Dra blou vir diabetes en help om lewens te verander

Dit is ’n eenvoudige idee, maar ’n kragtige een. Wat as elke skool en werksplek in Suid-Afrika op Wêrelddiabetesdag blou vir diabetes dra? Dink net aan al die gesprekke wat ons kan begin, die bewustheid wat ons kan versprei en die verskil wat ons kan maak vir die een uit twee Suid-Afrikaners wat diabeteslyers is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dra iets blou vir diabetes

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Dis wat ons hierdie Wêrelddiabetesdag wil doen. Die idee is gegrond op bewusmakingsveldtogte wat in skole van stapel gestuur is. Toe #WearBlueForDiabetes laas jaar na skole gebring is, het dit goed gevaar. Skole rondom Suid-Afrika het blou gedra, het die simptome van Tipe 1-diabetes (gewoonlik word dit in kinders gediagnoseer) gedeel en familielede van die skool se leerders ondersteun wat met diabetes saamleef.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hierdie jaar neem ons dit ’n stap verder en nooi ons werksplekke om ook deel te neem.

Skryf in om blou te dra:

Dis maklik om deel te neem. Al wat jy moet doen, is:

1. Gaan na www.sweetlife.org.za/wear-blue-for-diabetes, en skryf daar in.

2. Dra op Maandag 14 November, Wêrelddiabetesdag, iets blou.

3. Neem ’n foto en gebruik die hutsmerk #WearBlueForDiabetes wanneer jy dit deel.

Jy kan ’n verskil maak!

Ons glo die antwoord op die diabeteskrisis wat ons in hierdie land in die gesig staar, is om individue te bemagtig. Ons nooi jou om ook so ’n individu te raak, en om iets blou vir diabetes op die 14de November te dra.

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

16 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.