kategorieë: Lees

Botox, Barbies en Bietse: Episode 22

Slegte nuus

Harry vou Liesl in sy arms toe. Die groot beer van ’n man se hartlike drukkie is wat sy nou nodig het. Hy ruik na sonskyn … en klein hondjies. Liewe Liewe Harry. Dit voel haar sy kan vir ewig teen sy groot ou lyf rus en in sy arms wegkruip.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

“Ou wilde merrie. Moenie worry nie, als sal weer ok wees.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Harry het werkers gebring wat die chaos opruim wat die ondersoekspan agtergelaat het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Alles by die plaas is reg vir julle. Daar is ’n aparte kothuis met ’n eie badkamer en kombuis vir jou en die kinders. Dis veilig. Die plaashuis en kothuise het elektriese omheining en ek het yslike boerboele wat waghou. Maks kan by my huis bly. Hy ken die omgewing en sal versorg wees. Jy sal sien, julle sal dit geniet om weg te kom.”

Terwyl Harry en Emily haar lewe oorneem, sit Liesl en dink hoe bevoorreg sy is om sulke vriende te hê. Sy hoor hoe hulle haar koerantaflewering stop, chemikalieë in die swembad gooi en ’n veiligheidswag reël. Emily pak haar klere en Harry laai die tasse in die kar.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Liesl word weer in n Dr Harry-drukkie toegevou voor hy en Maks vertrek.

“Sien jou by die plaas, Merrie Meraai!”

Emily gee Liesl ’n harde stamp in die ribbes.

“Merrie? Mefinks daar is ’n ou hings wat ’n ogie op jou het…”

“Ag, Em, moet nou nie my en Harry se vriendskap staan en bederf met komplikasies nie. Hy is ’n pel, nes jy!”

Liesl en Emily sit tot laataand en wag vir Engela. Dis vreemd dat immer betroubare Engela nie haar woord hou nie. Liesl wou so graag die raaisel rondom Konrad oplos.

Met elke lui van die foon, wip Liesl soos sy skrik, maar daar kom geen verdere nuus oor Konrad nie.

Na lang foongesprekke met Ludwig en Erna raak Liesl doodmoeg aan die slaap.

***
Dagblad se voorblad is gewy aan die Arende se besoek aan Konrad Burger se huise, die een wat hy eens met sy gesin gedeel het, en die huis van sy minnares.

Daar is ’n aparte berig oor die liefdesdriehoek in sy lewe, kompleet met ’n glansfoto van Isa, en daarnaas ’n taamliik onvleiende foto waar sy, duidelik histeries, tydens die Arende se besoek na fotograwe beduie. Haar gesig is met verbande bedek. Die opskrif by die foto lees: “Het Isa iets om weg te steek?”

Emily kom sit by Liesl op die bed en lees met smaak voor hoe Isa ’n vloermoer voor die Arende gegooi het en hoe Henk Loots moes bontstaan om die fotograwe te beheer en om sy kliënt se vintage Barbie van die koerantvoorblaaie te hou.

“Hulle skryf hier sy het tot by die hek getrippel en die fotograwe met die tuinslang probeer wegspuit! Kyk net hierdie skreeusnaakse aksiefoto’s! Hoor net: ‘Burger se minnares, in hierdie stadium net bekend as Isa, wou nie vrae beantwoord oor die verbande op haar gesig nie, maar Dagblad kan onthul dat sy ’n gesigontrimpeling ter waarde van R40 000 ondergaan het. ’n Bron by dr. Hans du Bois, omstrede plastiese chirurg se eksklusiewe spreekkamer in Sandton, het aan Dagblad onthul dat Isa ’n gereelde klant is en die afgelope jaar bykans R100 000 op kosmetiese prosedure ondergaan het …’ Genade, wat laat mens als doen vir soveel geld? En wie het daarvoor betaal?”

Die hoofberig bespiegel oor Konrad se beweerde aandeel in bedrog van miljoene waarby sy midde oosterse konneksies glo ook betrokke is. Die bedrog en knoeiery met impakstudies van die myne syfer blykbaar tot in regeringskringe deur.

“Asof die Arabiere nie genoeg geld uit hul eie olie maak nie! Vir wat wil hulle nou ons steenkool ook inpalm? Wil hulle die hele wêreld se energiebronne beheer?”

Emily raak so meegevoer dat sy vergeet Liesl sit angstig en wag vir nuwe brokkies nuus oor Konrad.

“Skies, Liesbet, kom ons kyk of hulle iets nuuts van Konrad weet. Ek sien, ja, hier is net ’n stukkie waar hulle sê hy is in Dubai in hegtenis geneem weens bedrog. Van sy konneksies in Dubai is blykbaar ook vas. Ai, jong, ek hoop dit is alles net een groot misverstand.”

Emily blaai in die koerant rond en lees hier en daar ’n opskrif.

“Jy beter gaan stort en aantrek as ons betyds by die lughawe wil wees om Erna op te laai. Ludwig land eers twee uur daarna, maar ek het met ’n vriendin by die In Flight Hotel gereël dat ons in een van die suites kan ontspan terwyl ons wag.”

Liesl laat die warm strome van die stort oor haar gespanne rugspiere spoel. Sy is so styf soos ’n snaar en haar kop voel of dit vol watte gestop is. Haar oë krap van al die huil. Sy is verstom om Emily nog op haar bed te kry.

“Ek dog jy is haastig?”

Emily hou die koerant na haar. Sy lyk bleek.

“Hier, op bladsy twee, lees hier …”

Liesl gaan sit langs Emily. Haar klam hande maak kolle op die koerant.

“Nee! Emily! Wat is besig om te gebeur! Die ding maak my nou bang!”

Onderaan die blad glimlag Engela van Heerden se foto vir hulle. Hulle het die vorige aand vergeefs vir Engela gewag en afgelei sy het koue voete gekry.

Die koerant verduidelik hoekom immer betroubare Engela, Konrad se staatmaker by EMKO, nie opgedaag het nie:

Vrae oor EMKO sekretaresse se dood, lees die opskrif. Engela is die vorige aand in haar oprit doodgeskiet na wat vir die polisie na ‘n mislukte kaping gelyk het. Sy is langs haar motor gekry en die hek het oopgestaan.

“Wie sal Engela wil doodskiet? Sy het niemand skade gedoen nie!”

“Liesl, dalk het Engela te veel geweet? Dalk wou iemand nie hê sy moet met ons kom praat nie?”

Engela was bekend vir haar speurvernuf. Dit is hoekom sy vir Konrad so waardevol as assistent was. Sy kon enige inligting vir hom bekom. EMKO was Engela se lewe. Sy was ‘n pragtige vrou, maar nooit getroud nie. Liesl het baie keer gewonder wat in Engela se lewe verkeerd geloop het, maar Engela het nooit oor haar eie lewe gepraat nie.

“Arme Engela, haar lewe het daaruit bestaan om Konrad gelukkig te hou. Ek wonder hoeveel sy geweet het? Sy was my hoop om iets nuut oor Konrad se dinge uit te vind. Op Gerben kan ek nie staatmaak nie, my instink sê net so …”

Op pad lughawe toe is die nuus oor Konrad se inhegtenisneming en die ondersoek van die Arende op elke nuusbulletin en geselsprogram. Emily skakel die radio af.

“Harry het hierdie CD spesiaal vir jou in my kar gelos.”

Die klanke van die Dassiekuil Boere-orkes dreun oor die luidsprekers.

Die vriendinne skater.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.