kategorieë: Inspirasie

Mik en druk

Wanneer jy ’n digitale kamera koop, maak seker dat dit aan jou behoeftes voldoen.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Let veral op die volgende:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
  • Soort lens. ’n Lens wat in en uit kan fokus, is veelsydiger.
  • Grootte van foto’s. As jy slegs poskaartgrootte foto’s wil druk, is ’n kamera van drie megapixels voldoende. Vir A4-grootte foto’s is ’n kamera van minstens ses megapixels nodig.
  • ’n Ingeboude flits is baie nuttig. Jy wil nie dat swak lig tussen jou en ’n tasbare herinnering aan ’n kosbare oomblik staan nie.
  • As jy foto’s naby water wil neem, kry ’n omhulsel om jou kamera te beskerm, of kry ’n waterbestande kamera.
  • Hoe groter die foto, hoe meer ruimte neem dit op jou geheuekaart in beslag. As jy van plan is om baie foto’s te neem, maak seker jy neem ’n ekstra geheuekaart of ’n skootrekenaar saam waarop jy die foto’s kan aflaai.

Verbeter jou foto’s

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Gebruik die volgende lense:

  • ’n Langer lens om foto’s van mense te neem, anders kan die gesigte dalk verwronge lyk.
  • ’n Wyer lens wanneer jy ’n landskap afneem, dit vang die gevoel van uitgestrekte ruimte mooi vas.
  • ’n Lens met makroverstelling wanneer jy blomme of ander voorwerpe van naby wil afneem.

Filters
Gepolariseerde filters laat die lug meer dramaties in landskapfoto’s lyk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Foto’s van mense

Kinders
Interessante hoeke is baie belangrik, veral as jy kinders afneem. Dit is belangrik om kinders nie van bo af te neem nie. Neem hulle eerder van ’n laer hoek af. Neem hulle af terwyl hulle speel, en nog beter, as hulle nie bewus is jy neem hulle af nie.

Ander

  • Moenie die foto so wyd neem dat die mens in die agtergrond wegraak nie.
  • Besluit watter formaat – vertikaal of horisontaal – die foto die beste sal pas.
  • Gebruik hoër en laer hoeke om verskillende effekte te skep.
  • Gebruik ’n langer lens as jy ’n vlakby foto van ’n gesig wil neem.

Groepe
Dis moeilik om groepe goed af te neem. Natuurlike, ongeposeerde groepfoto’s werk die beste. Moenie ’n stywe foto neem met almal wat in ’n ry staan nie. Laat die mense eerder naby mekaar staan, met heelwat agtergrond sigbaar. Die agtergrond sal jou ook help om later die gebeurtenis beter te kan onthou. Maak seker die son skyn nie in die mense se gesigte nie. Maak vrede daarmee dat iemand se oë altyd toe sal wees.

Kleur of wit-swart
Baie foto’s is treffender as dit wit-swart is. Dit is baie maklik om ’n kleurfoto na wit-swart op jou rekenaar te verander. As jy dink dit werk nie, kan jy dit net terug verander.

Landskap

  • Die tyd van die dag is baie belangrik wanneer jy ’n landskap afneem.
  • Die beste tyd vir landskapfoto’s is vroegoggend of laatmiddag.
  • Gebruik interessante hoeke en maak seker daar is ’n fokuspunt.
  • Gebruik ’n driepootstander as die lig te min is. Dit help om bewegingsteurnis te voorkom.
  • Dramatiese wolke en kleure is belangrik.

Komposisie
Maak seker daar is altyd ’n fokuspunt deur kleur, lyn of skaal te gebruik. Kleur en eenvoud in ’n komposisie werk altyd goed. Gebruik diagonale lyne om die komposisie treffender te maak. Weerkaatsing op water kan ’n spieëlbeeld gee.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Die regte medisyne vir verkoue

JY KAN jou seer keel en koors self dokter én stukke beter voel. Ons wys…

4 hours Gelede

Wynproe en stap: Die nuutste ervaring by Blaauwklippen

Woorde en foto’s: Clifford Roberts Ek wil glo dat, soos ek, elke nuwe staptog met…

21 hours Gelede

Ontdek die topervaring waar alles met Club Med ingesluit is

As jy nie die konsep ken nie, stel ons jou graag daaraan bekend: Dis ’n…

1 day Gelede

Ons Moedersdaggeskenkgids: Kreatiewe geskenke wat wys jy gee om

rooi rose intekening Teken in of hernu jou intekening op die gedrukte weergawe vir net…

1 day Gelede

Kristen Raath oor haar snaaksste, en vernederendste, oomblik op die stel van Wyfie

Dié toekennings, wat deur Screen International aangebied word, word op 20 Mei 2024 in Cannes, Frankryk, uitgedeel.…

2 days Gelede

Kokkedoor se inskrywings is oop! Is jy gereed om oor die kole gehaal te word?

Soos in die eerste aflewering van Kokkedoor Vuur & Vlam in 2023, moet deelnemers vanjaar…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.