kategorieë: Leef gesondGesondheid

E-sigarette

Jy kan nie glo wie ’n plek vir e-sigarette sien nie. Die sogenaamde reduksioniste – ernstige navorsers en beleidmakers van gesondheid, soos die Royal College of Physicians en dr. Derek Yach, raadgewer vir wêreldleiers soos president Clinton, die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) en die Vitality Institute. Hulle glo e-sigarette gaan die gesondheidskade van rook verminder. Hulle wil selfs advertensies daarvoor toelaat en sê mense moet hul e-sigarette in die openbaar kan gebruik. Ons stel van die omstrede kwessies in perspektief.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

1 E-sigarette is skoon en bevat net veilige nikotien

Al die bronne is eens hieroor: nikotien veroorsaak nie longkanker, kanker of hartskade nie. Rook is die moordenaar. Dit gaan oor verbranding. Terwyl ’n sigaret smeul, stel dit ’n rits toksiese, kankerwekkende en selfs ander verslawende middels in die lug en in jou longe vry. Anders as sigarette bevat e-sigarette net nikotien, saam met water en onskadelike middels soos gliserol en propileenglikol, wat albei veilig is en in kos en medisyne gebruik word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Dr. Derek Yach, een van die wêreld se invloedrykste beleidmakers oor openbare gesondheid, het dr. Margaret Chan, hoof van die WGO, verlede jaar in ’n ope brief gevra om e-sigarette te ondersteun. Dr. Yach sê onder meer dit kan “sigarette baie doeltreffend vervang, met bitter min risiko”. Kyk net hoeveel veiliger is hulle: Volgens die American Council for Health Sciences bevat sigarette minstens 62 verskillende giftige chemikalieë wat van kanker tot hartskade veroorsaak. E-sigarette bevat net elf daarvan, en van die minder gevaarlike soorte. Dit bevat géén 1,3 butadieen, die gevaarlikste kankerwekker nie, en ook géén waterstofsianied, die skadelikste een vir jou hart nie.

Nog ’n plus: hierdie elf chemikalieë kom in báie klein konsentrasies in e-sigarette voor. So neem e-rokers drie honderd keer minder nitrosamien uit ’n e-sigaret in as uit ’n ander sigaret. Soos dr. Yach uitwys, rook mense vir nikotien. Sigarette stop hulle vol allerhande ander goed; e-sigarette gee hulle ’n onskadelike skop.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die ander kant

E-sigarette is allesbehalwe skadeloos, sê dr. Krisela Steyn, bestuurder van die Eenheid van Chroniese Leefstylsiektes aan die Universiteit van Kaapstad. Dit verskaf gebruikers immers die verslawendste dwelm bekend: nikotien. Nikotien is méér verslawend as heroïen. Boonop neem dit maar min nikotien om jou te vang. So wys navorsing dat die helfte van tieners ná ’n skamele 10-19 sigarette die eerste tekens van verslawing toon, sê dr. Yusuf Saloojee, direkteur van ons Nasionale Raad teen Rook. Dus, al verskaf e-sigarette 30% – 60% minder nikotien as sigarette, gaan dit jou vang as jy dit daagliks gebruik. Ontleding wys ook dat e-sigarette tog twee bekende kankerwekkers, nitrosamien en formaldehied bevat, hoewel baie minder as in sigarette.

Dr. Vash Mungal-Singh, direkteur van die Hartstigting, sê dit is ’n oorvereenvoudiging om bloot na die chemikalieë in e-sigarette te kyk en dan te sê dit is veilig. “Die nikotienoplossing word verhit, wat op net dieselfde as verbranding by gewone sigarette neerkom.

“Toegegee, daar ís minder en laer konsentrasies skadelike bestanddele in e-sigarette, maar daar is ook nie navorsing wat bevestig dit is onskadelik as jy dit dekades lank direk in jou longe inneem nie.”

2 E-sigarette is gesonder

Ses miljoen rokers sterf per jaar. Dit kos veral armer lande dermiljarde rande aan gesondheidsorg. Enige iets wat dit kan beperk, moet goed wees. Daarom, sê dr. Yach, is die gesondheidspotensiaal vir e-sigarette enorm. Hy beskou dit selfs as “een van die betekenisvolste ontwikkelings van die 21ste eeu”. Navorsing ondersteun dié standpunt. So wys die ECLAT-ondersoek dat die gesondheid van mense wat na e-sigarette oorskakel binne net twee weke drasties verbeter. In Swede het hartkwale selfs afgeneem vandat mense oorgeskakel het na snuss. (Dit is ’n soort nat pruimtwak en lyk soos ’n teesakkie met tabakblare. Jy hou dit ure aaneen in jou kies, met tabakkwyl wat in jou keel afloop.)

Die ander kant

Maar “beter af” is relatief, sê prof. Steyn. “Op ’n skaal van 10 punte kry sigarette 10 en e-sigarette 6. Ja, jy is beter af maar nie naastenby so gesond soos iemand wat nié rook nie. “In lande soos Swede en Indië waar mense nie rook nie maar snuss en bedi’s (pruimtwak) gebruik, is baie meer kankers van die mond, tong, keel, slukderm, maag en pankreas. “Dit is ’n oorvereenvoudiging om te sê dat die Sweedse voorkoms van hartsiektes laer is vanweë e-sigarette. Ander navorsers koppel dit aan hul hoë gebruik van volroommelk. Dit kan net so maklik met hul genepoel en fiksheid verband hou. “Dit is ook bekend dat nikotien kankers help groei, al veroorsaak dit nie kanker nie. Daarby verhoog nikotien jou bloeddruk,
bloedsuiker en jou kans op diabetes. Dit beskadig ook jou skildklier ( jy sal met gewig sukkel) en verlaag jou estrogeen en testosteroon.

“Vroeggebore babas, klein babas, miskrame en AAHS word gekoppel aan nikotiengebruik terwyl jy swanger is.

“Mondhigiëne is ’n probleem, met van wit mondsere, tandbederf, tandvleisontsteking en onwelriekende asem onder mense wat snuss en bedi’s gebruik. Maar niemand het nog e-sigarette lank genoeg gebruik om te weet wat die effek daarvan op die mond en longe gaan wees nie.”

3 Mense rook in elk geval

Volgens dr. Yach is die redes waarom mense begin rook en hoekom dit vir hulle moeilik is om te staak ingewikkelder as om te sê “moenie” en “stop”. “Ondervinding wys dat rokers nie nikotien kan, of wil, opgee nie, en sal bly rook tensy daar ’n veiliger, aanvaarbare alternatief is. “Mense is in die rookgewoonte vasgevang. Dit is onmenslik om mense wat nie anders kan nie van ’n minder skadelike opsie te weerhou. E-sigarette gee rokers ’n mate van beheer oor die skade aan hul gesondheid. Dit is ook medies oneties om e-sigarette as opsie vir die mense te onderdruk.” Dr. Yach sê ons moet e-sigarette toeganklik maak sodat rokers daarna oorskakel. Bekostigbaarheid sal help. Daarom stel hy voor dat gewone sigarette selfs meer belas word.

Die ander kant

Dit is onwaar dat mense in elk geval rook. In 1993 het een uit elke drie mense gerook. Vandag rook net een uit ses, wys die RGN se jongste landwye SANHANES-gesondheidsopname. Vyf uit ses van ons rook nié. Ons het dit reggekry deur rook in openbare plekke te verbied, sigaretbelasting op te stoot, advertensies te verbied, doodswaarskuwings op verpakking aan te bring en verkope te reguleer. Die WGO vier vanjaar die tiende jaar van tabakbeheer, en sien wêreldwyd sukses. Die feit is dat daar ’n afname in rook is. Die eintlike kwelling, volgens dr. Stanton Glantz, een van die grootste Amerikaanse teenstanders van die tabakbedryf, is dat dit hulle seermaak. Al die praatjies oor veiligheid en skadebeperking is niks anders as hul nuwe taktiek om hul produk verkoop te kry nie. Hy het die wêreld se omvattendste versameling van voorheen vertroulike dokumente van die tabakbedryf – 82 miljoen bladsye – byeengebring en openbaar gemaak, onder meer oor tabakbemarkingstrategieë. “As die tabakbedryf werklik ernstig oor ons gesondheid is, sal hulle vorendag kom met teikendatums vir die laaste tabakoes en die sluiting van die laaste sigaretfabriek.”

Pleks daarvan sien ons dat al die groot tabakmaatskappye biljoene in e-sigarette belê. BAT het in 2013 Vype aangekoop en toe gesê hulle reken e-sigarette gaan binne twee dekades 40% van hul inkomste inbring, met ’n omset van 10 biljoen pond per jaar. Volgens hul webwerf is hulle besig om nuwe e-produkte te ontwikkel, soos Voke.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Kristen Raath oor haar snaaksste, en vernederendste, oomblik op die stel van Wyfie

Dié toekennings, wat deur Screen International aangebied word, word op 20 Mei 2024 in Cannes, Frankryk, uitgedeel.…

9 hours Gelede

Kokkedoor se inskrywings is oop! Is jy gereed om oor die kole gehaal te word?

Soos in die eerste aflewering van Kokkedoor Vuur & Vlam in 2023, moet deelnemers vanjaar…

1 day Gelede

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 weeks Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 weeks Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 weeks Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 weeks Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.