Genoeg vir 10.
Bestanddele
- 6 eiers geskei
- 125 ml (½ k) strooisuiker
- 125 ml (½ k) olyfolie
- 150 g (1 k) volgraanmeel
- 10 ml (2 e) bakpoeier
- 150 g (1¼ k) se suikervrye, warm sjokolade
- 180 ml (¾ k) warm water
- 50 g (¼ k) strooisuiker
- sjokolade
- 2 blikkies karamel
Metode
Voorverhit die oond tot 160 °C. Voer ’n 24 cm-losboompan deeglik met waspapier uit.
- Klits die eiergele en ½ koppie strooisuiker vir 5 min. met ’n elektriese klitser met ’n hoë spoed tot dit liggeel is.
- Verlaag die klitser se spoed en voeg die olyfolie in ’n dun straaltjie by. Hou aan klits tot al die olie bygevoeg is.
- Voeg die volgraanmeel, bakpoeier en warm sjokolade by en meng goed. Voeg laastens die water by die beslag en meng goed.
- Klits die eierwitte in ’n aparte bak tot sagtepuntstadium. Voeg die strooisuiker bietjie vir bietjie by en klits tot die eierwittte blink en glad is. Vou die geklitste eierwitte liggies by die koekmengsel in.
- Giet die mengsel in die voorbereide koekpan en bak vir ±1 uur. Laat die koek afkoel en sif ’n bietjie van die warm sjokolade oor.
