kategorieë: ReisOntspanning

Doen dit hierdie vakansie

Vir ’n aktiewe dag – Golden Gate Hoogland Nasionale Park

Parkeer by ontvangs en kry ’n permit vir ’n staptog deur die bekende Brandwag Buttress. Die staptog is nie té veeleisend nie, maar die laaste gedeelte is baie steil. Dit neem sowat twee uur om op en af ​​te klim.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Onthou: Water en sonskerm. Die weer is onvoorspelbaar, so wees voorbereid.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Brandwag Buttress

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Pragtige uitsig en aasvoëls – Marakele Nasionale Park

Neem ’n rit na die Lenong-uitkykpunt. Wees op die uitkyk vir die Kaapse aasvoëls, hul nes is naby en jou geduld sal beloon word. Dit sal ’n uur duur om by die uitkykpunt te kom.

Onthou: Verkyker

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Marakele

Ontmoet die bure – Mapungubwe Nasionale Park

Die samevloeiing van riviere en die besigtigingsdekke is die ideale plek vir ’n ontspanne dag. Die Shashe- en Limpopo-rivier ontmoet mekaar by die ontmoetingspunt van Suid-Afrika, Zimbabwe en Botswana.

Onthou: piekniekmandjie

Mapungubwe Nasionale Park

Ontspanne wildrit en piekniek – Addo Olifant Nasionale Park

Ry na Jack se piekniekplek, ’n pragtige piekniekterrein weggesteek in ’n botaniese reservaat. Die piekniekplekke is semi-privaat en lok ook ’n verskeidenheid voëlsoorte. Dit sal ten minste 30 minute neem om daar te kom.

Onthou: piekniekmandjie.

Addo Olifant Nasionale Park

’n Blik van bo – Karoo Nasionale Park

Bespreek ’n begeleide toer van die Pointer-staproete. Die roete loop uit op ’n skouspelagtige uitkykpunt met uitsig oor die Karoo-landskap.

Prys: R210 per persoon

Onthou: Water, sonskerm en geskikte skoene

Karoo Nasionale Park

Antieke kuns – Bergkwagga Nasionale Park

Spandeer tyd te voet en besoek ’n paar van die kulturele erfenisterreine. Die San-mense het bewyse van hul lewenswyse in ’n aantal rotsskuilings in die park gelaat.

Prys: R202 vir volwassenes en R101 vir kinders onder 12.

Onthou: Water en sonskerm.

Uitsig oor die vallei – Camdeboo Nasionale Park

Die skouspelagtige natuurskoon van die Vallei van Verlatenheid en Toposcope lok baie besoekers. Stap die Crag Lizards Trail-roete en geniet die skoonheid.

Onthou: Water, sonskerm en geskikte skoene

Camdeboo-Nasionale-Park

Iets om te onthou – Augrabieswaterval Nasionale Park

Die hoof aantrekkingskrag in die park is die waterval. Stap op die dekpad langs die kloof. Stop by die waterval en die Twin Falls.

Onthou: kamera

Augrabieswaterval

Afdrukke in klip – Ai / Ais-Richtersveld-oorgrenspark

As jy deur die park op die pad na Namibië ry, neem ’n ompad en besigtig die hand van God. Die reuse rots met ’n handafdruk is ongeveer 15 km van Sendelingsdrift.

Onthou: Jy moet in die park met ’n 4×4 ry

Richtersveld

Historiese rit – Kgalagadi-oorgrenspark

Leer die park ken en besoek Auchterlonie. Dit is ongeveer 35 km vanaf Twee Rivieren. Dit is die ideale afstand vir ’n dagreis en laat tyd vir foto’s neem.

Onthou: Jy het ’n hoë voertuig nodig.

Kgalagadi-oorgrenspark

Bedreigde spesies – Mokala Nasionale Park

Hierdie park is die tuiste van swartwitpense, tsessebes, bastergemsbokke en buffels. Jy sien hulle almal dalk in ’n dag!

Onthou: Kom vroeg om die beste van jou dag te maak.

Mokala-Nasionale-Park

Verken die kus – Namakwa Nasionale Park

Besoek historiese grotte, robkolonies, rotsagtige oewers en wit strande op die Rooikat Eco Route. Dit is ’n 4×4-roete met ’n paar baie sanderige dele.

Onthou: Gaan roete-opsies vooraf na want die roete kan agt uur of langer duur.

Namakwa Nasionale Park

Stap die bekende ikoon – Tafelberg Nasionale Park

Pleks van om die kabelkar na bo te neem, kies ’n staproete via die Platteklip-ravyn. Jy sal ’n pragtige uitsig van Kaapstad kry as jy dit klim, maar dit is ook baie steil!

Onthou: Goeie stapskoene en relatiewe goeie fiksheidsvlakke.

Tafelberg-Nasionale-Park

Voëls van enerse vere – Weskus Nasionale Park

Hierdie park is ’n voëlkyker se paradys met ’n handvol skuilings vir voëlkykers. Ry ook rond en geniet die verskillende voëlsoorte in die fynbos.

Lighuis – Agulhas Nasionale Park

Neem die geskiedenis van die vuurtoring in voordat jy die steil trap bestyg. Geniet die uitsig oor die omgewing.

Prys: R28 vir volwassenes en R14 vir kinders onder 12.

Onthou: Besoek ook die mees suidelike punt van Afrika.

Agulhus Nasionale Park

Rustige dag – Bontebok Nasionale Park

Bestee ’n luilekker familiedag op die oewer van die Breederivier.

Pak die piekniekmandjie, bring die visstokke en onthou swemklere.

Onthou: Bring jou eie rooster.

Gannagapas – Tankwa Karoo Nasionale Park

Neem deel aan ’n pretrit en kies koers na die Gannaga-pas. Ervaar die treffende kontraste tussen die bokant van die Roggeveldberge en die Tankwa Karoo vlaktes.

Onthou: Afstande is ver

Tankwa-Karoo-Nasionale-Park

Oomblikke met reuse – Tuinroete Nasionale Park

Kuier in die bos en besoek ’n paar van die bosreuse. Die Woodville Groot Boom in Wildernis, die Diepwalle Groot Boom in Knysna en die Tsitsikamma Groot Boom is van die bekendste reuse. Al hierdie Outeniqua-geelhoutbome sal jou in verwondering laat.

Prys: R16 vir volwassenes en R9 vir kinders

Tuinroete Nasionale Park (Wildernis)

Besoek die wild – Krugerwildtuin

Sorg dat jy oopmaaktyd by die Krokodilbrug-hek is. Pak padkos vir die rit langs die S28 grondpad verby die Ntandanyathi Dam. Stop vir middagete by Onder-Sabie of Mlondozi Dam se piekniekterrein. Kies koers terug langs die H4-2-teerpad en neem ’n ompad via die seekoei-poele terug uit die poort.

Onthou: Piekniekmandjie

Artikel verskaf deur die SANParks Times.
Vir meer inligting besoek www.sanparks.org vir park-toegangsfooie.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje
Tags: vakansiereis

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

5 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

5 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

6 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

6 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.