In ‘n wêreld vol kitsdiëte, bring Angelique Daubermann, beter bekend as The Lean Girl, ‘n holistiese benadering tot reg eet en gesondheid. Sy moes self leer hoe om haar gewig op koers te hou, en nou bemagtig sy ander met haar kennis en ervaring.
Sowat ’n jaar gelede het sy haar eerste fisieke produk, die resepteboek, bekendgestel. Ange se hele gesig straal van trots wanneer sy oor haar boekgesels.
“Die resepteboek bevat my top-100-resepte. Dit is ’n samestelling van mense se gunstelingkosse, die kosse waarna jy smag en daai trooskos, maar die hoë-proteïen-, lae kalorie-weergawes. Die burgers, die pizzas, die brownies, die pannekoeke, maar alles laag in kalorieë en hoog in proteïen. As jy net al die resepte in dié boek moes volg, lyk jy goed, voel jy goed,en jy eet heerlike kos.”
Sy was huiwerig om die boek uit te gee, want sy het besef ’n gedrukte resepteboek is ’n waagstuk. Sy was onseker of mense nog hardekopie-resepteboeke wil hê, maar tot op datum het sy al meer as 19 000 eksemplare verkoop. Dis baie boeke in die Suid-Afrikaanse konteks.
Een leser kan ’n eksemplaar van The Ultimate Fatloss Food Playbook wen.

Om in te skryf, vul die onderstaande vorm met die sleutelwoord uit die tydskrif in:
"*" indicates required fields
Bepalings en voorwaardes: Alle pryse in rooi rose is onderhewig aan beskikbaarheid en is nie oordraagbaar, herverkoopbaar of terugbetaalbaar vir kontant nie. Vir nog bepalings en voorwaardes, besoek www.rooirose.co.za
Lees ook: WEN ‘n Tokara Director’s-geskenkboks ter waarde van R1 500
