kategorieë: Leef gesondGesondheid

E-sigaret vir jou?

Wat is dit?

Op ’n afstand, en veral in ’n fliek of saans in ’n restaurant sal hy jou kon bluf. Die e-sigaret lyk nes die ware Jakob. Party het selfs ’n gloeiende kooltjie op die punt. Maar hy is van plastiek. En daardie “kooltjie” is ’n batterygedrewe flitsliggie. Die nuwe e-stokkie is gestroop van alles wat ’n sigaret ’n sigaret maak: daar is geen geurige tabakblaarrepies of vlam of rook nie … en ook geen as om af te tik, geen onplesierige asbakkie om skoon te maak, geen rookreuk wat in die lug draal nie en, so sê die Nieu-Seelanders, “geen skade aan jou longe nie”.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Hoe werk dit? Binne-in is ’n battery en ’n buisie nikotien opgelos in propileenglikol, ’n vriesweermiddel. Wanneer jy die sigaret druk (jy sit dit in jou mond en druk die “aan” knoppie en asem in) verhit en verdamp die nikotienmengsel, wat jy dan as ’n dampwolkie nikotien inasem. So kry jy suiwer nikotien direk in jou longe afgelewer … ’n “skoon” skop sonder al die chemikalieë in die gewone sigaret. Behalwe nou die antivriesmiddel. Klink goed … of nie? Is dit soos om te kies of jy deur ’n trein of eerder ’n taxi omgery wil word? Dood sal jy, maar net deur verskillende bestuurders? Dis juis waaroor die debat gaan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wat gaan jy antwoord as jou kind, gas of werknemer vra of hulle ’n e-sigaret mag aansteek?

DIE PRO-PUNTE Nikotien in dampvorm is veiliger as nikotien wat deur smeulbranding vrygestel word. Altans so sê die e-sigaretbemarkers. Die feite is dat daar nog net drie studies gedoen is, waarvan die Nieu-Seelandse studie e-sigarette as baie veilig bevind het, maar die Griekse studie was redelik negatief. Buiten Nieu-Seeland, is al die ander erkende gesondheidsowerhede uitgesproke daarteen gekant. l Jy sal beter voel In ’n opname wat die Universiteit van Alberta verlede November gepubliseer het, het die 303 e-rokers wat deelgeneem het, aangedui dat hulle minder hoes, meer en intenser kan oefen en beter kan ruik en proe. l Dis sag op jou sak Marcus Brewster Publicity, wat die beeldpoetsingskontrak vir die Twisp hanteer, sê elke kasset kos R250 en is ekwivalent aan 200 sigarette. Hulle sê jou Twisp (of NJoy of ander soorte) gaan jou oor ‘n tydperk van ses maande 50% minder kos.

  • Dis goed vir die omgewing. Nog ’n veer wat Marcus Brewster in die Twisp se hoed inprop, is dat dit die omgewing spaar. Vir elke 300 sigarette wat jy rook, is een boom gevel. Jou tien sigarette per dag kos elke maand een boom sy bestaan. ’n Brokkie van Treehugger.com: sigaretrokers wêreldwyd gooi jaarliks 4,3 triljoen sigaretstompies weg … gelyk aan 500 000 ton vullis.
  • Dis ligter as ’n sigaret. ’n Elektriese sigaret verskaf 50-70% van die nikotien wat in ’n sigaret is, en jy rook dus outomaties “ligter”.
  • Dis nét nikotien. As ’n sigaret maar net van tabakblare gemaak was, was daar minder kankervrese. Die meeste vervaardigers hou hul handelsgeheime dig, maar dis bekend dat van mentol tot kakaogeur, valeriaan (die natuurlike alternatief vir die bensodiazepien-kalmeermiddels) en sederhoutolie bygevoeg word en dat chemikalieë soos DDT, formaldehied en arseen in sigarette aanwesig is. Daar is sowat 5 000 chemikalieë in ’n sigaret, waarvan minstens 40 bevestigde karsinogene is en 400 bevestigde gifstowwe. Daarteenoor is daar net gesuiwerde nikotien en propileenglikol in ’n e-sigaret. Die FDA gee propileenglikol ’n GRAS-gradering (generally recognized as safe), en jou liggaam breek dit maklik na glukose af. Omdat dit so veilig is, word dit wyd gebruik om bakteriese groei te keer en om vog te behou in van voedsel tot parfuum, lipstiffies, mondspoelmiddels, tandepasta, medisynes, die wynmaakproses en ook as antivriesmiddel. Die “rook” wat e-sigarette vrystel, word juis gevorm wanneer propileenglikol verdamp – dis dieselfde as verhoogrook.

Nikotien is ’n stimulant en beïnvloed verskeie hormone positief soos:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
  • jou endorfienvlak, en verminder angs en stres;
  • jou vasopressienvlak en verbeter jou geheue;
  • jou asetielcholienvlak en verskerp jou bewustheid; en
  • jou dopamien-, serotonien- en norepinefrienvlak en onderdruk jou eetlus

Die antimenings

  • Dis nog altyd nikotien. Nikotien is een van die verslawendste middels bekend. Dr. Pat Bass in die VSA sê die verslawingspotensiaal daarvan is 1 000 keer hoër as dié van alkohol; 10-100 keer meer as die barbiturate; en 5-10 keer meer as kokaïen en morfien.
  • Hoe seker is jy van die gehalte? Daar is tans geen gehaltebeheer op e-sigarette nie. Jy het net hul woord dat hul produkte veilig is. Die probleem is dat dietileenglikol (DEG) as ’n goedkoop plaasvervanger vir propileenglikol gebruik kan word – en dis dodelik. Dis nie ’n wilde aanname nie: 60-96% mense wat DEG inneem, sterf, soos in 1969 toe sewe kinders in Kaapstad dood is ná hulle ’n kalmeerstropie gedrink het, en meer onlangs in 2006 in Panama toe 1 098 mense dood is ná hulle ’n hoesstroop gebruik het waarin DEG uit China as goedkoop plaasvervanger gebruik is. Die FDA het rééds DEG in party e-sigarette opgespoor; jou risiko is veral groot as jy goedkoop kassette gebruik.
  • Die gesondheidsaansprake is vals. Esigarette is nog net vyf jaar op die mark en daar is geen langtermynnavorsing daaroor nie. Geen mens sterf aan longkanker ná ’n jaar se rook nie; gesondheidsgevare wys eers op lang termyn.
  • Rokers ervaar dit as flou. Die e-sigaret verskaf sowat 10%- 60% van die nikotien in ’n gewone sigaret. Die logiese afleiding is dat dit nie die rooklus gaan bevredig nie, en jy kan verwag om meer te wil rook om jou liggaam dieselfde nikotiendosis te gee. As jy sou terugskakel na gewone sigarette, is jy in die fisieke gewoonte om meer kere te rook, wat gaan neerkom op hoër nikotienvlakke.
  • Jy sal steeds meer rook. Jou liggaam aklimatiseer gou en het al meer nodig om dieselfde skop te kry – en die sigaretmaatskappye buit dit uit. ’n Harvard-ondersoek op al die bekende handelsmerke wys dat hulle deur die bank hul nikotieninhoud met 1,6% per jaar opstoot. Hoe meer nikotien jy inkry, hoe nadeliger vir jou gesondheid. Jy gaan ook al meer aan jou e-sigaret moet teug.

Nikotien is uiters nadelig

Daar is ’n paar studies wat die voordele van nikotien uitwys vir byvoorbeeld skisofrenie, maar hulle is verreweg in die minderheid. Nikotien is vir 99,9% van mense 99,999% van die tyd nadelig. Volgens ons plaaslike sterftestatistiek is longkanker die tweede grootste oorsaak van sterftes, met 45 000 Suid-Afrikaners wat hieraan sterf. Kansa wys daarop dat tabakgebruik jou kans op veral kankers van die longe, mond, tong, slukderm, blaas, pankreas, niere, maag, serviks en borste verhoog. En dan is daar nog die uitwerking op jou are: dit vernou jou are, verhoog jou bloeddruk en word gekoppel aan hoër cholesterol. Dit het ook ’n invloed op die gemoed, en rokers is baie meer geneig tot depressie. l E-sigarette is so omgewingskadelik soos sigarette. Die vervaardiging van die plastiek-e-sigaret en sy kassette is onbetwisbaar omgewingsonvriendelik. Die plastiekkassette en litiumbatterytjies is niebioafbreekbare besoedelaars. E-sigarette gebruik steeds die tabakplant as bron van nikotien, ’n plant wat besonder gulsig is en landbougrond ernstig verarm. Daarby is die tabakplant hoogs vatbaar vir siektes en plae, en word dit in sy groeitydperk van drie maande minstens 16 keer met kragtige gifmiddels behandel. Dis onnodige besoedeling met hormonale en ander effekte op goeie insekte én mense, en van die gifstowwe beland op die ou end in jou longe. In die VSA word apatiet op die tabakplante toegedien om die geur te verbeter. Maar apatiet bevat radium, lood en polonium – almal radioaktiewe karsinogene.


Wat gesondheidsowerhede sê

  • SA National Council Against Smoking “Buiten dat ons gekant is teen die rookgewoonte in alle vorms, is ons bekommerd oor die gehaltebeheer van die e-sigarette. Buiten DEG is daar ook nitrosamiene in party gevind, wat sterk karsinogene is.” Dr. Yussuf Saloogee, uitvoerende direkteur.
  • Departement van gesondheid “Kennis omtrent die onmiddellike en langtermyngevolge is uiters beperk. Die FDA het reeds dodelike gifstowwe in party kassette opgespoor. Ons kan geen aanbevelings maak nie.” Vercia Phaka.
  • Health New Zealand “Dis ’n baie veilige alternatief relatief tot sigarette, en ook veilig ten opsigte van al die aspekte wat ons geëvalueer het.” Dr. Murray Laugeson.
  • Kansa Die nikotien word, net soos in ’n waterpyp, direk in die longe afgelewer. Vermoedelik is dit baie nadeliger as sigarette. l Health Canada Dis moontlik veiliger as sigarette, maar kan steeds risiko’s inhou, onder meer nikotienvergiftiging (wat permanente breinskade veroorsaak) en nikotienverslawing (jy sal steeds verslaaf raak).
  • WGO Die e-sigaret kan nie as ’n wettige, suksesvolle rookstaakhulpmiddel gesien word nie, en bemarkers mag nie enige aansprake hierop maak nie.
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

6 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

6 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.