geheime word onthul en jy word aan die lag én op jou tone gehou.

Karlien Meiring het meer oor die aksiebelaaide dramareeks by Armand gaan uitvind.

Wat het jou aanvanklik na jou karakter, Joshua, en die Plan B-projek aangetrek?

Eerstens is dit ’n Deon Meyer-verhaal en ’n Tertius Kapp-draaiboek! En tweedens: Ek het die geleentheid gekry om saam met Jozua Malherbe, Cobus van den Bergh en Tim Theron te werk, iets wat ek nog altyd wou doen! Al hierdie elemente is mos nou ’n resep vir sukses. My karakter is so evil, grimy en slimy. Ek het nog nooit die geleentheid gehad om so iemand volstoom te speel nie. Ek kon regtig net laat gaan, want hy’s unbridled en doen en sê net wat hy wil. Dit was ’n ongelooflike bevrydende ervaring as akteur. Boonop was die span en materiaal so oop vir insette dat ons lekker met die tonele kon speel.

Hoe hoop jy sal kykers op die mengsel van aksie, drama en humor in Plan B reageer?

Die belangrikste van elke projek wat ek aanpak of van deel is, is dat die kykers vermaak moet word. Ek hoop die kykers is vasgenael, lag lekker en word weggevoer na die goeie ou dae met Plan B se nostalgiese styl uit die jare sewentig en tagtig – en voel daaroor soos ek as kind oor MacGyver en Baywatch gevoel het.

Joshua Lansky is ’n sjarmante karakter met ’n gladde bek. Wat gaan kykers nog van hom verras?

Soos ons in die tweede episode uitvind, is Joshua se pa die skatryk mafiabaas Zeev Lansky. Kykers gaan nog ontdek dat Joshua eintlik meer ‘n bedorwe brokkie as ‘n bad ass is. Daar’s ‘n toneel waar hy ‘n volwaardige vloermoer as ‘n volgroeide man gooi! Ons sien hom dan ewe skielik as ‘n klein seuntjie en ontwikkel dalk ‘n bietjie empatie met hom.

Die reeks bevat ’n mengsel van aksie en komedie. Wat is jou gunstelinggenre om in te werk, en hoekom?

Komedie is baie moeilik omdat so baie aspekte moet bydra tot die tempo en ritme wat ’n toneel snaaks maak. Ek weet self dat ’n groot deel daarvan in die redigeerder se stoel gebou moet word. Ek is nie natuurlik aangetrokke tot komedie nie, maar ek hou baie van aksie omdat ek ’n energieke mens is, wat van hardloop, draf, rol en spring hou! Drama bly tog my gunstelinggenre, ek geniet dramatiese karakters met subtiele eienskappe en wat met hul oë praat …

Die reeks bevat baie aksie en spanning. Wat is jou gunsteling- adrenalienbelaaide aktiwiteit of stokperdjie in die regte lewe?

Hoe ouer ek word, hoe minder hou ek van adrenalienbelaaide aktiwiteite. Ek was ’n groot adrenaline junkie toe ek jonger was, maar nou dink ek twee keer voor ek my lewe in gevaar stel – ek hou te veel van my lewe! Ek love wel alles van ’n theme park – en mis al die rollercoasters en ritte van Ratanga Junction. Ek sal nooit vergeet toe Ratanga Junction die dag oopgemaak het nie, dit was seker die gelukkigste dag van my lewe.

KYK: Plan B – Lokprent

Nuwe episodes van Plan B word Dinsdae om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) asook DStv Stream uitgesaai. Dis ook op Catch Up beskikbaar.

Lees ook: Waar staan hartsake nou? Op my eish! se reünie-episode onthul alles

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Is jy ’n perfeksionis? Hoe vind jy balans?

Deur Maretha Botes Perfeksionisme is ’n tweesnydende swaard. Aan die een kant motiveer dit jou…

14 hours Gelede

Besoek Stellenzicht se unieke ekowyn-pod vir ’n uitsonderlike wynproe-ervaring

Soos jy aankom, word jy deur welige wingerde en groen heuwels begroet. Die wyn-“pod” self…

16 hours Gelede

Geurige roerbraairys

Hierdie geurige roerbraairys kry die lekkerste dadel-en-sjerrie-hoender by.

19 hours Gelede

Die beste gebruik van herfsblare in jou tuin

Die helder skakerings van oranje, rooi, geel en bruin blare gedurende die herfs is werklik…

20 hours Gelede

Leer jou breipatrone beter verstaan

Ons deel breilesse uit ons argiewe.

2 days Gelede

Gebruik oogomlyner vir langer wimpers

Nie almal is geseënd met lang wimpers óf weet hoe om vals wimpers aan te…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.