kategorieë: DieetGesondheid

3 eier-FUDs waaronder jy nie moet ly nie

3 Eier-FUDs waaronder jy nie moet ly nie deur Salomé Delport

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

FUDs oor eiers is volop as jy op die internet verdwaal. Jy weet jy moenie sommer enige een se woord aanvaar nie, maar berigte van negatiewe nuus laat mens altyd twyfel en kort voor lank bly jy liewer weg van eiers. Net in geval. As jy vermoed FUDs sit agter énige van jou gesondheidskeuses hoe skei jy die feite van die fiksie?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wag, wat is ’n eier FUD?

Wikipedia definieer FUD so: Fear, uncertainty, and doubt. (This) is a disinformation strategy used in sales, marketing, public relations, politics, cults and propaganda. FUD is generally a strategy to influence perception by disseminating negative and dubious or false information and appeal to fear.

FUD-gedrewe stellings vorm inderdaad die basis van die hope vals nuus waarmee ons op ’n daaglikse basis gebombardeer word. Dis weens ons eie vrese, twyfel en onsekerhede dat ons soos poppe vir allerlei vreesaanjaende gesondheidsuitsprake val – en ewe hard val vir enige iets wat beloof om ons gesond te maak.

As dit by jou gesondheid kom behoort bewys-gebaseerde (evidence-based) riglyne die heel swaarste te weeg. As jy al gewonder het oor die voedsaamheid versus FUD-gebaseerde gevare van eiers kyk eers na wat die bewyse eintlik sê.

3 eier-mites waarvoor jy te slim is om te val

Hier is 3 eier-mites waarvoor jy te slim is om te val:

FUD-gedrewe stelling #1: Eiers (spesifiek die geel) is propvol vet

Eet elke dag ’n eier, en jy word so rond soos ’n vetgevoerde Moeder Hen.

Watter vals feite bevestig jou vrees oor die vette in eiers?

Jy voel aan jou eie lyf hoe vol vet ’n eier – spesifiek die geel – is. Na een eier is jy immers totaal versadig. Boonop hoor ons kort-kort ons moet dierevette uitsny. Eiers bevat dierevette. As jy nie ’n banter is nie gebruik jy laevet melk en sny die vetjies van jou vleis af – en vermy die eiers.

Die regte inligting
Die waarheid is dat eiers eintlik min vette bevat, volgens alle voedingstabelle. So vergelyk ’n eier met kaas en vleis ten opsigte van hul vetinhoud:

  • een eier             5-6g vette
  • botter                5g vette per teelepel
  • kaas                  10-12g vette per eetlepel (genoeg vir ’n toebroodjie.)
  • vleis                  10-20 g vette per porsie, as dit nie in olie gebraai is nie.

Dus, is daar eintlik min vette in ’n eier. Daarby bevat dit dubbeld soveel van die goeie onversadigde vette as versadigde vette. Dit bevat ook byna geen transvette nie. Oor die vette in ’n eier hoef jy jou glad nie te bekommer nie – veral nie as jy dit posjeer of kook of gaarmaak met min en gesonde olies nie.

Boonop is ’n eier ’n kilojoule-winskopie soos min ander kosse. Vir net 240 kJs kry jy beduidende hoeveelhede van jou daaglikse behoefte aan vitamien A, B12, B5, B2, D, E en K, asook selenium, zeaxantien, luteïen, fosfor en selfs ’n bietjie kalsium en sink.

Lees ook: Is eiergeel gesond? Ons het gaan uitvind

3 eier-mites waarvoor jy te slim is om te val

FUD-gedrewe stelling #2: Eiers en hoenderborsies veroorsaak borskanker

Watter skeefgetrekte inligting laat jou twyfel oor eiers se veiligheid ten opsigte van kanker?

Dit is mos waar dat jong hoenders groeihormone in hul voer ontvang sodat hulle vinniger kan groei. Dit klink dus logies dat hoendervleis propvol hormone moet wees. Daarom, as jy baie hoendervleis en eiers eet, vergroot jou kans op kanker. Borskanker is die algemeenste kanker onder vroue, en so kom jy by hoenders en borskanker uit. Jy vrees in elk geval alle kankers, en vermy enige iets wat kanker kan veroorsaak.

Die regte inligting

Daar is nie ’n verband tussen eiers en/of hoenderborsies en kanker nie, sê prof Walter Willet van die Harvard Mediese Skool.

Hy baseer sy uitspraak op die wêreldbekende Nurses Health Study, waaraan 44 231 vroue deelgeneem het. Van hulle het 1 132 borskanker ontwikkel. Maar eiers was nie die gemeenskaplike faktor nie. Ontleding van hul eetpatrone wys dat borskanker veral ontwikkel het by dié wat as tieners die meeste rooivleis geëet het. As net een porsie rooivleis vervang is deur hoendervleis, vis of ’n proteïengroente het hul risiko op borskanker voor die menopouse met 24% verminder.

Beteken dit jy moet rooivleis van nou af uitsny? Glad nie. Almal het vitamien B12 nodig, waarvan rooivleis ’n baie ryk bron is. Die boodskap is dus dat jy rooivleis nie moet vermy nie maar net verminder. Vervang partykeer jou rooivleis deur hoendervleis en eiers.

’n Maklike riglyn:

  • Beperk rooivleis tot twee, drie keer per week
  • Onthou vet vis soos makriel of salm een keer per week, en
  • Geniet hoendervleis en eiers die res van die week.

Lees ook: Eiers: Jy vra, ons antwoord

FUD-gedrewe stelling #3: Eiers is sleg vir jou hart

Watter skeefgetrekte feite laat jou aan eiers se voordele vir jou hart laat twyfel?

Hoë cholesterol, natuurlik. Dit word aan hartsiektes gekoppel, en eiers is hoog in cholesterol. Om die waarheid te sê bevat dit volgens die meeste voedingstabelle van 140mg per klein eier tot ’n yslike 240mg cholesterol in die heel grotes.

Jy vrees hartsiekte en/of beroerte. Dié twee is immers die hoofoorsaak van sterftes in die Weste en in ons land. Boonop is jou ma op 94 aan haar hart oorlede. Daarom beperk jy jouself en almal in die huis tot drie per week.

Daarby is daar vanjaar twee groot ondersoeke oor eiers en hartgesondheid gepubliseer, waarvan die Amerikaanse een eiers aan hartsiektes koppel.

Is jou eier-FUD gegrond? Moet jy maar liewer voortaan fokus op omelet van eierwitte? Dit hang af …

Lees ook: Eiers en hartlyers

Die regte inligting

Die Science Media Center, ’n Britse regeringsorganisasie wat vals en foutiewe interpretasies van navorsing op die internet met deeglike, wetenskaplik verantwoordbare perspektiewe teenwerk, wys op tekortkominge in die JAMA-ondersoek:

Die ondersoek het nie gekyk na hóé die eier geëet is nie. Een eier geposjeer op tamatiesmoor is iets heeltemal anders as twee eiers saam met ’n yslike hoop diepgebraaide aartappelskyfies, ’n tjoppie, spek en worsies op ’n wit broodrolletjie.

Die nuwe, meer realistiese tendens in dieetnavorsing is om nie net na een komponent (soos HDL- of LDL-cholesterol) van ’n kositem (soos eiers) te kyk nie. Alles wat jy eet moet ‘gelees’ word as integrale deel van jou leefstyl, wat insluit wát jy eet en hóé jy dit gaarmaak, asook ander aspekte soos hoe aktief jy is, jou gene en jou familiegeskiedenis. Die interaksie van alles sáám bepaal die effek daarvan, of jou hartgesondheid in hierdie geval.

Die Science Media Center wys daarop dat die Amerikaanse ondersoekers self sê dat hulle nie kon onderskei tussen mense wat eiers op ’n gesonde manier eet en dié wat eiers as deel van die ongesonde hamburgerkultuur eet nie.

Nog ‘n belangrike oorweging voor ons besluit eiers veroorsaak hartsiektes, sê die Science Media Center, is dat ál die ander groot ondersoeke van die afgelope twintig jaar wys dat eiers nie aan hartsterftes en selfs hartsiektes gekoppel kan word nie. Hierdie ondersoeke se bevinding is steeds geldig.

Ironies genoeg is die resultate van die Chinese Guangzhou ondersoek toevallig ook in Maart vanjaar gepubliseer – en juis eiers se gesondheidsvoordele vir jou hart bevestig. Hierdie ondersoek onder 28 000 mans het die hartgesondheid van mense wat minder as een eier per week eet vergelyk met mense wat meer as sewe per week eet. Buiten dat hulle glad nie eiers aan enige soort hartsiekte kon koppel nie het hulle ook effens mínder beroertes opgemerk onder mans wat eiers geëet het.

In die lig hiervan moet die Amerikaanse ondersoek saam met al die vorige ondersoeke se bevindings eerder gelees word as dat eiers gesonde kos is, afhangende van hoe jy dit gaarmaak en wat jy daarmee saam eet. Onthou, selfs manna uit die hemel kan in ongesonde kos verander.

Daar is wel ander sterk bewese oorsake vir hartsiektes. Die groot Framingham-ondersoek wat al van 1948 loop wys ook dat eiers niks met hartgesondheid te doen het nie. Die hoofbevindings van die Framingham-ondersoek wys op ánder oorsake van hartsiektes, spesifiek

  • Rook verhoog jou risiko op hartsiektes – jy kan nie rook of vape en dan eiers die skuld gee nie.
  • Hoë cholesterol verhoog jou risiko op hartsiektes – maar skynbaar het dit meer te doen met hoe jou liggaam cholesterol hanteer as met hoeveel cholesterol jy deur jou kos inkry.
  • HDL-cholesterol verlaag jou risiko op hartsiektes – eiers is ’n goeie bron van HDL-cholesterol.
  • Hoë bloeddruk verhoog jou risiko op hartsiektes – dit het niks met eiers te doen nie.
  • Oorgewig verhoog jou risiko op hartsiektes – eiers is versadigend en help jou minder peusel, wat help dat jy jou gewig makliker beheer.
  • Oefening verminder jou risiko op hartsiektes – onfiksheid is nie aan eiers te wyte nie; eiers gee jou stamina sodat jy langer kan oefen.
  • Vroue het na die menopouse ’n hoër jou risiko op hartsiektes – hoe ouer jy is hoe groter raak jou risiko op hartkwale.
  • Goeie sosiale ankers (soos ’n gelukkige verhouding) beskerm jou matig teen hartsiektes.

Die Suid-Afrikaanse Heart and Stroke Foundation se aanbeveling oor eiers vat alles oor eiers mooi saam:

  1. Hulle sê eiers is goed is vir jou.
  2. Daarom stel hulle geen beperkings op die aantal eiers wat jy per week eet nie.
  3. Maar hou matigheid in gedagte. Vyf of sewe eiers per week is piekfyn; twaalf per dag nie.

Deel
Gepubliseer deur
Salome Delport

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.