Resepte, stilering en fotografie: Marlo Kitshoff-Carstens.
4 porsies.
Bestanddele
- bietjie olie
- 1 ui, gekap
- 5 ml (1 t) vars gekapte knoffel
- 2,5 ml (½ t) droë pietersielie
- 500 g beesmaalvleis
- 43 g (1 pakkie) potato bake (garlic and herb – Knorr)
- 2,5 ml (½ t) sout
- knypie swartpeper
- 500 ml (2 k) kookwater
- 437 ml (1¾ k) volroommelk
- 500 ml (2 k) rou skulppasta
Metode
- Verhit bietjie olie en braai ui, knoffel en pietersielie saam tot uie gaar is.
- Voeg maalvleis by en braai tot effe bruin. Roer met vurk sodat maalvleis los van mekaar is.
- Roer potato bake, sout en peper by.
- Voeg kookwater en melk by. Roer tot gemeng.
- Roer pasta by. Laat prut oor matige hitte vir 25 minute sonder kastrol se deksel. Roer af en toe.
- Wanneer tyd verstreke is, plaas deksel van kastrol bo-op en laat 10 minute op stoofplaat staan voor opdiening.
WENK: Jy kan enige pasta gebruik!

Lees ook: Maklike kaassoufflés
