kategorieë: Reis

Eilandvakansies: luuksheid met ’n ligter aanslag

Paul Jones, die hoofuitvoerende beampte van *LUX Island Resorts, sê die geheim lê daarin om die gewone op ongewone maniere te doen. Die fokus val op die HOE: vars geroosterde organiese koffie, retro roomyskroegies, biblioteke met cool tydskrifte, filmvertonings op die strand, speletjies wat gaste by mekaar betrek, geïntegreerde welwees- en spa-programme, kunsvertonings, pop-up dining, “geheime eerlikheidskroeë”, en die beste beddens op aarde. “Afsonderlik klink dit natuurlik aanloklik,” sê Paul, “maar die gesamentlike effek van hierdie lys ‘toneeltjies’ – wat eintlik maar net ’n proeseltjie is – sal gaste oorrompel en bybly. Só skep ons eintlik ’n nuwe genre ten opsigte van eilandvakansies.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Luuksheid het verander, sê Paul. “Die tyd dat luuksheid sinoniem was met moet-hê handelsmerke, oordadige cuisine, bedompige dekor en ’n oorvloed aan besittings is verby. Deesdae het luuksheid meer te doen met weldeurdagte, minder komplekse en meer outentieke ervarings. LUX besef maar te goed hoe die globale ekonomie die behoeftes en begeertes van kliënte verander het. Daarom wil ons hulle vakansie-ervarings meer fut gee, pleks van dit af te water. Ons is nie meer tevrede om bloot ’n son-, see- en sandvakansiebelewenis van vyfstergehalte te bied nie. Nee, ons kyk met ’n nuwe oog na elke klein detail.” Paul is oortuig dat hierdie nuwe handelsmerk, gekenmerk deur eenvoudiger luuksheid en onbesproke diens, vakansiegangers sal aanspreek omdat dit anders is as dit wat gewoonlik aangebied word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Elke lid van ons span van oor die 3 000 het voortaan een leuse: Helping People Celebrate Life. Die lewe is kosbaar. Elke oomblik moet tel.” Die Indiese Oseaan-hotelle waar jy die nuwe benadering kan ervaar, is: Beau Rivage, Mauritius
Les Pavillons, Mauritius
Legends, Mauritius
Dive, Maldives
Grand Hotel du Lagon, La Reunion

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

www.luxislandresorts.com

*LUX is vanaf 1 Des 2011 die nuwe naam van Naiade Resorts Ltd

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Deel
Gepubliseer deur
Anelle Tewson

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.