kategorieë: Blogs

Dubai Meraai 2: Arabiese nagte

Dubai is die modernste, blinkste en nuutste stad wat ek al ooit gesien het. Dit lyk of iemand al die wildste en duurste argiteksdrome van die wêreld versamel het en hier kom strooi het oor die dorre woestyn. Nie dat jy eintlik agterkom jy is in ‘n woestyn as jy op die hipermoderne hoofpaaie ry en oases van waterkanale, palmbome en natuurskoon oral tussen die paleisagtige geboue opduik nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die middelman van elke hoofpad is met kleurvolle blomme versier. Een oggend nog alles rooi en wit vars blomplante en die volgende oggend…. pienk en pers. Oornag is alles uitgehaal en nuwes oorgeplant.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Wel, rondom is nog steeds woestyn en dit beteken sandduine. So… ons bespreek ‘n woestynsafari-rit vir ‘n bietjie afleiding van al die oorweldigende oorvloed.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ons word voor ons deur opgelaai in ‘n 4X4 Prado deur ‘n drywer wat soos die “computer analyst” van Beautiful in Beaufort-Wes lyk. Vaal mannetjie sonder ‘n kopdoek en met ‘n effense geil sweetruikie. Hy lyk maar stug en onindrukwekkend en al my visioene van ‘n Arabiese Ridder op sy 4X4 is daarmee heen. Oh well, dit was in elk geval ‘n spesiale aanbod, so ons klim maar in.

Die stad stop in die middel van nêrens en voor ons lê die dorre vlaktes van die Verenigde Emirate. Hier en daar ‘n bossie, ‘n verweerde boompie en te veel sand. Die eerste stop is by ‘n curio shop-cum-algemene handelaar. Hulle bied rakke vol tjek-kopdoeke, sjokolade en viltkameeltjies te koop aan en o ja, roomys ook. Die plekkie is hopeloos te klein vir al die safaritoeriste (alle verskillende safaritoere se voertuie stop hier op dieselfde tyd). Stoei vir ‘n doek en hol vir die bakkie-tyd.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Computerman praat niks en ons ry houtgerus saam – waar is die duine dan? Skielik swenk hy links af van die pad en begin “ref” oor ‘n stukkie rowwe terrein. En net daar voor ons duik rye en rye golwende sandduine op. Skielik kry ons drywer lewe, hy gooi die bakkie in “sandduinrat” en daar trek ons! Dit bokspring, gly en seil duin-af en duin-op. Sy spesialiteit is blykbaar om al op die skerpste randjie van die duin te ry en dan te kyk na watter kant ons die vinnigste kan afkronkel voor die enjin weer begin groffel en greun vir die volgende oprit. Nig J se ma doen die rit al vir die derde keer in haar lewe, maar gil en vloek die heel hardste van almal. Die ander meisies wat ook in die bakkie is verstaan nie eens Afrikaans nie, maar hulle lag dat die trane loop vir haar – dis nou as hulle nie gil dat die trane loop nie.

Ek ontdek die wonderlikste ding omtrent myself! Ek “love” absoluut die gebokspring en swenkseilery oor die duine en hits net vir computerman aan. Dis nou tot ‘n handsak my van agter tref… Ons drywer lag dat net swart tabaktanne wys en besluit daar en dan om te ry tot ek bang raak. Maar nee! Ek het my roeping gemis. In my volgende lewe kom ek definitief terug as ‘n jaagduiwel.

Toe my twee susters hees gegil is soos twee ou damganse, kom ons tot stilstand op een van die hoogste duine. Hier is die son aan die sak en die mooiste goudbruin en blertse oranje foto’s word geneem. Ons hardloop soos kinders by die duine af en sien ‘n hele groep beach (of is dit nou dune) buggies jaag op die duine langsaan.

As die son sy laaste strale oor die woestyn gooi, hou ons stil by die Bedoeinkamp. Hier wag die heerlikste fees op ons. Japattas, gebraaide skaap en slaaie. Almal sit op groot kussings langs rye kniehoogte tafels. Die oop verhoog is in die middel en bestrooi met juweelkleurige kelims. Rondom alles is daar stalletjies: vir opdress soos ‘n Arabiese familie, ’n henna-tattoëerder, sandkuns, kelimverkope, of om die hubbly bubbly te rook. Ek oortuig die susters om my te volg. Die klein rietvertrek is toe van die manne en rook, maar ek druk deur en kry ‘n pyp en tabak vir ons al drie saam. Met die eerste trek skop my asma in, maar ek gee nie op nie en teug aan. Die susters kry ook gou die trick en daar sit en rook ons toe soos drie ou gypsy-tantes dat die rookwolke staan en die manne oopmond toekyk.

Na ete kom die bellydancer op die verhoog. Sy het volop heupe en ‘n magie maar geen ken. Met die gewriemel van klokkies en chiffon dans sy in die maanlig terwyl die tromme al vinniger slaan. Ons is vooraf gewaarsku om nie saam te dans nie, maar na al die kos is die kanse maar skraal.

Laastens kom ‘n man met ‘n baie wye hoepelrok op die verhoog. Hy tol in die rondte en die rok tol saam. Al wyer en wyer en hoger en hoger tot dit tot by sy nek draai. Hy is ‘n meester met die tolletjierok en almal klap hard saam hande op maat van die musiek. Die klimaks is as die rok se liggies skielik aangeskakel word en soos ‘n woonstelblok vuurvliegies swymel en draai deur die louwarm woestynnag.

Wat ‘n aand, wat ‘n wonderlike ervaring om aan die bopunt van Afrika êrens in die woestynnag weg te stap met gypsy-musiek in jou ore en ‘n paar verdwaalde kamele wat vaag in die maanskyn lê en kou.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.