kategorieë: Ons menseBekendes

DZL: manne van formaat

Vertel ons meer van DZL.

Ons het ’n lekker country-pop klank wat by alle gehore aanklank vind. Ons skryf ons eie liedjies en geniet dit om oor die lewe te skryf, die lewenspaaie wat mens loop en die emosies wat mens ervaar. Natuurlik word dit goed in die country-klanke uitgedruk en dan gee ons dit bietjie skop met ’n pop-ritme. Die lewe is goed en ons wil daaroor praat en sing. Ons album het in Mei 2016 op die rakke verskyn maar ons werk al sowat 2 jaar agter die skerms om ons handelsmerk en platform reg te kry sodat dit vroeër vanjaar bekendgestel kon word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hoe het dit gebeur dat julle besluit het om DZL te vorm?

Ons was albei solo-kunstenaars en het mekaar al by optredes en mode-geleenthede raakgeloop. Ek (Andries) het ’n optrede gehad en my kitaarspeler was reeds bespreek en daarom het ek vir Wiaan gevra om bietjie saam met my musiek te maak. Ons het so goed op die verhoog oor die weg gekom en het toe besluit om van toe af saam te werk. Ons is deur ons platemaatskappy, Next en Just Music, geteken en van toe af is ons die duo-groep. Ons werk ongelooflik lekker saam en om musiek te maak as ’n groep is soveel beter as alleen – so die keuse was maklik en ’n goeie een!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Jul eerste album is vanjaar (2016) vrygestel. Vertel ons meer daarvan.

Dit was regtig ’n lekker proses om aan die album te werk, die liedjies te skryf en intens saam met die vervaardiger te werk om die ‘DZL-klank’ vas te vang. Ons is lekker besig met vertonings binne en buite die grense van Suid-Afrika en die beste is wanneer mens sien hoe die gehoor saamsing. Ons is bevoorreg dat al drie enkelsnitte wat ons al vrygestel het op die Top 20 van radiostasies regoor die land verskyn het. Dis vir ons lekker om ons liedjies op die radio te hoor, dit laat mens elke ervaring geniet en besef dat, maak nie saak hoe klein ons begin- en afskoppunt is nie, dis genoeg en ons geniet elke oomblik! Ons het pas ons nuwe musiekvideo, Ek laaik dit, vrygestel en is ongelooflik opgewonde oor hierdie een.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Watter optrede was jul gunsteling en hoekom?

Ons was al bevoorreg om in Disneyland, Florida te sing en ook in verskeie buurlande soos Namibië en Mosambiek, maar ons harte lê in Namibië en sy mense. Die lekkerste gedeelte is die mense se honger vir die sangkultuur, die pret wat volg en die vriende wat ’n ewigheid bly!

Julle was juis onlangs in Namibië as gaskunstenaars op die Windhoek-modeweek te sien. Vertel ons meer daarvan.

Dit was ’n asemrowende produksie waarvan ander groot name ook deel was, soos David Tlale, Palse Homme, Bonang Matheba en soveel meer. Om deel te vorm en genooi te word as hul “celebrity models” was nie net ’n groot eer nie, maar ook ’n geleentheid wat ons nooit sal vergeet nie.

Op eie bodem het julle ’n besige skedule met weeklikse optredes regoor Suid-Afrika. Hoe kry julle dit reg om nie uit te brand nie en steeds tyd te maak vir jul ander projekte soos model- en televisiewerk?

Ons is baie streng daarop om by ons skedules te hou en daar is orde in alles wat ons doen. Ons beplan alles haarfyn, bly gefokus en weet dat al die ure wat elke dag ingesit word vrugte sal lewer in die toekoms. Ons is werklik bevoorreg om so besig te wees en op verskillende platforms te werk. Daar is baie mense wat nie die geleentheid het nie en dus sal ons aanhou hard werk en rus as ons oud is.

Is julle meer gemaklik op die loopplank (as modelle), of op die verhoog (as sangers)?

Dis eintlik twee verskillende kunsvorms. Die gehore kan sien waar ons harte lê wanneer ons op die verhoog is en sing. Dan kuier ons lekker en ons deel ons stories deur middel van sang. Wanneer ons modelwerk doen, vertel ons ’n ontwerper se storie in hulle kunsvorm deur sy ontwerpe te dra. As ’n bonus kan ons bietjie toer, nuwe kulture ontdek en natuurlik vriende maak.

Julle was ook vanjaar op televisie te sien. Is televisiewerk iets wat julle meer sal wil doen?

Ons was regtig bevoorreg om hierdie jaar deel te wees van die VIA TV-program ‘Lek Jou Lippe Af’ waar ons ons staal agter die kookpotte gewys het. Dit was harde werk, maar ons het dit baie geniet en sal dit sommer elke dag doen. Om te sien hoe die proses agter die skerms werk, watse beplanning daar ingaan en natuurlik ook om die eindproduk te sien was ongelooflik interessant. Ons hoop daar lê nog baie televisiewerk vir ons voor.

Hoewel julle tans baie in die kollig verkeer, is julle net so gemaklik in die bosveld en het julle ’n groot hart vir renosterbewaring. Vertel ons meer van jul betrokkenheid by Limpopo Rhino Security Group en Rhino Connect.

Ons is nie mense wat net praat nie, ons hou van ‘doen’! Dis juis waarom ons met Pretoria FM hande gevat het vir ons vrywilligersprojek, Rhino Connect, waartydens ons luisteraars en die publiek uitnooi om saam met ons tyd op renosterplase deur te bring. Dit gebeur tydens die volmaanperiodes wat ons sommer “Renostermaan”-naweke noem.

Die publiek kuier saam op die plase waar hulle patrollies loop en die besige veld help dat die stropers nie die plase indring nie. Ons is baie passievol daaroor om veral privaat renostereienaars by te staan deur projekte soos hierdie aangesien hulle geen ondersteuning van die regering of ander instansies ontvang om hul renosters te beveilig nie.

Ons is ook die ambassadeurs vir die Limpopo Rhino Security Group (LRSG) en Rhino Connect wat veral op renosterbeskerming in die Limpopo Provinsie fokus. Ons nooi dus mense wat sou belangstel om hierdie naweke mee te maak om ons te kontak by info@rhinoconnect.co.za.

Jou voete in die veld hou die stropers weg en dra by tot die groep se ongelooflike sukses teen stroping. Ons is ook bevoorreg om ons eie renoster-naamgenoot te hê; klein DZL’tjie of #DZLnoster. Die LRSG-groep het hom na ons vernoem en hy is nou al ’n volle 7 maande oud. Dis só lekker om by optredes te kom en mense vra ons hoe dit met hom gaan. Dit is ons passie om vir DZL’tjie en sy renosterfamilie te beskerm.

Wat hou 2017 vir julle in?

Ons wil alles doen, alles ervaar, ooral gaan en almal ontmoet. Ons wil nie ‘Nee’ sê vir geleenthede nie en ‘Ja’ sê vir dit wat ons bang maak en doen waaroor ons droom! Ons gaan mense vermaak, gelukkig maak en die lewe saam geniet.

Volg ons op sosiale media om op hoogte te bly!

Facebook: DZL
Twitter: @DZL_Band
Instagram: dzl_band

Luister na ons gunstelingsnit van DZL!

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

5 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

6 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

6 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.