kategorieë: KersfeesKos

Gerookte speenvarkie

Frik Oosthuizen van Santa Annas het vir ons Kersfees ’n speenvarkie van 7,7 kg gerook. Hier verduidelik hy hoe jy dit in ’n ketelbraai soos ’n Weber rook. Indien jy nie ’n speenvarkie kan kry nie, kan jy dit met ’n varkblad doen soos hier onder verduidelik. Frik laat week die vark eers vir ’n paar uur in ’n soutoplossing wat die vleis baie geurig maak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

1 heel varkblad (omtrent 4,5 kg, met die vel aan en die been nog in) of ’n speenvarkie van omtrent 7 kg.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Soutoplossing
• 3-4 liter water
• 250 ml (1 k) sout
• 250 ml (1 k) bruinsuiker
• 250 ml (1 k) whisky
• 30 ml (2 e) komynsaad
• 4 groot knoffelhuisies, fyn gekap
• 1 groot ui, geskil en fyn gekap
• 4 koppies ys

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

1 Meng die water, sout, bruinsuiker en whisky in ’n groot plastiekskottel (groot genoeg vir die vark om in te pas) en roer tot die suiker en sout opgelos is.
2 Voeg die komyn, knoffel en ui by en gooi laastens die ys by om die oplossing koud te maak. Sit die vark in die oplossing (in die yskas as dit inpas) en laat lê vir 4-6 uur. Draai die vleis een keer om.
3 Lig die vleis uit die soutoplossing en vryf met kombuis-papier droog.
4 Maak nou eers ’n vuur in die ketelbraaier. Skuif die warm kole eenkant toe sodra dit lekker gloei. Week groterige houtskaafsels goed in water.
5 Sit ’n reghoekige foeliebakkie gevul met water langs die kole neer. Sit die rooster oor die kole en laat lê die varkie/blad langs die hitte, nie bo-op nie. Gooi die deurweekte skaafsels op die kole om rook te maak. Sit die deksel op en draai die luggate halfpad toe.
6 Gebruik ’n termometer. Die temperatuur in die braaier moenie onder 100 °C. daal nie. Voeg nog kole by indien die temperatuur val. Dit help om kole in ’n koolkaggeltjie (cole shute of chimney starter) aan te steek en warm kole by te voeg wanneer die temperatuur te veel val.
7 Rook die vark vir 4-6 uur. Die interne temperatuur van die vleis moet 95 °C wees om te verseker dat dit gaar is. (Gebruik ’n vleistermometer.)
8 Haal die vark van die vuur af en laat rus vir 10 min. Trek die vleis met 2 groot vurke in rafeltjies van die been af. Lê weg.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

7 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.