Mexikaanse eiergebak. Resep deur Vickie de Beer
Genoeg vir 6.
Metode
- Gebruik 1 kg (2 sakkies), basiese maalvleismengsel, ontvries.
- Meng 15 ml (1 e) rooipeper, 5 ml (1 t) gekapte knoffel, 1 ml rooi brandrissievlokkies, 5 ml (1 t) droe orego, 7,5 (1 . t) paprika en 7,5 ml (1 . t) fyn komyn by.
- Geur met sout en peper.
- Werk met klam palms en rol die maalvleismengsel in handpalmgrootte balle.
- Verhit 30 ml (2 e) olyfolie in ’n pan en braai die frikkadelle oor matige hitte tot goudbruin alkant.
- Sit in ’n oondbak en gooi 2 x 410 g-blikke Mexikaans gegeurde tamatie oor.
- Maak 6 holtes tussen die frikkadelle en breek ’n eier in elke holte.
- Bak in ’n voorverhitte oond by 160 °C vir 15-20 min. of tot gaar na jou voorkeur.
- Sit die eiergebak voor met nacho-skyfies, fyn gedrukte avokado, lemmetjiewiggies en vars koljander.
