kategorieë: Dekor

Drie blink planne om ou borde te omskep



Benodighede:

– Ou papierpoppe
– Twee porseleinbordjies
– Rig rag
Podge
– Waterbasis-vernis

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Aanwysings:
1. Knip die popklere versigtig uit en heg dit met podge op die bordjie.
2. Verseël met 5 lagies podge en rond af met vernis.
3. Neem nou die rig rag en plak dit versigtig om die randjie.
4. Volg dieselfde roetine met podge en vernis.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }



Benodighede:
Podge
– Servet
Craft-verf
– Waterbasis-vernis
– Mulberry-papier
– Skuurpapier
– Sintetiese kwas

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Aanwysings:
1. Sorg eerstens dat jou bord mooi skoon is.
2. Haal nou die lae van die servet van mekaar af sodat jy net die deel met die motief gebruik.
3. Draai die bord om en sit die servet met motief na onder oor die agterkant van die bord.
4. Neem nou die kwas wat in podge gedoop is – die kwas moet altyd nat wees met die podge.
5. Begin nou die servet heg vanaf die middel van die bord na buite.
6. Laat podge droogword en herhaal 6 keer.
7. Die oortollige servet wat oor die kante hang, kan nou afgeskuur word.
8. Verf nou die agterkant van die bord bo oor die servet met craft-verf. Herhaal 6 keer.
9. Nou kan jy Mulberry-papier bo-oor die geverfde area podge vir ’n mooi afwerking.Vernis die area 6 keer.
10. Draai nou jou kunswerk om en jy het ’n unieke bord.


Benodighede:
– 5 Wit porselein eetborde
– 5 letters wat jy by enige kunswinkel kan kry
– Swart verf
– Gom
– Waterbasis-vernis.
– Lint
– Boor met diamantpunt

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Aanwysings:
1.Verf die houtletters met ’n paar dun lagies swart verf en gee genoeg tyd om droog te word.
2. Wend twee lagies waterbasis-vernis aan.
3. Neem nou jou letters en plak dit sorgvuldig aan die bord vas.
4. Boor ’n gatjie bo-aan die bord en hang dit met ’n lint teen die muur.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

23 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.