kategorieë: Dekor

Eenvoudige vreugde

’n Bos rose

Die tradisionele betekenis van kleure geld nie meer nie – kies ’n kleur op grond van die gevoel wat dit uitstraal. Verskillende kleure werk op die liggaam se energievelde en stimuleer bepaalde gevoelens. Pienk ontlok gevoelens van vrede en liefde; geel optimisme; rooi beslistheid en stabiliteit. Cleopatra het haar omring met rose en selfs haar slaapkamermure met rooi rose versier (rooi stimuleer passie!) Gee dié blomme present in ’n gevoude papierhouer wat met waspapier uitgevoer is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }


Strelende seep

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Draai sepe afsonderlik toe en bind hulle met dun draad en ’n rooskwarts vas. Baie mense glo kristalle het helende kragte. Sit rooskwarts vir 20 min. in ’n bad water sodat die water die energie absorbeer en week jou daarin.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }


Linnesproei

Vir ’n heerlike nagrus: Meng een deel rooswater met twee dele water, gooi in ’n bottel en sproei oor skoon beddegoed.

Maak jou eie:
Meng 10 druppels roosolie met 100 ml gedistilleerde water en skud goed. Gebruik ook roosblare uit jou tuin. Vul ’n kastrol met roosblare, voeg net genoeg water by om dit te bedek, sit die deksel op en bring tot kookpunt. Laat met die deksel op afkoel en gooi deur ’n sif.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }


Soet drome

Laventelgeur maak jou rustig. Vul organzasakkies met laventelblommetjies en deel hulle uit. Knip organza-vierkante van 18 cm x 18 cm uit, sit ’n eetlepel laventel in die middel, bring die hoeke bymekaar en bind met ’n satynlint of koord toe. Laat maak ’n stempel met “Soet drome”, of doen dit met ’n stensil of rekenaar.


Kruiebondels

Bossies kruie lyk mooi en die geur verfris die hele vertrek. Bind ’n bossie kruie in ’n bondel, knoop ’n lus met lint en hang op. Gebruik vars of gedroogde kruie.

Roos-badsout

Meng in ’n groot bak:
400 g seesoutkristalle
200 g koeksoda
10 druppels vlugtige roosolie
10 druppels vlugtige ilangilang-olie
10 druppels vlugtige sandelhoutolie
Voeg ’n paar droë roosblare by en bêre in ’n lugdigte houer.

Sout onttrek gifstowwe en reinig glo die aura. Die geur van vlugtige olies stimuleer bepaalde gevoelens, maar herstel ook liggaamselle wanneer dit deur die vel geabsorbeer word. Roos hef op en kalmeer, sandelhout verlig angs en ilang-ilang gee selfvertroue. Vermy gedurende swangerskap.


Hemelse wierook

Bêre of gee roosgegeurde wierook – wat in groot maat los aangekoop is – in glansende organzasakkies as geskenkies. Maak die sakkie só: Sny reghoeke van organza – laat ’n naattoelating van 2 cm langs die boonste rand en ’n naattoelating van 1 cm langs die onderste en syrande. Vou 1 cm na die verkeerde kant langs die een kort kant oor die boonste rand, vou weer dieselfde breedte om om ’n soom te maak, steek vas en stik. Sit die twee lang kante teen mekaar met die verkeerde kante na mekaar en stik ’n soom van 5 mm langs die hele lengte af. Knip die hoeke en keer om (met regte kante na mekaar) en stik langs die hele lengte af om ’n rolnaat te maak, keer regte kant uit en stryk plat. Sit wierook in die sakkie en bind met ’n metaal- of satynkoord toe.

Turkse plesier

Turkse dorpe is vol lekkergoedstalletjies wat die ongelooflikste verskeidenheid Turkse lekkers verkoop. Besoekers behoort ’n uur rond te drentel en die talle smake te beproef. ’n Brit het seker net mooi dít gedoen toe hy dié lekkers “Turkish Delight” gedoop het, maar die regte naam is eintlik rahat lokum, wat “’n klein happie tevredenheid” beteken. Hierdie verruklike lekkers word gewoonlik op verjaarsdae of ander spesiale geleenthede uitgedeel, en omdat dit tot ses maande hou, word dit in die meeste Turkse huise byderhand gehou. Bring ’n sug van lekkerkry oor iemand se lippe met die sagte tekstuur en eksotiese roossmaak. Sit die salige happies in ’n kartondosie en bestuif met versiersuiker. Rond af met ’n organza-lint.

Kranse vir die tafel

Maak kransies van blare en bessies en sit dit op water of nagliggies. ’n Pragtige versiering vir die tafel of as geskenk vir die kaggelrak.

Laventelkoekies

Gee ’n basiese koekieresep ’n interessante smaak deur laventel of kruie by te voeg. Sit hulle in ’n kardoes en strooi die delikate kruieblommetjies oor.

120 g botter, by kamertemperatuur
50 g strooisuiker
180 g koekmeel
30 ml gedroogde laventelblommetjies

  • Room die botter en strooisuiker saam tot lig en donsig.
  • Voeg meel en laventel by en meng tot ’n sagte deeg. Draai in kleefplastiek toe en sit in die yskas tot stewig.
  • Rol 3 mm dik uit op ’n meelbestrooide werkvlak.
  • Sny in hartjievorms en sit op ’n bakplaat wat liggies gesmeer is.
  • Bak vir 8 – 10 min. in ’n voorverhitte oond by 180 °C of tot goudbruin.

Seepballetjies

Koeëlronde sepiegeskenke kan in sagte papier verpak en toegedraai word. Kies ’n kleur wat by die geur van die sepie pas, sny ’n vierkant wat om jou geskenk pas, bring die punte bymekaar en draai toe.

Groetestempel

’n Paar stempels is al wat jy nodig het om ’n eenvoudige geskenk, soos ’n plantjie uit die tuin spesiaal te maak. Versamel ’n paar stempels met algemene boodskappe soos “Dankie” en “Geseënde Kersfees” – skryfbehoeftewinkels het dikwels ’n verskeidenheid, of jy kan ’n klompie laat maak. Gebruik verskillende soorte ink en druk dit op gewone kaartjies.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Kokkedoor se inskrywings is oop! Is jy gereed om oor die kole gehaal te word?

Soos in die eerste aflewering van Kokkedoor Vuur & Vlam in 2023, moet deelnemers vanjaar…

22 mins Gelede

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 weeks Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.