Eggnog-Kerskoek deur Vickie de Beer. Foto: Lindy Kriek
Genoeg vir 4-6.
Bestanddele
Koek
- 30 ml (2 e) botter, gesmelt
- 120 g (⅓ k) strooisuiker
- 190 g (1½ k) koekmeel
- 7,5 ml (1½ t) bakpoeier
- 2,5 ml (½ t) sout
- 2,5 ml (½ t) fyn kaneel
- 100 g (½ k) botter, by kamertemperatuur
- 125 g (½ k) witsuiker
- 110 g (½ k) bruinsuiker
- 3 eiers
- 5 ml (1 t) vanieljegeursel
- 125 ml (½ k) kondensmelk
- 125 ml (½ k) room
- 30 ml (2 e) rum-geursel
- 30 ml (2 e) versiersuiker
- 4-6 roosmaryntakkies
Rumstroop
- 125 ml (½ k) water
- 125 g (½ k) witsuiker
- 30 ml (2 e) rum
Metode
- Koek: Voorverhit die oond tot 180 ˚C. Smeer ’n 16,5 cm-bundt-koekpan met ’n inhoudsmaat van 1,25 liter met botter en sprinkel liggies met strooisuiker.
- Meng die koekmeel, bakpoeier, sout en kaneel in ’n middelslag-mengbak. Hou eenkant.
- Klits die botter en wit- en bruinsuiker met ’n elektriese klitser tot romerig.
- Verlaag die spoed en voeg die eiers een vir een by. Klits goed na elke byvoeging. Voeg die vanieljegeursel by en meng goed deur.
- Meng die kondensmelk, room en rumgeursel in ’n mengbak en hou eenkant.
- Voeg die meel en kondensmelkmengsel om die beurt by die bottermengsel, meng deur.
- Gooi die mengsel in die pannetjie en bak vir sowat 45-50 min. of tot die toetspen skoon uitkom.
- Laat staan die koek vir 10 min. op ’n afkoelrak voor jy dit uitkeer.
- Rumstroop: Gooi al die bestanddele in ’n kastrol en laat prut vir 5-10 min. oor ’n lae hitte, of tot die suiker opgelos is.
- Gooi die warm stroop oor die afgekoelde koek.
- Strooi versiersuiker oor sodat dit soos sneeu lyk en druk roosmaryntakkies onderstebo in op die koek om soos Kersboompies te lyk.
