kategorieë: Bekendes

Casey B. Dolan gesels oor Skeem

Die bekende Suid-Afrikaanse ster Casey B. Dolan wat onder meer bekend is as aktrise in Isidingo en Scandal, as televisieaanbieder, radiojoggie, sangeres wat in 2001 vir ‘n SAMA-toekenning in die kategorie ‘Beste Poptreffer benoem is, en in 2000 as een van die manstydskrif FHM se 100 Sexyste Vroue in Suid-Afrika benoem is, speel in Skeem die rol van die snaakse Jackie wat Casey self as die tipiese Bridezilla beskryf. Ons het met di talentvolle aktrise gesels oor die rolprent en ook gevra waarmee sy haar nou besig hou. Deur Michelle Nortjé.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Vertel ons meer van jou karakter in Skeem.
Die rolverdeling was redelik groot en daarom moes elke karakter van die begin af gevestig word omdat daar nie regtig vir almal tyd was om mekaar te leer ken nie. Die kern van my karakter is dat sy ’n toekomstige bruid is wat vinnig ’n geleentheid raaksien om uit haar komende huwelik te ontsnap, juis omdat sy nie met haar (groot) verloofde wil trou nie. Ek was mal daaroor om deel van ’n aksie-komedie te wees. Jackie, my karakter, was ’n bonus omdat sy binne ’n paar tonele van ’n gawe jong meisie in “Bridezilla”verander het – dit was baie pret om haar karakter te speel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die genre van die fliek is “aksiekomedie”. Wat kan kykers verwag?
Om elke minuut te lag! As flieks gemaak was om te vermaak, dan het hierdie een sy doel bereik. Dit is gemeensaam maar intelligent terwyl dit aanhoudend aan die beweeg is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wat sal jy nooit van die ervaring vergeet nie?
Ek dink toe ek myself amper teen Kenneth Nkosi se knie uitgeslaan het. Daar is ’n toneel waarin iemand veronderstel is om my uit te slaan en dan moet ek met my gesig op sy knie val – tydens verfilming het ek letterlik sterretjies gesien!

Is daar ’n spesifieke rol wat jy graag nog wil vertolk?
Ek is mal daaroor om toneel te speel en te vermaak maar ek dink nie ek het al die geleentheid gehad om my talent behoorlik uit te druk nie. Ek is dus nie kieskeurig oor ’n spesifieke rol nie – ek sal wel daarvan hou om meer komiese rolle te vertolk omdat dit die plek is waar ek begin het en ek geniet dit baie om te sien watter indruk ’n snaakse rol kan maak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Waarmee hou jy jouself tans besig?
Ek is eerstens, en die belangrikste van alles, ’n ma – my driejarige seuntjie is my grootste liefde en uitdaging. Ek het ook al ’n paar boeke geskryf, die laaste een was my outobiografie wat soos ’n roman lees en nie regtig ’n narsistiese uitkyk op my lewe is nie maar eerder ’n universele blik op hoe dit is om in dié bedryf groot te word en om balans met vreugde te kry.

Kan jou aanhangers binnekort ’n nuwe album verwag?
Nee, ek klink soos ’n padda wanneer ek sing! Maar dit was lekker om vir ’n ruk musiek te maak.

Jy het ’n lywige CV agter jou naam: sangeres, aktrise, radiojoggie en televisieaanbieder om maar ’n paar te noem. Wat is die beste ervaring wat jy tot dusver gehad het?
Ek het steeds ’n groot passie vir radio- en televisieonderhoude. Ek dink die beste deel van daardie soort werk is om met mense te kommunikeer en om ons bekendes aan te moedig om die lewe nie so ernstig op te neem nie, maar om terselfdertyd tog gereeld na ernstige sake te kyk.

Jy het ook ’n geskiedenis in karate. Vertel meer.
Ek het 17 jaar lank karate gedoen en was deel van die Springbokspan vir kata. Ek het derde gekom in ’n kompetisie in Japan waaraan 22 lande deelgeneem het, maar dit was 15 jaar gelede en nou verby. Ek is bly ek het dit gedoen maar dit is sonder twyfel deel van my verlede. Ek fokus nou op joga en om saam met my honde te stap.

Is daar iets wat niemand van jou weet nie?
As ek jou sou sê dan sal almal weet … ’n Vrou moet haar geheime hê.

Beskryf jouself in vyf woorde.
Uitdagend. Lojaal. Vergeetagtig. Umm, wat was die vraag nou weer?

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.