kategorieë: Sukses en geldJou lewe

Drie goue ondernemingsreëls vir entrepreneurs

In die begin, wanneer dit veral oorweldigend is om ’n onderneming te begin, kan ander entrepreneurs se raad jou help om op die regte spoor te kom. Karlien Meiring het gaan uitvind wat Cindy se topdriereëls is wat sy volg om haar onderneming, wat nou al 11 500 volgelinge op Instagram het, suksesvol te bestuur.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Cindy Kinnear, die eienaar van Dear Dawn Clothing.
Foto: Insane Photography

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Cindy se eerste reël: Niemand sal soveel in jou produk glo soos jy nie.

Die naam Dear Dawn kom uit die Bybel uit. Dawn verwys na ’n nuwe dag, wanneer die son deur die wolke breek en dit lig, nuwe hoop sowel as perspektief bring. Cindy se hoop is dat wanneer ’n vrou ’n Dear Dawn-kledingstuk aantrek, sy goed sal voel en asof sy deur die donkerte van die wêreld kan skeur om haar lig te wys.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Iets wat eie aan Dear Dawn is, is hul toewyding tot volhoubare sakepraktyke. Hulle is ’n slow fashion-onderneming wat beteken hul klere word nie in groot volumes gemaak nie, maar word eerder plaaslik in kleiner hoeveelhede vervaardig. Hul klere is gevolglik ook van ’n hoër gehalte.

Slow fashion-ondernemings soos Dear Dawn voer niks in nie en maak alles self. Hulle koop by plaaslike materiaalwinkels, was en stryk die materiaal by plaaslike wasserye, waarna die kledingstukke na vroue in die gemeenskap gaan wat die stikwerk doen. Laastens, word dit verpak en met ’n plaaslike koerier na kliënte gestuur.

Dit is belangrik om slow fashion-ondernemings te ondersteun, want op so ’n manier ondersteun jy ook plaaslike werkskepping en help jy klein ondernemings om te groei.

Foto: Insane Photography
Foto: Insane Photography
Foto: Insane Photography

Cindy se tweede reël: Geleidelike groei is volhoubare groei.

“Volg jou droom. Moenie wag vir iemand wat dit vir jou sal doen nie. As jy dit graag wil hê, spits jou gedagtes daarop en begin. Hou net aan vorentoe beweeg, selfs al kruip jy!”

Cindy waarsku entrepreneurs dat wanneer ’n droom te groot is, loop ’n mens die risiko om nooit daaraan te begin bou nie. Sy moes haar groot droom in kleiner drome opbreek en wanneer sy nou terugkyk, kan sy sien hoe haar aanvanklike groot droom verwesenlik word.

Cindy se droom vir Dear Dawn is om aan te hou klere maak wat elke vrou van elke grootte en kleur geliefd sal laat voel. “Ek wil ook hê Dear Dawn moet so groot soos die Poetry-handelsmerk word, maar om hierdie doelwit te bereik, probeer ons eers kleiner, haalbare doelwitte te bereik wat ons in staat sal stel om teen ’n volhoubare pas te groei,” sê sy.

Volgens haar is die uitdagendste deel daarvan om ’n klein onderneming te bestuur, die motivering om voort te gaan – veral omdat sy ’n “one man show” is. In moeilike tye, haal Skrifgedeeltes haar egter deur. Behalwe om gemotiveerd te bly, sê sy ook as ondernemingsbestuurder moet jy seker maak jy bestuur en verstaan jou administrasie goed.

“Bly getrou aan jouself, jou onderneming, jou waardes en bly aan die voete van Jesus, want dan selfs wanneer die golwe kom, sal jy oukei wees.”

Cindy se derde reël: Moenie jou werk los om aan jou droom te bou nie.

Cindy het grondslagfase-onderwys studeer. Sy het ’n jaar lank as graadeenonderwyseres gewerk en toe nog ’n jaar oorsee gaan woon. Sy vertel dat God ’n begeerte in haar hart geplant het om vroue deur klere te bereik waardeur hulle hul identiteit in Jesus sal vind.

“Die begin van Dear Dawn het baie vasberadenheid en baie gebed geverg, maar het my meer geleer en gegee as wat ek ooit kon dink. Selfdissipline, geloof, uithouvermoë, vriendskappe en soveel meer. God skep ’n manier waar dit lyk of daar geen manier is nie. Dit het nie maklik gekom nie, maar dit was die moeite werd,” sê sy.

Die bestuur van Dear Dawn is nie Cindy se voltydse werk nie: Sy werk as ’n digitale bemarker vir ’n maatskappy in Pretoria.

“Hoewel ek saamstem met die konsep “spring, vlieg en hoop vir die beste” moet ’n mens slim wees wanneer jy ’n onderneming bou omdat ’n mens tog moet eet! Om ’n ander werk te hê terwyl jy aan jou droom bou, sal jou van heelwat stres bevry. Sodra jou onderneming eers volhoubaar is, kan jy jou vaste werk verlaat.”

Besoek Dear Dawn se webtuiste en volg hulle op Instagram!

Lees ook: Organiese materiale in jou huis

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Besoek Stellenzicht se unieke ekowyn-pod vir ’n uitsonderlike wynproe-ervaring

Soos jy aankom, word jy deur welige wingerde en groen heuwels begroet. Die wyn-“pod” self…

1 hour Gelede

Geurige roerbraairys

Hierdie geurige roerbraairys kry die lekkerste dadel-en-sjerrie-hoender by.

4 hours Gelede

Die beste gebruik van herfsblare in jou tuin

Die helder skakerings van oranje, rooi, geel en bruin blare gedurende die herfs is werklik…

5 hours Gelede

Leer jou breipatrone beter verstaan

Ons deel breilesse uit ons argiewe.

23 hours Gelede

Gebruik oogomlyner vir langer wimpers

Nie almal is geseënd met lang wimpers óf weet hoe om vals wimpers aan te…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.