kategorieë: Leef gesondGesondheid

E-sigarette: daar is sowaar voordele

Die beste wat jy vir jouself kan doen, bly egter staan:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

• As jy nie rook nie, moenie begin nie.
• As jy kan, staak.
• As jy nie kan nie … lees verder

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

1 E-sigarette is skoon, veilige nikotien

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Al die bronne is eens hieroor: nikotien veroorsaak nie longkanker, kanker of hartskade nie. Rook is die moordenaar.

Dit gaan oor verbranding: terwyl ‘n sigaret smeul stel dit ‘n hele rits toksiese, kankerwekkende en selfs ander verslawende middels vry in die lug en in jou longe.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Anders as sigarette bevat e-sigarette net nikotien, saam met water en onskadelike middels soos gliserol en propileenglikol, wat altwee veilig is en in kos en medikasies gebruik word.

Dr. Derek Yach, een van die wêreld se invloedrykste beleidmakers oor openbare gesondheid het verlede jaar ‘n ope brief aan dr. Margaret Chan, hoof van die WGO, gevra om e-sigarette te ondersteun. Dr. Yach sê onder meer dat dit “sigarette baie effektief kan vervang, met bitter min risiko”.

Kyk net hoeveel veiliger is hulle: Volgens die American Council for Health Sciences bevat sigarette minstens 62 verskillende giftige chemikalië wat van kankers tot hartskade veroorsaak. E-sigarette bevat net elf daarvan, en almal sorteer onder die minder gevaarlike soorte. Dit bevat byvoorbeeld géén 1,3 butadieen, die gevaarlikste kankerwekker, en géén waterstofsianied, die skadelikste een vir jou hart.

Nog ‘n plus: die elf chemikalië kom in miniskule konsentrasies in e-sigarette voor. So neem e-rokers 300 keer minder nitrosamiene uit ‘n e-sigaret as uit ‘n Marlboro.

Soos dr. Yach uitwys rook mense vir nikotien. Sigarette stop hulle vol allerhande ander goed; e-sigarette gee hulle ‘n skadelose skop.

2 E-sigarette is gesonder

Ses miljoen mense sterf per jaar direk weens sigarette. Dit kos veral armer lande dermiljarde rande aan gesondheidsorg. Enige iets wat dit kan beperk moet goed wees.

Daarom, skryf dr. Yach sê in sy brief, is die gesondheidspotensiaal vir e-sigarette enorm, juis omdat dit minder gevaarlik is. Hy beskou dit selfs as ‘een van die betekenisvolste ontwikkelings van die 21ste eeu’.

In regverdigheid teenoor dr. Yach moet beklemtoon word dat hy ‘n ‘reductionist’ is – die groep wat e-sigarette ondersteun omdat dit rookskades kan beperk.

Navorsing ondersteun wel dié standpunt. So wys die ECLAT-ondersoek dat die gesondheid van mense wat oorskakel na e-sigarette binne net twee weke alreeds drasties verbeter.

In Swede het hartkwale selfs afgeneem vandat mense oorgeskakel het na snuss. (Dit is ‘n soort nat pruimtwak en lyk soos ‘n teesakkie met tabakblare. Jy hou dit ure aaneen in jou kies, met tabakkwyl wat in jou keel afloop.)

Vandat snuss so geformuleer is dat dit min nitrosamiene vrystel het selfs dit in Swede afgeneem.

3 Mense rook in elk geval

Volgens dr. Yach is die redes waarom mense begin rook en hoekom hulle dit moeilik vind om te staak komplekser as om te sê ‘moenie’ en ‘stop’.

“Ondervinding wys dat rokers nie nikotien kan of nie wil opgee nie, en sal bly rook tensy daar ‘n veiliger, aanvaarbare alternatief is”.

Ondersoeke wêreldwyd wys sowat 70% van rokers wil ophou, terwyl die bestaande rookstaakmetodes vir 4-10% mense suksesvol is.

“Mense is in die rookgewoonte vasgevang. Dit is onmenslik om mense wat nie anders kan nie te weerhou van ‘n minder skadelike opsie. E-sigarette gee rokers ten minste ‘n mate van beheer oor die skade aan hul gesondheid, as hulle dan nie kan staak nie. Dit is ook medies oneties om e-sigarette as opsie vir hierdie mense te onderdruk.”

Daarom, sê hy is sy brief, moet ons alles doen om e-sigarette toeganklik te maak, om rokers aan te moedig om daarna oor te skakel.

Bekostigbaarheid sal help, en daarom stel hy voor dat gewone sigarette selfs meer belas word.

Advertensies sal mense help oorskakel.

Dit is soos kondoomgebruik. Nie ideaal nie maar dit beperk skades.

4 Nie-rokers is ook veiliger

Tweedehandse rook is beslis ongesond. Maar wat van tweedehandse e-rook?

In een eksperiment het twee rokers en twee e-rokers in afsonderlike vertrekke vir vyf uur lank vrylik kon rook. Die lug in die e-rokers se vertrek het na vyf uur dieselfde vlakke van rookverwante chemikalië getoon as die rokers se vertrek na net elf minute.

Die halflewe van ‘n e-sigaret se damp is maar elf sekondes, teenoor 20 minute van ‘n sigaret.

Dus is dit baie minder skadelik vir nie-rokers, en is e-sigarette in openbare plekke veilig.

Dr. Yach skryf dat wetgewing oor e-sigarette se gebruik in die openbaar onvanpas is, omdat daar nie bewyse is dat dit skadelik is nie. Hy dink die eienaars en bestuurders van openbare ruimtes moet self daaroor kan besluit.

5 E-sigarette is net om mense te help wat reeds rook

Dr. Yach hou voet by stuk dat sy oorhoofse doelwit is dat tabak uitgefaseer word.

Jy moet onderskei tussen rookstaking en die beperking van rookskade: Die eerste prys is dat niemand rook nie. Tweede prys is dat dié wat reeds rook staak. Die derdebeste uitkoms is dat mense wat rook ten minste veiliger rook. Die opsie wat vermy moet word is mense net bly rook.

Dit is vir hierdie groep dat e-sigarette nuttig kan wees.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.