genoeg vir 6 dun middelslag-pizzas of 4 dikker middelslag-pizzas
Basiese pizzadeeg
Bestanddele
- 1 000 ml (4 k) broodmeel
- 10 g (1 pakkie) kitsgis
- 10 ml (2 t) sout
- 375 ml (1½ k) louwarm water
- 30 ml (2 e) olyfolie
Metode
- Meng die meel, gis en sout in ’n elektriese menger. Voeg die water en olie by terwyl die menger hardloop.
- Knie die deeg vir 5 min. in die masjien tot glad en elasties, of vir 10 min. met die hand op ’n meelbestrooide werkvlak.
- Sit die deeg in ’n skoon bak wat liggies met olie gesmeer is, smeer die deeg ook ligweg met olie. Bedek met ’n doek en laat rys tot dubbel die grootte.
Botterskorsie-gorgonzola-en-spek-pizza

Genoeg vir 6-8 klein pizzas
Bestanddele
- 1 basiese pizzadeeg (klik hier vir die resep)
- 250 g botterskorsieblokke
- olyfolie om oor te sprinkel
- sout en gemaalde swartpeper
- 5-10 ml gekapte brandrissie (meer as jy van brand hou), gemeng
- met 30 ml (2 e) olyfolie
- 150 g gorgonzola, ruweg gekrummel
- 250 g blokkiesspek, bros gebraai
- hand vol roketblare
Metode
Voorverhit die oond tot 220 °C. Verhit ’n bakplaat in die oond.
- Sit die botterskorsie op ’n ander bakplaat, sprinkel die olyfolie oor en geur na smaak. Rooster vir sowat 15 min. tot gaar.
- Verdeel die deeg in 8 balle en rol elk op ’n meelbestrooide werkvlak uit.
- Bak een pizza op ’n slag op die warm bakplaat en bak vir 5 min. tot amper gaar. Haal uit.
- Smeer die halfgaar pizza met die brandrissieolie en sit die botterskorsie, kaas en spek bo-op. Bak tot goudbruin en gaar. Herhaal met die res van die deeg. Sit voor met roketblare bo-op.
Lees ook: Glutenvrye tortilla-pizza
