Domaine des Dieux is top Cap Classique in mylpaal jaar

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en Danie Nel

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Verder was dit die kompetisie se mondigwording; die 30ste bestaansjaar van die Cap Classique-vereniging van vervaardigers; asook die 40ste jaar dat sy borg, die Amorim kurk-vervaardiger, amptelik in Suid-Afrika gesetel is. Amorim ondersteun die kompetisie ook al 20 jaar.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die vieringe op 22 September is, soos verlede jaar, by die restaurant van die luukse Tintswalo Atlantic in Houtbaai gehou. Hier is die land se voorste Cap Classique wyne uit 126 inskrywings, uitgesonder.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Onder die eregaste by die geleentheid was Pieter Ferreira (Voorsitter: Cap Classique Produsentevereniging), Jorge Teixeira de Sampayo (Portugese Konsul-Generaal) en Joaquim Sá (Joaquim Sá, HUB van Amorim Cork Suid-Afrika). more
Gaste is voor die funksie trakteer op ‘n verskeidenhied happies wat in die uitsonderlike styl waarvoor Tintswalo bekend is, voorberei is.

Buiten die trofee vir Beste Produsent, is Domaine des Dieux bekroon met die trofee vir Beste Brut en twee goue medaljes vir sy Claudia Brut. Die 2015-oesjaar het goud in die Brut-afdeling van die kompetisie gewen, terwyl Claudia Brut 2008 goud gewen het in die Verlengde Verouderingsklas vir wyne van agt jaar of ouer.

Die trofee vir Beste Blanc de Blancs is deur Constantia Uitsig MCC 2018 gewen, terwyl Plettenbergbaai staatmaker Newstead se Blanc de Blancs 2015 die topprys in die Verlengde Verouderingsklas gewen het. Simonsig Landgoed van Stellenbosch het twee klasse gewen met Beste Rosé vir die Kaapse Vonkel Brut Rosé 2020 sowel as Beste Nektar vir sy Vonkel Satin Nectar Rosé 2020.

Die trofee-wenners by vanjaar se kompetisie was, van links: Danie Keulder (Constantia Uitsig: Beste Blanc de Blancs), Anton Smal (Newstead: Beste Verlengde Veroudering), Megan Mullis (Domaine des Dieux: Beste Brut en Beste Produsent), Charl Schoeman (Simonsig: Beste Nektar en Beste Rosé) and Shane Mullis, ook van Domaine des Dieux.

Joaquim Sá, HUB van Amorim Cork Suid-Afrika en een van die stigterslede van die Cap Classique Uitdaging, se uitvoere het met 20% gestyg en binnelandse verkope met 50% die afgelope jaar.

Wynmaker Jeff Grier, eienaar van Villiera, is ook uitgesonder vir die Frans Malan Legacy Trofee ter erkenning van die groot rol wat hy speel in die ontwikkeling en uitbreiding van die Cap Classique kategorie.

Die sjefs van Chefs Warehouse at Tintswalo Atlantic het tydens die Cap Classique-toekennings weer hul staal gewys.
Onder die disse wat aangebied is, was ’n voorgereg van salm in ’n botter-sous, sitrus en viskuit.
Tintswalo Atlantic se uitsonderlike ligging in Houtbaai was weer die agtergrond vir vanjaar se Cap Classique Uitdaging-toekennings.

Bietjie meer oor Cap Classique:

Die term Cap Classique word in Suid-Afrika sedert 1992 gebruik – dieselfde jaar wat ’n eie Cap Classique Produsentevereniging gestig is.

Die verskil tussen Cap Classique en vonkelwyn is dat vonkelwyn ’n kunsmatige produk is, waar ’n stilwyn in ’n druktenk geplaas word en koolsuurgas (CO2) ingepomp word. Die wyn word dan uit die druktenk – onder dieselfde druk – gebottel.

Cap Classique ondergaan ’n natuurlike tweede gistingsproses in die bottel, waar die borrels  natuurlik ontwikkel. Suiker en gis word by die basiswyn gevoeg sodat bottelgisting kan plaasvind. Na die giskontak-tyd, word die gis na die nek van die bottel gedraai (remuage), waarna dit verwyder word en die finale kurk en draadjie opgesit word (disgorgement).

Dis dan ook die rede hoekom Cap Classique duurder is as vonkelwyn, omdat die proses langer én die bottel duurder is, want dit moet die druk weerstaan en verpakkingskostes is hoër.

Suid-Afrika mag nie die woord “Champenoise” of “sjampanje” gebruik nie: net sjampanje wat in Champagne, Frankyk gemaak word, mag daardie etiket dra. Die naam Cap Classique bring hulde aan die feit dat die klassieke wynmaakkuns aan die Kaap bekendgestel is deur die Frans Hugenote en die eerste bottel-gefermenteerde vonkelwyn in die Kaap, “Kaapse Vonkel” was. Dit wys ook dat dit in die tradisionele manier, soos sjampanje met tweede fermentasie in die bottel – Méthode Champenoise – gemaak word.

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Leer jou breipatrone beter verstaan

Ons deel breilesse uit ons argiewe.

8 hours Gelede

Gebruik oogomlyner vir langer wimpers

Nie almal is geseënd met lang wimpers óf weet hoe om vals wimpers aan te…

11 hours Gelede

My ma se appeltert

12 hours Gelede

5 lekker hoemoes-resepte

Hou jy van hoemoes? Dan sal 13 Mei vir jou ’n belangrike datum wees. Dié…

2 days Gelede

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

4 days Gelede

Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

In ons moderne wêreld, waar die uiterlike voorkoms blyk om al hoe belangriker te word,…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.