Genoeg vir 6
Bestanddele
Basiese tamatiesous
- 15 ml (1 e) olyfolie
- 1 ui, fyn gekap
- 10 ml (2 t) gekapte knoffel
- 2 x 410 g-blikke heel, geskilde tamaties
- 5 ml (1 t) suiker, indien nodig
- sout en gemaalde swartpeper
Frikkadelle
- 1 ui, fyn gekap
- 500 g beesmaalvleis
- 500 g varkmaalvleis
- 15 ml (1 e) korrelmosterd
- 10 ml (2 t) gekapte knoffel
- gerasperde skil van 1 suurlemoen
- sout en gemaalde swartpeper na smaak 1 middelslag-koolkop
- 125 ml gerasperde parmesaan
Metode
Tamatiesous
- Braai die ui en knoffel in die verhitte olie tot sag.
- Voeg die tamatie by en prut vir 15 min.
- Geur met die suiker indien nodig, voeg sout en peper na smaak by en prut vir nog 15 min.
Frikkadelle
- Meng al die maalvleis, asook die ui, mosterd, knoffel en suurlemoenskil saam en geur met sout en peper.
- Vorm die maalvleis in palmgrootte frikkadelle en verkoel vir 20 min.
- Blansjeer die koolblare een vir een in gesoute, kokende water en doop dadelik in koue water.
- Voorverhit die oond tot 180 °C. Gooi die tamatiesous in ’n oondbak.
- Vou elke frikkadel in ’n koolblaar toe en pak met toegevoude kante na onder in die tamatiesous.
- Bak vir 45 min. Strooi die parmesaankaas oor en sit warm voor.
