kategorieë: NaelsSkoonheid

Naeltrend: Safari Naelkuns

Naeltrend: Safari Naelkuns deur Corné Greeff Hooffoto: Flufi/istock images

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Wanneer ek al die dierepatrone sien op klere, dekor en op naels raak ek sommer lus vir ’n Afrika-safari!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Indien jy bang is jy kan soos ’n luiperd of sebra begin lyk en nog nie jou klerekas wil vervang met ’n klompie luiperdmotief-uitrustings nie, is dit dalk die beste om eers by jou naels te begin.

Lees ook: Naelkuns: Dieremaniere

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Morgan Taylor wys ons hoe jy die perfekte sebra- en luiperdmotief-naelkuns kan skep:

Safari Naelkuns

Stap 1

Berei jou naels voor en wend dan ’n basislagie op jou naels aan. Wag tot dit heeltemal droog is en wend dan enige naellak van jou keuse aan (Morgan Taylor se Safari No Sudden Mauves is hier gebruik). Vir beter dekking gaan jy dalk meer as een lagie moet aanwend.

Stap 2

Vir dié stap gaan jy ’n ander skakering naellak benodig (Morgan Taylor se Safari Are You Lion to Me? is vir die stap gebruik) asook ’n sponsie. Neem nou die sponsie en skep ’n halfmaan vorm daarmee deur ’n gradient van lig na donker na die punt van die nael te skep.

Laat dit dan ordentlik droog raak.

Stap 3

Gebruik ’n klein kwassie en maak nou kolle naby jou naelbed (die skakering wat in dié stap gebruik is, is die Morgan Taylor Safari Wanna Share a Tent).

Stap 4

Neem nou ’n swart naellak-kleur (Morgan Taylor se Safari Black Shadow is hier gebruik) en maak nou buitelyne met ’n dun kwassie rondom die kolle wat jy in Stap 3 geverf het. Wanneer jy daarmee klaar is skep dan sebastrepe naby die punte van jou naels en maak nog klein kolle waar daar oop spasies is.

Laat dit dan droog word en wend ’n bolagie aan en wag dat dit ook droog word.

Safari Naelkuns

  1. Morgan Taylor in No Sudden Mauve (R163)
  2. Morgan Taylor in Are You Lion To Me? (R163)
  3. Morgan Taylor Wanna Share a Tent? (R163)
  4. Morgan Taylor Black Shadow (R163)

#rrWenk:  Onthou om altyd na jy jou naels gedoen het of laat doen het ’n naelserum op jou naelvelletjies aan te wend.

Naelkuns-kwassies:

Vir daardie dun strepies en lyne gaan jy ’n fyn kwassie benodig

  1. 1. essence Nail art Duo Stylist (R44)
  2. 15 Piece Nail Art Painting Brush set (R249 beskikbaar by takealot.com)

Opplak-naels

Indien dit vir jou te ingewikkeld lyk om die vorige voorkoms self te skep kan jy ook die makliker roete neem deur vals naels of self plakkers op jou naels te plak.

  1. Rubi Nail Gel Stickers in Blush Mini Leopard (R119 beskikbaar by Cotton On)
  2. essence So Fluffy Nail Stickers (R29,95)
  3. MoYou London Stamping Plates – Pro (R110 beskikbaar by maskscara.co.za)
  4. Rubi Pink Leopard Stick on Nails (R119 beskikbaar by Cotton On)

Naelkuns-inspirasie

Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.