kategorieë: Mode

Gert Johan-Coetzee

Hoe en wanneer het jou handelsmerk ontstaan?
Vroeg in 2010 het ek my handelsmerk gestig. Dit het alles met ’n droom begin en deur dit te doen waarvoor ek lief is. Van daar af het my handelsmerk gegroei tot wat dit vandag is

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }


Vertel ons van jou grootwordjare. Wanneer het jy besef jy wil ’n modeontwerper word?
Ek het my liefde vir modeontwerp al vroeg ontdek. Toe ek op skool was, het ek my potlode met sneespapier aangetrek en by die huis het ek gereeld my suster se poppe aangetrek. Op agt het ek my heel eerste rok ontwerp toe my pa vir my R30 gegee het om materiaal te koop. Op 13 het ek my eerste naaldwerkklas bygewoon en op 16 het ek modeontwerp begin studeer.
Hoe lyk die pad wat jy gestap het om te kom waar jy vandag is?
Terwyl ek studeer het, het ek baie pryse gewen, en is in 2006 as SA’s most promising young designer aangewys – Trevor Manuel het die prys aan my oorhandig. In my tweede jaar het ek ook die High Fashion Award-toekenning ontvang. Dit was met dié geleentheid waar Sandy Ngema van Strictly Come Dancing my gesien het. Ek het daardie jaar vir haar ’n rok vir die Durban July ontwerp en daarna ook vir twee seisoene van Strictly Come Dancing. Van toe het alles net in plek begin val en met baie harde werk, het ek al soveel bereik.
Beskryf vir ons jou tipiese dag?
Ek beslis een van die opwindendste werke! Dit gaan alles oor die glitz and glamour, die rooi tapyt en fantastiese vroue. My dag sluit enigiets in van kliënte ontmoet tot materiaal koop, fotosessies reël en produksie op datum hou. Ek sluit my dag gewoonlik met aandete, goeie geselskap en  glas goeie chardonnay af.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Jy het ’n (pragtige!) rok vir Kourtney Kardashian ontwerp. Hoe het jy gevoel toe sy daarmee op die rooi tapyt verskyn?
Sy het my asem weggeslaan. Dit was asemrowend en ’n ongelooflike gevoel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wat was jou inspirasie agter die rok?
Dit het ontstaan toe ek antieke Franse materiaal ontdek het wat agter in ’n materiaalwinkel se stoorkamer weggesteek was. Die klassieke gevoel van die rok het my geïnspireer, maar ook om dit by die moderne styl van Kourtney te laat pas.

Vir watter bekende wil jy graag nog ’n rok ontwerp? Hoe sal die rok lyk?
Ek sal graag nog vir Eva Longoria, Halle Berry, Nicki Minaj en Selena Gomez wil ontwerp. Dit is moeilik om vooraf te sê wat ek sal ontwerp. Kreatiwiteit slaan op enige oomblik toe, so dit is onvoorspelbaar.

Wat is die spesiaalste uitrusting wat jy tot dusver ontwerp het?
Elke uitrusting is uniek en ek sit soveel van myself in elkeen daarvan. Dit is onmoontlik om een te kies, elke ontwerp is vir my soos  kind.
Wat sal jy nooit ontwerp nie?
Never say never!

Wat is jou definisie van styl?
Styl is soveel meer as net die kleure en klere wat jy dra of die geld in jou sak. Styl begin by  goeie selfbeeld, selfs jou uitkyk op die lewe en die etikette wat jy dra, het  invloed op persoonlike styl.

Wat is jou wenke vir die ’n deftig-informele uitrusting?
Denim wat perfek sit saam met  klassieke wit T-hemp en met ’n statement jacket afgerond word.

Wat is die grootste modeflater wat ’n vrou kan begaan?
Te veel bykomstighede kan ’n uitrusting heeltemal bederf. Daar is fyn lyn tussen te veel en net genoeg.

Wat maak ’n vrou sexy?
Ek dink dit kom terug na styl toe. Goeie selfvertroue is vir enigiemand aanloklik. Dit is beslis ook altyd beter om iets aan die verbeelding oor te laat.

Wat moet elke vrou in haar kas hê?
Daar is  paar basiese items wat belangrik is in elke vrou se kas:
1.Donkerblou denim wat goed pas.
2. Wit T-hemp
3.Klassieke wit knopieshemp
4.Jas
5. Two piece suit
6. Statement jacket

As jy dié items as basis gebruik, sal jy verbaas wees hoeveel uitrustings jy daarmee kan maak.
Hoe sal jy die feestyd in terme van mode/styl beskryf?
Ons strande gaan vol van colour blocking op swemklere, rokke en rompe wees.
Wat wil jy vanjaar in jou Kerskous hê?
My ma kies elke jaar  tema en vanjaar is ons tema “Go green”. So, enigiets wat omgewingsvriendelik is, sal reg wees met my.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Kokkedoor se inskrywings is oop! Is jy gereed om oor die kole gehaal te word?

Soos in die eerste aflewering van Kokkedoor Vuur & Vlam in 2023, moet deelnemers vanjaar…

4 hours Gelede

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 weeks Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.