kategorieë: Blogs

Druk my, dis diens

Hoe gebeur dit? Met die terugry tob ek. Iewers het die wêreld ons stomp gemaak vir mekaar. Mens huil nie. Veral nie oor ‘n lessenaar nie, glad nie voor jou baas nie. As jou baas ‘n man is en jy wil huil, doen dit waar hy jou nie kan sien nie. Jy gee nie ‘n kollega of ‘n vriend of vriendin sommer-net ‘n drukkie as dit nodig is nie. Pasop vir teistering. Netnou, netnou . . .
Feit bly: sonder daardie dokter se drukkie weet ek nie hoe ek op dié Donderdagmiddag my kar sou haal nie. Het ek dalk nie gesien dat dit wat ek nou moet deur nie so erg is nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

‘n Jaar gelede het ek, nog altyd aan die lomperige kant, grasieus tot aan die onderpunt van ‘n Franse trap getuimel. Later die jaar was daar ses weke se hel op krukke. Die ergste? Jouself ophys in die bad, ‘n paar van verlede seisoen se jeans probeer aantrek, jou waardigheid behou terwyl jy op jou boude by die trappe van ‘n klein vliegtuigie aarde toe hop. Het jy geweet op krukke kan jy nie jou eie koffie dra nie?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Na maande is die voet nog nie beter nie. Radeloos bel ek ons pediater, een van die min dokters vir wie ek eindelose respek het. Hy bel altyd terug, antwoord elke sms – al is dit in die nag. Dié slag weer, al is my grootmensvoet ver verwyder van sy kindertaak. Ek kry ‘n afspraak by die gawe ortopeut.
Dis diens. Soos die drukkie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Met inligting vryelik beskikbaar is daar min goed in hierdie wêreld wat een verskaffer of maatskappy onderskei van ‘n ander. Diens? Dis ‘n ander saak.

Die oproep kom laatmiddag. “Ons het ‘n dringende vergadering by ‘n ander kliënt. Weet nie of ons al die pad tot by jou sal kan ry nie. Kan ons ons vergadering na ‘n ander dag skuif?” Ek dink: sekerlik is die vergadering met my net so belangrik soos die vergadering met hulle? Ons het tog maande terug dié afspraak gemaak? “Weet jy,” hoor ek myself. “Moenie moeite doen nie. Ons hoef mekaar nie weer te sien nie.”
Die verhouding is verby.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ek stuur ‘n epos. Binne ‘n oogwink kry ek ‘n antwoord van die een geadresseerde. Die ander antwoord drie dae later. Ek praat nie weer met die laatslaper nie. Die vinnigste een het al my aandag.
Tuis krap ek in die kas, op soek na ‘n boek oor tafeldek vir ‘n skooltaak. Tussen Blignault, Branson en Brontë kry ek ‘n flenter vergeelde papier. ‘n Vergete boekmerk, vermoed ek. Leo Buscaglia. Ek herken dit dadelik. Kleintyd het Pappa met groot bewondering dié motiveringspreker se wyshede met ons gedeel. “Everybody needs a hug. It changes your metabolism.

“Everybody needs a hug. It changes your metabolism.”

Die Engelse ortopeut kyk my verskonend aan. “Ek haat dit as mense hier uitloop omdat ek agter is met my afsprake.” Hande in die hare, oë vol berou. “Ek haat dit,” sê hy weer, maak seker ek hoor. “Ek het haar teleur gestel.” Mooi, sy Afrikaans. Iemand het lank genoeg gewag en geloop.

Ek wil agterna hardloop, haar keer. “Die ortopeut is jammer. Kom gou, hy sal jou ‘n drukkie gee.”
Tot volgende week,

Marí

www.incontext.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.