kategorieë: VerhoudingsJou lewe

Egskeidingmediasie: goedkoper, vinniger en makliker

Deur Mariette Snyman. Foto: laflor/istock images

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Hoewel mediasie algemeen ingespan word in ruimtes soos die Suid-Afrikaanse arbeidsreg, is dit nog nie so bekend wanneer egskeiding en ander gesinskwessies ter sprake kom nie. Lande soos Australië maak egskeidingmediasie verpligtend omdat hulle tereg meen ’n opponerende benadering tot gesinsake verswaar nie net die las op die howe nie; dit is ’n duur manier om geskille te besleg en veral onvanpas waar kinders betrokke is. Daarom word mediasie en versoening aangemoedig, eerder as ’n regsgeding,” verduidelik Grace van Heeswijk, die direkteur van Van Heeswijk, GW Attorneys t/a Wilhelmina Mediation in Johannesburg.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ons het met Grace gesels om uit te vind hoe egskeidingmediasie werk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wat behels mediasie?

“Mediasie is ’n bekostigbare, vinnige alternatief tot ’n regsgeding wat verseker dat die proses vir albei partye die minimum trauma inhou.

In sekere gevalle het die konflik só gesneeubal dat hulle nie doeltreffend kan kommunikeer nie, laat staan nog tot ’n vergelyk kom. Indien hulle nie verder wil saamleef nie, help mediasie om die egskeiding of permanente skeiding op ’n gunstige manier te bewerkstellig.

’n Onpartydige derde persoon, die mediator, fasiliteer die kommunikasie sodat die twee partye binne ’n kort tyd realistiese, praktiese reëlings kan tref. In die geval van ’n egskeiding is die reëlings op elkeen se behoeftes, en dié van die kinders, afgestem.”

Lees ook: Die ander nadraai van egskeiding

Die proses is vertroulik en sonder vooroordeel

“Die besluite en ooreenkomste kom van die betrokke partye self. Hulle neem eienaarskap en verantwoordelikheid vir die proses. Die mediator is daar om te fasiliteer en, waar nodig, regskennis te verskaf. Die partye stel die agenda op en bepaal die tempo van die proses.

Die proses is vertroulik en sonder vooroordeel. Niks wat tydens mediasie gesê word, kan teen die ander party gebruik word of buite die mediasieruimte herhaal word nie. (Indien dit sou gebeur, mag dit die einde van die mediasieproses beteken, en dan is ’n regsgeding die enigste oorblywende opsie. ’n Hof sal ook weier om getuienis wat uit ’n mediasie spruit, aan te hoor.)

Volledige deursigtigheid, vertroue in en verbintenis tot die proses is deurslaggewend vir die sukses daarvan.

Wanneer kinders deur die egskeiding of permanente skeiding geraak gaan word, word daar in hul beste belang opgetree.  ’n Onderhoud met die kind of kinders word op ’n ouderdoms- en ontwikkelingsvlakgepaste manier gevoer om vas te stel wat hul wense en sienings is.

Mediasie fokus onder meer op onderhoud, ’n ouerskapplan, verdeling van bates, familiedispute, “doen-dit-self”-egskeidings, onbestrede egskeidings met bystand, en regskundige dienste.”

Lees ook: Egskeiding hoef jou nie te breek nie

Egskeiding: Kinders vir die naweek

Hoe gemaak wanneer een party mediasie voorstaan, en die ander een nie?

“Ek sou die persoon vra of hulle die probleemsituasie wil oplos, en of hulle eerder wil “wen”. Tydens mediasie is daar geen wenners of verloorders nie, slegs ’n aansienlik groter kans om tot ’n vergelyk te kom.

Indien mense besef wat die emosionele en finansiële koste van ’n regsgeding behels, help dit ook. Een van my kliënte het onlangs meer as R3 000 000 aan regskoste bestee.”

Hoe verloop die proses?

“Mediasie is ’n vrywillige proses. Die partye onderteken aan die begin albei ’n ooreenkoms tot mediasie. So wys hulle hul vertroue in en verbintenis tot die proses. Hierdie dokument is sonder vooroordeel en kan nie in die hof teen iemand gebruik word nie. Die proses is volkome konfidensieel.

Sodra hierdie ooreenkoms geteken is, kom die partye en die mediator in ’n informele ruimte saam sodat die mediator die proses kan fasiliteer en rig. Die partye bespreek die punte wat hulle op die agenda gesit het en kom telkens tot ’n vergelyk.”

Die memorandum van begrip word ingesluit in die egskeidingsbevel

“’n Sogenaamde “memorandum van begrip” (memorandum of understanding) word deur die mediator opgetrek en deur die partye onderteken.

In die geval van ’n egskeiding besluit die partye wie verantwoordelik gaan wees daarvoor om prokureurs aan te stel wat die memorandum van begrip in ’n wetlik bindende dokument, die skikkingsooreenkoms, kan saamvat. Dit word dan deur beide partye onderteken en word ingesluit in die egskeidingsbevel wat deur die hof uitgereik word.”

Wat mediasie nié is nie

  • Mediasie is nie berading nie. Dis bedoel vir mense wat besluit het om te skei of, indien hulle nie getroud is nie, permanent uitmekaar wil gaan.
  • Mediasie is nie regsadvies nie. Hoewel die mediator ’n gekwalifiseerde prokureur kan wees, is die doelstelling van mediasie om ’n ooreenkoms te bereik met bewustheid van die wetlike regte en verantwoordelikhede wat betrokke is. Die mediator mag wel gepaste regskennis beskikbaar stel om die proses aan te help.

Meer inligting by Van Heeswijk, GW Attorneys t/a Wilhelmina Mediation, Rosebank, Johannesburg, tel. 011 759 4003 of www.wmediation.co.za

Lees ook: 10 goed wat jy kan doen om aan te gaan met jou lewe na ’n egskeiding

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

7 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

7 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

7 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.