kategorieë: Leef gesondGesondheid

Drink en bestuur: daar is veilige drankies, as jy slim kies

Drankies, van ‘n elegante glas yskoue wit wyn tot lang glase asemrowende skemerkelkies en prettige koelers, is so deel van ons gesellige saamkuier met vriende dat ons ‘n lewe daarsonder ons nie kan indink nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Gelukkig kan jy heerlik saamkuier en steeds verantwoordelik drink. Al wat jy moet doen is om jou drankies te tel – baie maklik met die blitsgids wat ons vir jou opgestel het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Van drankies en wynetiket

Dit is nie goeie maniere om glase kant en wal vol te maak nie. Etiket dikteer dat jy jou glas nooit oor die tweederde merk met wyn vul nie.

As jy die gasheer/vrou is, moet nooit jou gaste se glase opvul voor dit leeg is nie. Dit maak dit moeilik vir hulle om telling te hou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Skemerkelkies is nie koeldrank nie

Hulle lyk so prettig, en proe soos koeldrank. Maar moenie ‘n fout maak nie: die meeste kombineer twee of selfs drie  sopies van verskillende dranksoorte, en is eintlik sterk drank verdoesel in suikerstrope en vrugtesappe.

Long Island Ice Tea is alles behalwe tee. Dit bevat tipies jenewer, vodka, tequila, rum en triple sec – vyf sopies gemeng met suurlemoensap en suikerstroop om die alkohol te verbloem.

Dit is dus moeilik om uit te werk hoeveel alkohol in ‘n skemerkelkie is. Ernst Ferreira wat as student as kroegman sakgeld verdien het, het drie wenke wat dit ten minste makliker maak:

“Die spyskaart wys gewoonlik wat ons insit. Tel hoeveel soorte alkohol jy sien. Bly by die soorte met net een soort drank.

“Kyk ook na die prys. Die drank waarmee ons skemerkelkies maak is duur. Daarom is daar minder alkohol in die goedkoper items … maar ook nie altyd nie.

“Daar is altyd ‘n paar ‘mocktails‘ op die spyskaart. En as daar nie is nie, kan die meeste kroegmanne maklik ‘n skemerkelkie vir jou aanmekaar slaan. Jy moet maar net vra.”

Die beste wat jy kan doen, is om verantwoordelik te drink: Hou by een alkoholiese skemerkelkie en dan die res van die tyd op droë (alkoholvrye) drankies te kuier. Of kry van die begin af iets alkoholvry – waarvan daar deesdae heerlike soorte is, soos alkoholvrye sjampanje, biere en selfs alkohol-vrye gin-and-tonic, soos Duchess.

Lekker wenk

Hierdie skemerkelkies bevat gewoonlik net een alkoholiese sopie, met baie sap en stroop:

• Mojito
• Tequila Sunrise
• Daiquiri

Tel jou drankies, voor jy drink en bestuur

Jy moet net twee dinge regkry om verantwoordelik te drink:

Een: In watter kategorie val hierdie drankie?

en

Twee: hoeveel daarvan tel as een drankie (of een sopie)?

Eintlik is dit doodmaklik om telling te hou. Hier is jou blitsgids vir drankies.

Koelers

soos Brutal Fruit met 5% alkohol

Hoeveel daarvan tel as een drankie?    350 ml

Hoeveel is in een bottel?       350 ml

Hoeveel kan vroue daarvan drink?       Een botteltjie

En mans?       Twee botteltjies

Bier

Ook handgmaakte bier (craft beer). Die alkohol-inhoud is gewoonlik 5-6%.

Hoeveel daarvan tel as een drankie?    350 ml

Hoeveel is in een bottel?    Dit verskil. Daar is bottels van 330 ml, 340 ml, 440 ml, 500 ml en selfs 750 ml.

Hoeveel kan vroue daarvan drink?    Jy kan 350 ml drink. Jy moet dus die grootte van die botteltjie of glas in ag neem.

En mans?    Mans kan 700 ml bier drink.

Ligte bier

Soos Savannah Light. Tipies het hulle 2-3% alkohol

Hoeveel daarvan tel as een drankie?     700 ml

Hoeveel is in een bottel?    Gewoonlik 350 ml, maar veral handgemaakte bier kan in ander volumes verpak wees.

Hoeveel kan vroue daarvan drink?     Twee botteltjies

En mans?      Tot vier botteltjies

Wyn

witwyn, rooiwyn, rosé of blooswyn

Hoeveel daarvan tel as een drankie?    Wyne verskil ten opsigte van die hoeveelheid alkohol daarin, wat volgens wet op die etiket moet staan. In die reël het rooi wyn meer alkohol as wit wyn of rosé. Vir ‘n wyn met 12% alkohol is 90 ml een sopie, of 75 ml van ‘n wyn met 14% alkohol of 100 ml van ‘n wyn met 10% alkohol.

Hoeveel is in een bottel?    Die antwoord is nie so eenvoudig nie. As jy kyk na alkohol-inhoud kyk behoort jy agt glase van ‘n wyn met 12% alkohol uit een bottel te skink, of tien glase van ‘n wyn met 14% alkohol en sewe glase van ‘n wyn met 10% alkohol.

Die glasgrootte tel ook. Die groter glase hou tot 340 ml elk, en twee vol geskinkte glase is dus gelyk aan ‘n bottel. Die kleiner glase hou rondom 240 ml, en as jy hulle vol skink is drie glase gelyk aan ‘n bottel. Maar wynglase is nie groot sodat jy baie moet skink nie. Die grootte is bedoel om die boeket te laat ontwikkel, sodat jy al die geure en smake meer kan geniet.

Hoeveel kan vroue daarvan drink?  Nooit ‘n vol glas nie! Skink die groter glase net eenderde vol, terwyl die kleiner glase halfvol geskink kan word. Hou by een drankie – die verskil is te klein om ‘n tweede een te regverdig.

En mans?   Hou by twee drankies, gevul soos hierbo.

Sjampanje

Vonkelwyn en Cap Classique, wat op die Franse manier gemaak word

Hoeveel daarvan tel as een drankie?    Meestal 90-100 ml

Hoeveel is in een bottel?  Sewe tot agt glase. Een sjampanjeglas hou 150-180 ml.

Hoeveel kan vroue daarvan drink?     Een drankie is een halfvol groot sjampanjeglas tot ‘n kleiner glas wat tweederdes vol is.

En mans?  Twee sjampanjeglase, soos hierbo gevul.

Likeur

Soos Amarula met 20% alkohol. ‘n Dom Pedro bevat ook meestal een sopie likeur.

Hoeveel daarvan tel as een drankie?  50 ml

Hoeveel is in een bottel?    30 drankies in ‘n bottel. ‘n Likeurglasie hou tipies 60ml drank.

Hoeveel kan vroue daarvan drink?  ‘n Glasie is dus een drankie.

En mans?     Twee glasies.

Sjerrie, port

Altwee bevat rondom 20% alkohol

Hoeveel daarvan tel as een drankie?   50 ml

Hoeveel is in een bottel?   30 sopies in ‘n bottel. ‘n Sjerrieglas hou tipies 80ml.

Hoeveel kan vroue daarvan drink?    Een glasie, rondom tweederde vol

En mans?   Twee glasies rondom tweederdes vol

Spiritualië

Soos brandewyn, whiskey, tequila, vodka, jenewer (gin) en die drankies wat tipies in skemerkelkies gebruik word. Hulle bevat tipies 40% alkohol.

Hoeveel daarvan tel as een drankie?  25 ml

Hoeveel is in een bottel?  30 sopies. ‘n Sopieglasie (shot glass) hou tipies 25 ml

Hoeveel kan vroue daarvan drink?   Een sopie vir vroue. Jy kan byvoorbeeld een sopie brandewyn voeg by soveel Coke as wat jy verkies.

En mans?  Een dubbel sopie of twee enkel sopies.

Deel
Gepubliseer deur
Salome Delport

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.